praag.co.za

Nigeriese verkiesing belangrik vir Afrika

Nigerië sal hierdie naweek ‘n geloofwaardige presidensiële verkiesing moet hou, anders sal dit ‘n rampspoedige voorbeeld vir die res van die kontinent stel, het John Kufuor, voormalige president van Ghana, Donderdag gesê.

Kufuor, wat sonder teenstand uitgetree het nadat sy twee termyne as president verby was, lei ‘n waarnemerspan van die Afrika-Unie wat Saterdag se verkiesing in Nigerië gaan monitor.

“Dit is baie belangrik vir Afrika se beeld dat hierdie verkiesing goed afloop,” het Kufuor (72) gesê.

“In ander dele van die kontinent is daar nog verkiesings wat hangende is. As dinge hier moet verkeerd loop, is ek bang om te dink wat in van die ander Afrikalande gaan gebeur. Nigerië is te belangrik vir Afrika.”

воронеж шестигранники,Лобановский Харьков

Comments

Leave a Reply