“Navo is nie tans daartoe in staat om ons vennote te verplig om deel te neem aan die operasie nie,” het Gerard Longuet aan die Franse parlement gesê. Dit dui op ‘n gevoel dat sommige vennote in die geallieërde magte nie hul kant bring nie.
“Tot my spyt moet Frankryk en Brittanje alleen die grootste deel van die operasie onderneem, alhoewel Amerika deurgaans noodsaaklike lugondersteuning bied,” het hy gesê.
“Op die oomblik het ons geen ondersteuning vir grondaanvalle nie, waarsonder daar geen kans is om die beleg van dorpe soos Misrate of Zenten te breek nie,” het hy gesê met verwysing na dié twee dorpe, wat onder die rebelle se beheer is, maar deur Gaddafi se magte aangeval word.
Amerika het aan die eerste lugaanvalle, wat deur Frankryk en Brittanje gelei is, op Gaddafi se magte verlede maand deelgeneem.
Washington en ander Navo-vennote is egter sedertdien huiwerig om aan grondaanvalle deel te neem.
