Israel het Suid-Soedan se onafhanklikheid erken deur ekonomiese hulp aan te bied nadat dié land Saterdag van die Moslem-beheerde Noorde afgeskei het.
Die noorde van Soedan het voorheen geen bande met Israel, ‘n hoofsaaklik Joodse land, gehad nie.
“Ek kondig hiermee aan dat Israel Suid-Soedan as ‘n land erken,” het Benjamin Netanyahu, die premier, aan sy kabinet gesê.
“Ons wens die land alle sukses toe. Dit is ‘n vreedsame land en ons sal graag met hulle saamwerk om hulle ontwikkeling en welvaart te verseker.”
In Suid-Soedan volg inwoners tradisionele animistiese Afrika-gelowe in teenstelling met die noorde wat ‘n Moslemland is.
