Shiceka moet die trekpas kry

“Baie ernstige bewerings word teen minister Sicelo Shiceka gemaak oor die misbruik van openbare fondse, onder andere om sy ‘meisie’ in Switserland te besoek waarvoor die publiek meer as R370 000 moes opdok,” aldus dr. Christo Landman, woordvoerder van grondwetlike sake.

“Hierdie afkeuringswaardige toedrag van sake moet beskou word teen ‘n wyer agtergrond. Toe ek kommissaris was van die Kommissie vir die Beskerming en die Bevordering van die regte van Taal-, Godsdiens- en Kultuurgemeenskappe (TGK) het ek die minister – toe minister van Provinsiale en Plaaslike Regering, meermale skriftelik ingelig oor wanbestuur in die kommissie. Hy het nooit eens erkenning van ontvangs gegee nie.

“Die ad hoc-kommissie van die Parlement wat ondersoek ingestel het na Hoofstuk 9-instellings het bewys dat ek die saak korrek beoordeel het. Toe nuwe komissarisse aangestel is, het die minister glo sy eie predikant as voorsitter van die kommissie aangestel.

“Die CDP glo die afkeuringswaardige optredes van die minister moet swaar gestraf word, en die aanstelling van kennisse in hoë ampte, is ‘n resep vir die ineenstorting van enige betekenisvolle regering.

“Die CDP doen ‘n beroep op die aanstelling van ‘n kommissie van ondersoek na die hantering van die TGK en dat die minister die trekpas kry.”

bridesmaid necklace and earring setАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae