Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, het in Johannesburg aan die media gesê die leierskap van die ANC is bekommerd oor die rol van die media.
Die ANC het die media beskuldig daarvan dat hulle die rol van ‘n opposisieparty speel in aanloop tot die munisipale verkiesing op 18 Mei.
Mantashe sê veral die gedrukte media se berigte is negatief en ongebalanseerd oor die ANC.
Hy het verwys na die onlangse nuusberigte waarin beweer is dat daar ‘n komplot teen president Jacob Zuma beplan word.
Dié komplot wat glo deur lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee onder aanvoering van Tokyo Sexwale uitgedink is, is van alle waarheid ontbloot het Mantashe gesê.
