DRK sluit opposisie se TV-stasie

Die Demokratiese Republiek van die Kongo se minister van inligting het gesê hy sal sy toestemming verleen vir die sluiting van ‘n televisiestasie wat deur ‘n opposisieleier besit word omdat die programme ‘n bedreiging vir die openbare orde inhou.

Lambert Mende het gesê Radiodiffusion Lisanga Television hits geweld aan.

Die stasie word deur Roger Lumbala besit. Hy is ‘n opposisieleier en voormalige rebel wie se party teen Joseph Kabila, die huidige president, in hierdie jaar se presidensiële verkiesing te staan sal kom.

‘n Woordvoerder vir Lumbala se party het gesê die sluiting van die stasie is ‘n skending van die grondwet.

Die DRK het sowat 50 televisiekanale, honderde radiostasies en byna 200 koerante. Die land gaan later vanjaar ‘n nasionale verkiesing hou.

online slots freeпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae