Nóg twee Britse koerante uitgewys in skandaal

Rupert Murdoch, grootbaas van News International, wat midde in die mediaskandaal staan wat Brittanje teister, was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nadat die voormalige Britse premier Gordon Brown nóg twee Britse publikasies vir ‘n nasionale ondersoek uitgewys het nie.

Dié nuutste aantygings van onetiese gedrag kom ná die sluiting van News Of The World die afgelope naweek.

CNN berig dat die metodes wat dié twee publikasies gebruik het, volgens Brown ook uiters verdag was.

Brown beweer die Sunday Times en The Sun het inligting omtrent sy finansiële sake probeer bekom en sy telefoon probeer afluister.

Besonderhede van Brown se seun wat ernstig siek was, is glo deur The Sun gelek. Die Sunday Times het volgens Brown op ‘n slinkse wyse daarin geslaag om finansiële besonderhede van hom in die hande te kry.

 

лестницы схемыФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae