Moordverdagte was SR-verteenwoordiger

‘n Voormalige Studenteraadsvoorsitter van die Universiteit van Durban Westville is in Amerika in hegtenis geneem in verband met die moord op vier mense tussen Februarie en Maart, het die Sunday Tribune berig.

Muziwokuthula “Muzi” Madondo (33), wat eens van korrupsie en wanbestuur van universiteitsfondse by dié kampus in Durban beskuldig was, is in Houston, Texas, in hegtenis geneem.

Lt. Rick Edwards van dié staat se polisie het gesê Madondo het na bewering ‘n 60-jarige vrou in Akron, Ohio, op 17 Februarie vermoor. Sy is in die maag en bors geskiet.

Twee dae later is die lyk van ‘n oudskolier van Maritzburg Kollege, Zanzele Mdadane, deur jagters in die bosse buite Butler Township in Ohio gevind.

Op 24 Maart het Madondo na bewering vir Bobby Gonzales (57) en Gabriel Baca (37) in ‘n motel in Tucumcari, Nieu-Mexiko doodgeskiet. Dit is meer as 2 000 km weg van waar die laaste moord in Ohio gebeur het.

Luidens berigte is Madondo vier dae later in hegtenis geneem en het hy skuld aan die moorde beken.

Madondo, wat in Chicago woon, het in 2008 na Amerika geëmigreer om teologie te studeer.

центр насосного оборудованияОлександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae