Die Brics-lande het Maandag besluit om toegang tot lae koste, hoë kwaliteitmedisyne te verbeter.
Die ministers van gesondheid van Brasilië, Rusland, Indié, China en Suid-Afrika het gesê in die proses sal hulle saamwerk met die VN die Wêreld-gesondheidsorganisasie (WGO) en UNAids.
Die vyf lande het sowat 40% van die wêreld se bevolking.
Die ministers het in Beijing vergader.
Hulle het versoek dat lidlande van WGO – veral ontwikkelde lande – beter befondsing moet verskaf.
