praag.co.za

Finse nasionaliste skitter in verkiesing

‘n Nasionalistiese party het byna ‘n vyfde van die stemme in Finland se algemene verkiesing gewen, het die verkiesingskommissie gesê.

Die Ware Finne is net agter die konserwatiewe NCP en die Sosiaal-Demokrate op ongeveer 19%.

As die grootste party, sal die NCP waarskynlik die volgende regering te lei met die voormalige Minister van Finansies Jyrki Katainen as eerste minister van enige koalisie wat na vore tree, ter vervanging van Mari Kiviniemi van die Sentrum Party.

Die anti-immigrasie Ware Finne het 39 setels in die 200-lid parlement, het die finale uitslae getoon.

Dit is vyf setels minder as die konserwatiewe Nasionale Koalisie Party (NCP) – deel van die huidige sentrum-regse regering en ‘n sterk voorstander vir die Europese integrasie – en net drie agter die opposisie Sosiale Demokrate.

Dié sterk vertoning  beteken ten minste ‘n “uitnodiging aan gesprekke” in ‘n  nuwe regering, het Reuters partyleier Timo Soini aangehaal.

Met sy charismatiese leier Soini, het die party reddingfondse vir “EU-verkwisters” verwerp, sowel as sterk standpunt teen immigrasie ingeneem.

“Ons is nie ekstremiste nie, julle kan veilig slaap,” het hy voorts gesê.

дитячи коляскиОлександр Васильович Фільчаков

Comments

Leave a Reply