Vrae ná swartman homself aan ‘n boom ophang

Die simboliek van ‘n swartman wat aan ‘n boom opgehang is, is in die Amerikaanse deelstaat Mississippi so gelade dat die owerheid dié selfmoordgeval weer gaan ondersoek. Nuwe inligting is glo onder die aandag van Mississippi se mediese ondersoeker gebring en die man se familie vra ook vrae rondom sy geval.

Volgens Black America Web, is Frederick Jermaine Carter verlede Desember naby Greenwood, Mississippi, gevind waar hy aan ‘n boom gehang het. Carter het blykbaar ‘n geskiedenis van geestesversteurdheid en selfmoordpogings gehad. Die plaaslike polisie en distriksgeneesheer het saamgestem dat hy homself opgehang het. Dr. Adel Shaker, die staat se hoofmediesebeampte, sê dat Carter aan die tou gesterf het, maar het dit nie selfmoord genoem nie omdat die doodsoorsaak deur die distriksgeneesheer bepaal word.

Die Carter-gesin se prokureur het vrae gestel rondom Shaker se geloofwaardigheid, soos wat inligting onlangs na vore gekom het dat hy in 1998 die omstandighede rondom ‘n Britse vrou se dood in Kenia vervals het. Shaker se verslag het gelui dat haar dood deur wilde diere veroorsaak is terwyl sy vermoor is. Skaker blameer die verslag op sy vorige baas in Kenia en beweer dattopamptenare ook by die moordverdoeseling betrokke was.

Die departement van openbare veiligheid in Mississippi het Maandag met ‘n ondersoek begin, kort nadat bewerings teen Shaker aan die lig gekom het, maar sê dat hulle slegs die Carter-geval ondersoek.

Shaker, wat insgelyks swart is, sê dat die familie gewoon van hom ‘n sondebok wil maak om vir Carter se dood te vergoed.

Die familie wil die hele lykskouingsdossier hê, wat nie vir openbare insae sonder ‘n hofbevel beskikbaar is nie. Hulle beplan om die inligting aan ‘n onafhanklike lykskouer te oorhandig om sodoende die waarheid rodnom Carter se dood vas te stel.

Bron: The Atlanta Post, via Raceandethnicity.tk

велосипед детский купить киевАлександр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae