CIA se skyninentings ‘belemmer gesondheidsorg’

Pakistanse owerhede asook internasionale gesondheidsorganisasies is besorg oor stygende wantroue oor inentings nadat die CIA ‘n skyn-inentingsprogram onderneem het.

Dié inentingsprogram is in Abbottabad uitgevoer om DNS-inligting te versamel tydens die soektog na Osama bin Laden.

Gesondheidsorganisasies was reeds besorg oor die geloofwaardigheid van gesondheidsdienste weens ‘n toenemende polio-probleem in Pakistan.

Pakistan is die enigste land waar daar verlede jaar ‘n toename in die voorkoms van polio was en is nou die land met die meeste polio-gevalle ter wêreld.

Inentingsprogramme word reeds bemoeilik omdat gevegte met Islamitiese militante dikwels toegang tot gesondheidsorg belemmer.

Sekere Taliban-leiers meen dat inentings teen die moslemgeloof is.

Die CIA het in Maart ‘n Pakistanse dokter aangestel om ‘n Hepatitis B-inentingsprogram in die noordwestelike Abbottabad uit te voer.

Die doel van die inentingsprogram was egter om DNS van Bin Laden se kinders te kry om vas te stel of die Al-Kaïda leier in dié dorp was.

Michael O’Brien, ‘n woordvoerder vir die Rooikruis in Pakistan, het gesê hy is besorg dat die program ander noodsaaklike inentingsprogramme in Pakistan gaan bemoeilik.

“Enigiets wat die onpartydigheid van mediese dienste in gedrang bring, ondermyn die werk van mediese personeel oor die wêreld heen,” het hy gesê.

справка у 86Лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae