Man wat Murdoch sink, dood aangetref

Sean Hoare, die verslaggewer wat bewerings oor die berugte News International-afluisterskandaal aan die kaak gestel het, is dood gevind.

Volgens die polisie is Hoare se dood by sy huis in Engeland nie verdag nie en word geen gemene spel vermoed nie, het Brittanje se Press Association-nuusagentskap berig.

Twee gesiene polisiehoofde moes reeds bedank weens die skandaal. Gerugte dat Hoare vermoor is omdat hy Murdoch se media-empaaier in ‘n slegte lig gestel het, doen ook glo die rondte.

Hoare het in ‘n berig aan die New York Times gesê die afluistering van stemboodskappe word wyd gebruik en word selfs deur die News of the World-koerant, onder leiding van die gewese redakteur, Andy Coulson, aangemoedig.

Coulson, wat tot onlangs die kommunikasiehoof van die Britse premier, David Cameron, was, is in hegtenis geneem as deel van die ondersoek na die afluistering van stemboodskappe en bewerings van korrupsie deur die polisie.

для сваркиФильчаков Александр Васильевич

VSA ondersteun nie Tibetaanse onafhanklikheid nie

China het Amerika Sondag gekritiseer oor pres. Barack Obama se ontmoeting met die Dalai Lama en gesê dit kom neer op inmenging in China se binnelandse sake. Dit het glo die verhouding tussen China en Amerika belemmer.

Dié skerp bewoorde verklaring van China se minister van buitelandse sake is uitgereik slegs ure nadat die Tibettaanse geestelike leier en wenner van die Nobel-vredesprys – wat vir ‘n 11 dae lange Boeddhistiese ritueel in Washington was – Obama ontmoet het.

Die Withuis het gesê met Saterdag se ontmoeting het Obama benadruk hoe belangrik dit is om die menseregte van die Tibettane in China te beskerm. Hy het herhaal dat Amerika nie Tibettaanse onafhanklikheid voorstaan nie.

China het vooraf ‘n beroep op Amerika gedoen om nie met die ontmoeting eergister voort te gaan nie. Ná die ontmoeting van 45 minute in die Withuis het China gesê die ministerie van buitelandse sake en die Chinese ambassade het by Amerikaanse verteenwoordigers in Beijing en Washington beswaar aangeteken.

“Hierdie optrede is ernstige inmenging in China se binnelandse sake, maak die gevoelens van die Chinese volk seer en skaad Chinees-Amerikaanse betrekkinge,” het mnr. Ma Zhaoxu, woordvoerder van China se ministerie van buitelandse sake, in ‘n verklaring gesê. China beskou die Dalai Lama as ‘n separatis wat daarop uit is om dié land se heerskappy oor Tibet te beëindig. Die Nobelpryswenner sê hy soek slegs groter outonomie vir Tibet.

Die ontmoeting met Obama kom minder as tien dae voor ‘n besoek van die Amerikaanse minister van buitelandse sake, me. Hillary Rodham Clinton, aan die stad Shenzhen in die suide van China, waar sy raadslid Dai Bingguo, Beijing se top-amptenaar belas met buitelandse beleid, sal ontmoet.

“Dit is op die oomblik moeilik om te sê of dié vergadering hierdeur geraak gaan word,” het Jin Canrong, ‘n kundige op die gebied van internasionale sake by die Renmin-universiteit, gesê. “Maar dié ontmoeting is taamlik belangrik, en of dit plaasvind of gekanselleer word, sal ons ‘n aanduiding gee van wat die verdere impak sal wees.

“Adj.pres. Joseph Biden gaan China ook vanjaar besoek, gevolg deur ‘n besoek van sy Chinese eweknie, Xi Jinping, aan Wa­shington.

 

масло для поршневых компрессоровФильчаков

Polisiehoof bedank oor bande met Murdoch

Die mees senior polisiebeampte in Brittanje, Paul Stephenson, het Sondag bedank ná aantygings oor Scotland Yard se bande met Rupert Murdoch se empaaier te midde van die afluisterskandaal.

“Ek het vanmiddag die minister van binnelandse sake en die burgemeester ingelig van my voorneme om te bedank as kommissaris van die Metropolitaanse Polisiediens,” het Stephenson in ‘n verklaring gesê.

Die Britse polisie het onder skoot gekom vir hul hantering van die stygende krisis en Stephenson self het Sondag aantygings oor sy bande met Murdoch moes trotseer.

Stephenson word in verslae met Neil Wallis, voormalige adjunkredadekteur van News of the World verbind. Luidens die verslae het die polisiehoof vroeër vanjaar ‘n aanbod aanvaar om vir vyf weke by ‘n luukse spa, waar Wallis as ‘n openbare betrekkinge-konsultant gewerk het, te bly.

Die polisiemag moet reeds bontstaan vir vrae oor waarom Wallis as ‘n raadgewer aangestel is, twee maande nadat hy by dié poniekoerant bedank het. Wallis is verlede week in hegtenis geneem.

“Ek het hierdie besluit geneem as gevolg van die hardnekkige gerugte en aantygings oor die Met se bande met News International op ‘n senior vlak en veral met mnr. Neil Wallis, wat, soos julle weet, verlede week tydens Operasie Weeting in hegtenis geneem is,” het hy gesê.

Hy het egter daarop aangedring dat hy niks onbetaamliks gedoen het nie.

“Laat ek dit duidelik stel: ek en die mense wat my ken, weet dat my integriteit heeltemal ongeskonde is,” het Stephenson bygevoeg.

“Ek mag dalk wens dat ons sekere dinge anders hanteer het, maar ek sal nie slaap verloor oor my persoonlike integriteit nie.”

куклы барбіЛобановский

DRK sluit opposisie se TV-stasie

Die Demokratiese Republiek van die Kongo se minister van inligting het gesê hy sal sy toestemming verleen vir die sluiting van ‘n televisiestasie wat deur ‘n opposisieleier besit word omdat die programme ‘n bedreiging vir die openbare orde inhou.

Lambert Mende het gesê Radiodiffusion Lisanga Television hits geweld aan.

Die stasie word deur Roger Lumbala besit. Hy is ‘n opposisieleier en voormalige rebel wie se party teen Joseph Kabila, die huidige president, in hierdie jaar se presidensiële verkiesing te staan sal kom.

‘n Woordvoerder vir Lumbala se party het gesê die sluiting van die stasie is ‘n skending van die grondwet.

Die DRK het sowat 50 televisiekanale, honderde radiostasies en byna 200 koerante. Die land gaan later vanjaar ‘n nasionale verkiesing hou.

online slots freeпрокурор Фильчаков

CIA se skyninentings ‘belemmer gesondheidsorg’

Pakistanse owerhede asook internasionale gesondheidsorganisasies is besorg oor stygende wantroue oor inentings nadat die CIA ‘n skyn-inentingsprogram onderneem het.

Dié inentingsprogram is in Abbottabad uitgevoer om DNS-inligting te versamel tydens die soektog na Osama bin Laden.

Gesondheidsorganisasies was reeds besorg oor die geloofwaardigheid van gesondheidsdienste weens ‘n toenemende polio-probleem in Pakistan.

Pakistan is die enigste land waar daar verlede jaar ‘n toename in die voorkoms van polio was en is nou die land met die meeste polio-gevalle ter wêreld.

Inentingsprogramme word reeds bemoeilik omdat gevegte met Islamitiese militante dikwels toegang tot gesondheidsorg belemmer.

Sekere Taliban-leiers meen dat inentings teen die moslemgeloof is.

Die CIA het in Maart ‘n Pakistanse dokter aangestel om ‘n Hepatitis B-inentingsprogram in die noordwestelike Abbottabad uit te voer.

Die doel van die inentingsprogram was egter om DNS van Bin Laden se kinders te kry om vas te stel of die Al-Kaïda leier in dié dorp was.

Michael O’Brien, ‘n woordvoerder vir die Rooikruis in Pakistan, het gesê hy is besorg dat die program ander noodsaaklike inentingsprogramme in Pakistan gaan bemoeilik.

“Enigiets wat die onpartydigheid van mediese dienste in gedrang bring, ondermyn die werk van mediese personeel oor die wêreld heen,” het hy gesê.

справка у 86Лобановский

Vrae ná swartman homself aan ‘n boom ophang

Die simboliek van ‘n swartman wat aan ‘n boom opgehang is, is in die Amerikaanse deelstaat Mississippi so gelade dat die owerheid dié selfmoordgeval weer gaan ondersoek. Nuwe inligting is glo onder die aandag van Mississippi se mediese ondersoeker gebring en die man se familie vra ook vrae rondom sy geval.

Volgens Black America Web, is Frederick Jermaine Carter verlede Desember naby Greenwood, Mississippi, gevind waar hy aan ‘n boom gehang het. Carter het blykbaar ‘n geskiedenis van geestesversteurdheid en selfmoordpogings gehad. Die plaaslike polisie en distriksgeneesheer het saamgestem dat hy homself opgehang het. Dr. Adel Shaker, die staat se hoofmediesebeampte, sê dat Carter aan die tou gesterf het, maar het dit nie selfmoord genoem nie omdat die doodsoorsaak deur die distriksgeneesheer bepaal word.

Die Carter-gesin se prokureur het vrae gestel rondom Shaker se geloofwaardigheid, soos wat inligting onlangs na vore gekom het dat hy in 1998 die omstandighede rondom ‘n Britse vrou se dood in Kenia vervals het. Shaker se verslag het gelui dat haar dood deur wilde diere veroorsaak is terwyl sy vermoor is. Skaker blameer die verslag op sy vorige baas in Kenia en beweer dattopamptenare ook by die moordverdoeseling betrokke was.

Die departement van openbare veiligheid in Mississippi het Maandag met ‘n ondersoek begin, kort nadat bewerings teen Shaker aan die lig gekom het, maar sê dat hulle slegs die Carter-geval ondersoek.

Shaker, wat insgelyks swart is, sê dat die familie gewoon van hom ‘n sondebok wil maak om vir Carter se dood te vergoed.

Die familie wil die hele lykskouingsdossier hê, wat nie vir openbare insae sonder ‘n hofbevel beskikbaar is nie. Hulle beplan om die inligting aan ‘n onafhanklike lykskouer te oorhandig om sodoende die waarheid rodnom Carter se dood vas te stel.

Bron: The Atlanta Post, via Raceandethnicity.tk

велосипед детский купить киевАлександр Фильчаков прокурор

Brics vra goedkoop medisyne

Die Brics-lande het Maandag besluit om toegang tot lae koste, hoë kwaliteitmedisyne te verbeter.

Die ministers van gesondheid van Brasilië, Rusland, Indié, China en Suid-Afrika het gesê in die proses sal hulle saamwerk met die VN die Wêreld-gesondheidsorganisasie (WGO) en UNAids.

Die vyf lande het sowat 40% van die wêreld se bevolking.

Die ministers het in Beijing vergader.

Hulle het versoek dat lidlande van WGO – veral ontwikkelde lande – beter befondsing moet verskaf.

ландшафтное светодиодное освещениеtopcargo кидалы

Nóg twee Britse koerante uitgewys in skandaal

Rupert Murdoch, grootbaas van News International, wat midde in die mediaskandaal staan wat Brittanje teister, was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nadat die voormalige Britse premier Gordon Brown nóg twee Britse publikasies vir ‘n nasionale ondersoek uitgewys het nie.

Dié nuutste aantygings van onetiese gedrag kom ná die sluiting van News Of The World die afgelope naweek.

CNN berig dat die metodes wat dié twee publikasies gebruik het, volgens Brown ook uiters verdag was.

Brown beweer die Sunday Times en The Sun het inligting omtrent sy finansiële sake probeer bekom en sy telefoon probeer afluister.

Besonderhede van Brown se seun wat ernstig siek was, is glo deur The Sun gelek. Die Sunday Times het volgens Brown op ‘n slinkse wyse daarin geslaag om finansiële besonderhede van hom in die hande te kry.

 

лестницы схемыФильчаков прокуратура харьков

Israel erken Suid-Soedan

Israel het Suid-Soedan se onafhanklikheid erken deur ekonomiese hulp aan te bied nadat dié land Saterdag van die Moslem-beheerde Noorde afgeskei het.

Die noorde van Soedan het voorheen geen bande met Israel, ‘n hoofsaaklik Joodse land, gehad nie.

“Ek kondig hiermee aan dat Israel Suid-Soedan as ‘n land erken,” het Benjamin Netanyahu, die premier, aan sy kabinet gesê.

“Ons wens die land alle sukses toe. Dit is ‘n vreedsame land en ons sal graag met hulle saamwerk om hulle ontwikkeling en welvaart te verseker.”

In Suid-Soedan volg inwoners tradisionele animistiese Afrika-gelowe in teenstelling met die noorde wat ‘n Moslemland is.

барбі дом мечтылобановский политик

Juwelier verbied anderskleuriges

Diverse organisaties hebben begrip voor de vrees van het Nijmeegse juweliersechtpaar Jos en Margo Kamerbeek, dat na een reeks overvallen heeft besloten om geen jonge anderskleuriges meer toe te laten.

Eerder dit jaar liep Jos Kamerbeek een partiële dwarslaesie op toen hij met een overvaller aan de stoei raakt: hij viel met de man van buitenlandse afkomst door een hekwerk bijna zes meter in een bouwput.

“De keuze om allochtonen te weigeren juichen wij niet toe, maar we kunnen ons wel voorstellen waarom zij daartoe zijn overgegaan. De schrik zit er ongetwijfeld goed in”, aldus een woordvoerder van de Federatie Goud en Zilver, die behalve Kamerbeek geen zaken kent met een toegangsverbod voor allochtonen. Ook de Nationale Winkelraad zegt niet op de hoogte te zijn van dergelijke maatregelen.

Margo Kamerbeek zegt niets aan het beleid te willen wijzigen: “Ik leg het verhaal desnoods graag aan de rechter uit. Marokkanen van zestien jaar hebben hier niets te zoeken; ze kunnen niets kopen. Waarom zou ik de problemen over mezelf afroepen door hen toch binnen te laten? Alle acht overvallen zijn immers door Antillianen en Marokkanen gepleegd.”

Een Nijmegenaar heeft een klacht tegen het juweliershuis ingediend bij Ieder1Gelijk, het Bureau Gelijke Behandeling Gelderland-Zuid, omdat het aangescherpte toegangsbeleid discriminerend zou zijn. Ieder1Gelijk wil graag op korte termijn in gesprek met de Nijmeegse juwelierszaak om over de situatie te spreken.

De juweliersvrouw vindt dat niet met de beschuldigende vinger naar haar zaak moet worden gewezen. „Men zoekt de oplossing aan de verkeerde kant. Het probleem moet juist bij de bron worden aangepakt, bij de overvallers zelf. Daarin is voor de overheid een belangrijke taak weggelegd.” Kamerbeek heeft steun gezocht bij PVV’er Hero Brinkman.

“Ik snap heel goed dat deze mensen ermee zitten, maar een verbod is niet de oplossing”, is Brinkmans reactie. „Het kabinet komt met zwaardere straffen: daarin zit de oplossing. De politie zal deze overvalgolf moeten stoppen.”

Bron: De Telegraaf

из психоневрологическогоФільчаков Олександр Васильович