Swakste onderwysers boikot werkswinkels

Sowat 25 000 onderwysers wat geaffilieer is by die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) in die provinsie Mpumalanga, boikot werkswinkels wat tans deur die departement van basiese onderwys gehou word.

Dié werkswinkels is daarop gemik om onderwysers te help om die nuwe kurrikulum en assesseringsbeleid onder die knie te kry.

Walter Hlaise, vakbondwoordvoerder, het gesê ‘n besluit om die werkswinkels te boikot, het gekom nadat gesprekke tussen sy organisasie en die departement op ‘n dooie punt uitgeloop het omdat die departement geweier het om onderwysers te vergoed vir die bywoning.

Volgens Hlaise het die weiering van die departement die onderwysers met geen ander keuse gelaat as om weg te bly nie. Hlaise sê dat daar ‘n wetlike bepaling is dat onderwysers wat deelneem op vakansiedae deur die departement vergoed word vir hul tyd.

In ‘n onlangse verslag deur die departement vrygestel, was die leerders in die laer grade in Mpumalange die swakste presteerders in die land in terme van geletterdheid en gesyferdheid.

Volgens ‘n woordvoerder van die departement van basiese onderwys, is ‘n ooreenkoms onderteken tussen die departement en die onderwysersunie in 1998 dat  “dat van opvoeders sal verwag word om deel te neem aan professionele ontwikkelingsopleiding tydens die skoolvakansie”.

тамбов очистителиФильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae