Prof ontvang traumaberading na slanery

Prof. Anton van Niekerk van Stellenbosch Universiteit se onlangse rubriek oor die skuldlas van wittes het hom erge kopsorge besorg.

Van Niekerk, direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit Stellenbosch, is Donderdag deur Abel Malan (48) in sy kantoor in die Lettere-gebou in die gesig geslaan.

“Stellenbosch beskik nie oor genoeg beskerming om Anton van Niekerk te beveilig nie,” het Malan gesê nadat hy deur kampussekuriteit weggelei is.

Prof. Russel Botman, US-rektor, het Donderdag tydens ‘n nuuskonferensie gesê Van Niekerk se gesig is gekneus en sy bril gebreek. Hy het glo mediese en traumaberading ná die voorval ontvang.

Botman het aan die media gesê dit is “‘n laakbare daad en verwerplik in die konteks van ons pogings en strewe om ‘n Suid-Afrika te skep waarin die regte van al sy mense beskerm word”.

Van Niekerk wou nie op navrae reageer nie. Hy het alle navrae die US se kommunikasie-departement verwys. 

Malan, ‘n landbou-ekonoom en ‘n sakeman van Nelspruit, is ‘n lid van die Volksraad-verkiesingskommissie (VVK), wat ‘n kieserslys probeer opstel om ‘n Afrikanervolksraad te verkies. Die doel van die lys is om dmv onderhandelinge met die ANC ‘n eie grondgebied te bekom.

Van Niekerk se onversetlike houding teenoor die grensoorlog asook Afrikaners se beweerde volgehoue skuldlas, het Malan glo tot aksie oorgehaal.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika, waarvan Malan ook adjunk-president is, het begrip vir sy optrede uitgespreek en sy “onverskrokkenheid” geprys.

‘n Klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer is teen Malan gelê. Hy sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op Stellenbosch verskyn.

game slotsФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae