Aurora-skenking skandalig

“Aurora se mede-eienaar, Khulubuse Zuma, se skenking van R1 miljoen aan die ANC is skandalig. Terwyl werkers van Aurora in Orkney en Grootvlei honger ly omdat hulle salarisse nie betaal word nie, is R1 miljoen beskikbaar vir die ANC. Dit bevestig dat Aurora sy invloed by die ANC-regering koop en waarom die regering traag is om op te tree teen Aurora, ten spyte van oortredings van landswette,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus.

“Die eienaars het ‘n arrogante en uitdagende houding en misbruik die regstelsel om betalings van salarisse te vertraag. Ministers en die ANC maak altyd ‘n groot ophef oor boere wat nie hulle werkers die minimum loon betaal nie, maar Aurora betaal glad nie sy werkers nie. Hieroor is die ANC stil en is dit duidelik omdat die eienaars familiebande het met pres. Zuma, maar nou ook geld skenk aan die ANC. Indien die ANC ernstig is oor werkskepping en die belange van werkers, moet hy die skenking weier,” het Groenewald gesê.

выбрать бензиновый илиФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae