Corné van Tonder (25), ‘n boer van Bethal wat na bewering die brons standbeeld van Nokuthula Simelane, ‘n MK-soldaat, met sy bakkie omgetrek het, se voertuig is deur die batebeslagleggingseenheid van Mpumalanga gevat.
Dié eenheid het Donderdag by Van Tonder se plaas opgedaag en op die voertuig beslag gelê.
Simelane is as lid van umKhonto weSizwe met ‘n brons standbeeld vereer omdat hy vermoedelik gemartel en doodgeskiet is deur die destydse NP-regering.
Van Tonder het die standbeeld in Januarie met sy bakkie omgetrek en sodoende die figuur net bokant die voetstuk afgebreek.
Twee veiligheidswagte het die polisie ontbied toe hulle sien hoe Van Tonder die reste van die beeld agterop sy bakkie laai.
Van Tonder en sy minderjarige seun wat saam met hom was, is opgespoor nadat die voertuig het ‘n pap wiel gekry. Hy is op heterdaad met die buit betrap.
Van Tonder is op borgtog van R5 000 vrygelaat, maar die strafregtelike saak teen hom is steeds hangend.
Die skade aan die beeld beloop glo ongeveer R200 000.
