Navo tref weer hul bondgenote

Die rebelle in Libië sê hulle troepe het Donderdag onder Navo-lugaanvalle deurgeloop in nóg ‘n klaarblyklike fout. Dié aanvalle het woede ontketen oor die samewerking met dié militêre instansie om die magte van Moeammar Gaddafi te verslaan.

Minstens twee rebelle is dood en meer as ‘n dosyn is beseer, het ‘n dokter ná die aanvalle gesê.

Die aanval, naby die olie-poort Brega in die ooste, sal die tweede aanval wees wat foutief deur Navo op rebellemagte uitgevoer is in minder as ‘n week. Rebellestryders, wat reeds ‘n opdraande stryd teen die Libiese magte voer, is siedend oor die gebeure.

наборы для творчества для детейФільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae