Biti, wat ook die sekretaris-generaal van die Eerste Minister, Morgan Tsvangirai se Beweging vir Demokratiese Verandering (MDC) is, het gevra vir ‘n hoërhofbevel nadat die polisie Econet Wireless vir besonderhede van sy oproepgeskiedenis gevra het.
Die polisie het aan Econet, Zimbabwe se grootste verskaffer van mobiele telekommunikasie gesê dat hulle kriminele bedrywighede ondersoek.
In sy hofaansoek, wat Woensdag gehoor word, sê Biti Econet het geen reg of staan onder geen verpligting om sodanige inligting bekend te maak nie, en beskuldig die polisie dat hulle in die “geheim” die landdros vir ‘n lasbrief genader het.
“Ek is bevrees dat indien die respondent (Econet) geboelie word om toe te gee, sal my grondwetlike reg op privaatheid onregmatig oorskry word en, bykomend, belangrike inligting met betrekking tot die organisasies wat ek lei, sal onwettig toeganklik raak,” het Biti gesê in ‘n verklaring gesê.
In ‘n brief aan Biti se prokureurs, het Econet se uitvoerende hoof Douglas Mboweni, die polisie se versoek bevestig.
“Econet sal optree in ooreenstemming met sy bedryfslisensie en/of enige wettige wetgewing wat die vrystelling van sodanige inligting beheer,” het Mboweni gesê.
