Die aanhoudende applous van oral, en van almal, het die baan laat dreun.
Tiger Woods, Geoff Ogilvy en Rory McIlroy, met die grootste ineenstorting in die Meestersgeskiedenis, is stof in die oë geskop.
Schwartzel is die eerste Meesters-kampioen in die 75-jarige geskiedenis van die toernooi om af te sluit met vier reguit voëltjies, om aan hom ‘n 6-onder 66 vir die beste finale ronde deur ‘n wenner in 22 jaar te besorg.
Die groen baadjie-seremonie was ‘n geleentheid vir almal om weer asem te haal na dié kragtoer.
Suid-Afrikaners het nou twee van die laaste drie hooftoernooie gewen, met Louis Oosthuizen wat St Andrews die afgelope somer ingepalm het. Hierdie een het gekom op die 50ste herdenking van Gary Player om die eerste internasionale speler te word wat die Meesters wen.
“Ek is absoluut verheug vir Charl en Suid-Afrika. Baie geluk en baie goed gedoen aan hom. Dit is hoe jy klaarspeel soos ‘n kampioen!” Player het gesê op Twitter.
