Duitsers waarsku Facebook oor koverte data-insameling

Die Hamburgse gesag wat kyk na die beskerming van data, het Dinsdag beslis dat Facebook se gesigsherkenningsfunksie, wat poog om mense in die foto’s wat opgelaai is na die werf te identifiseer, in stryd is met die Duitse wet op privaatheid.

Johannes Caspar, die hoof van die owerheid, het gesê dat Facebook nie gebruikers se “biometriese data – soos hulle vorm van die gesig en die afstand tussen hulle oë – sonder hulle uitdruklike toestemming” kan gebruik nie.

Hy het daarop aangedring dat die sosiale netwerk-webwerf die funksie moet verander of uitskakel. Alle data wat ingesamel is so ver, moet ook verwyder word, het hy gesê.

Caspar het Facebook twee weke gegee om te reageer. Indien die maatskappy nie in staat is om veranderinge aan te bring nie, het Caspar gesê die Hamburg-owerheid sal oorweeg om regstappe teen Facebook te neem. Die Duitse howe kan boetes van tot € 300,000 vir privaatheidsoortredings oplê.

Die Hamburg-uitspraak kan die beskerming van data oor die hele Europa beteken en owerhede oral aanmoedig om op te tree. Die werkgroep van artikel 29, ‘n groep van amptenare wat die EU oor hulle privaatheidsbeleid adviseer, kyk ook tans na dié probleem.

“Die probleem is nie met die gesigsherkenning self nie, maar die data wat gestoor word in die agtergrond om die stelsel in staat stel om ‘n gesig te herken,” het Caspar aan die Financial Times gesê. “Facebook het nodig om ‘n nuwe soort stelsel te ontwerp om toestemming te kry van mense voor hulle data gestoor word.”

Facebook het in antwoord gesê: “Ons sal die punte oorweeg wat die Hamburggesag gemaak het oor die fotofunksie, maar verwerp enige eis dat ons nie ons verpligtinge onder Europese Unie se beskerming van data nakom nie, ten sterkste. Ons het ook gevind dat mense die gerief van ons fotofunksie geniet wat dit makliker en veiliger vir hulle maak om hulle aanlynidentiteite te bestuur.”

Facebook het verlede Desember die gesigsherkenningsfunksie in die VSA bekend gestel en dit in Junie na Europa uitgebrei. Dit het onmiddellik onder skoot gekom van reguleerders omdat dit sonder die voldoende waarskuwing aan gebruikers gegee is.

Hoewel mense kan kies om dit nie te gebruik nie, is privaatheidsreguleerders bekommerd dat die verstekstelling gebruik word om data in te samel.

In die VSA is daar reeds ‘n klag teen Facebook gelê.

Duitsland het van die strengste data wette in Europa, om ‘n herhaling van die misbruik van die inligting onder die Nazi’s en Oos-Duitsland se Stasi te voorkom. Een van die belangrikste konsepte is dat geen inligting versamel kan word sonder die gebruiker se toestemming nie.

интернет магазин игрушек киевАлександр Фильчаков Васильевич

Wit held sterf vir tydsgewrig

Strokiesprentliefhebbers neem hul fiktiewe helde ernstig op, dus kan dit as ‘n skok kom vir sommige dat Peter Parker, wie se lot vir ewig verander is deur ‘n radioaktiewe/genetiesgemanipuleerde spinnekop, doodgaan in die “Ultimates” se verhaal van Marvel Comics .

Die nuwe reeks verskil van Marvel se standaardstorielyn, waar Peter Parker moedig, arm en wiskundig geniaal voortstu as almal se gunsteling wit held.

In die Ultimates-reeks, kry Peter Parker behoorlik op sy baadjie deur sy nemesis die Green Goblin wat hom uiteindelik vermoor. Maar in ‘n strokiesprent-reeks kan geen held dood bly vir te lank nie. Die wit Peter Parker se afsterwe het plek gemaak vir die swart Miles Morales.

Miles Morales is eintlik bruin. Hy is ‘n half-swart, half-Spaanse super-tiener.

“Hy’s jonger as Peter Parker, hy kom uit ‘n totaal ander agtergrond, met ‘n heeltemal ander siening van die wêreld,” het die skrywer Brian Michael Bendis aan Associated Press vertel.

Bendis, skrywer sedert 2000 van Ultimate Spider Man (en baie ander) strokiesprente vir Marvel, is entoesiasties oor die verandering. Die dood van die wit held, pas klaarblyklik beter in by die huidige tydsgees, waar wittes eerder as boosdoeners voorgestel moet word.

Geen woord nog oor die vraag of die verandering in etnisiteit ‘n ​​rol gaan speel in die komende Spider-Man-flieks nie.

casino slotstopcargo

Noorweë onttrek uit NAVO-sending

Noorweë het Maandag sy laaste vier F-16 vegvliegtuie onttrek wat deel van Navo se sending oor Libië was, het die Noorweegse weermag gesê.

Die Noorweegse vliegtuie het 583 sendings oor Libië gevlieg uit ‘n totaal van 6 493 wat sedert 31 Maart deur NAVO uitgevoer is. Die vliegtuie het altesaam 569 bomme in Libië laat val, het Petter Lindqvist, die militêre woordvoerder, gesê.

Op 10 Junie het die Noorse regering aangekondig dat hy stelselmatig sy deelname aan die bomaanvalle gaan afskaal en uiteindelik sy F-16 vegvliegtuie gaan onttrek.

Die regering het verduidelik dat sy klein lugmag nie ‘n groot bydrae vir lank kan volhou nie.

Slegs agt van NAVO se 28 lidlande het aan die lugaanvalle deelgeneem sedert die alliansie beheer van die operasie op 31 Maart geneem het. Die lande is Noorweë, Brittanje, Frankryk, Kanada, België, Denemarke, Italië en Amerika.

casino no deposit bonus no downloadОлександр Фільчаков прокурор

Tea Party is terroriste sê vise-president

Vise-president Joe Biden het Republikeine wat die Tea Party ondersteun Maandag daarvan beskuldig dat hulle “opgetree het soos terroriste” in die stryd oor die verhoging van die land se skuldlimiet, volgens verskeie bronne.

Biden het Mike Doyle (D-Pa.) by ‘n twee-uur-lange, Demokratiese koukusvergadering agter geslote deure ondersteun nadat Doyle gesê het: “Ons het met terroriste onderhandel.”

Volgens bronne in die koukuskamer, het Doyle gesê: “Hierdie klein groep van terroriste het dit onmoontlik gemaak het om enige geld te bestee.”

Biden, wat gedryf word deur sy demokratiese bondgenote se bedenkinge oor die skuldlimietooreenkoms, het geantwoord: “Hulle hét opgetree soos terroriste.”

Biden se kantoor het aanvanklik geweier om kommentaar te lewer oor wat die vise-president het gesê het, maar nadat Politico die kommentaar gepubliseer het, het sy woordvoerder Kendra Barkoff die skade probeer beperk deur te sê: “Die woord is gebruik deur verskeie lede van die Kongres. Die vise-president glo nie dit is ‘n gepaste term in die politieke diskoers nie.”

Biden het later ontken hy dat die term gebruik het in ‘n onderhoud met CBS.

“Ek het nie die terrorisme-woord gebruik nie,” het Biden gesê aan die CBS Evening News se nuusleser en besturende redakteur Scott Pelley.

free gambling gameФильчаков прокуратура харьков

‘VSA teer soos parasiet op globale ekonomie’

Russiese eerste minister Wladimir Poetin het Maandag die Verenigde State daarvan beskuldig dat hulle “soos ‘n parasiet op die globale ekonomie teer” en dat die dollardominansie ‘n bedreiging vir die finansiële markte inhou.

“Hulle leef buite hulle vermoëns en skuif die las van hul probleme oor op die wêreld-ekonomie,” het Poetin gesê aan die pro-Kremlin jeuggroep Nashi, by hulle jeugkamp vyf ure se ry noord van Moskou.

“Hulle is soos parasiete van die globale ekonomie en leef van hul monopolie van die dollar,” het Poetin gesê aan bewonderende jong Russe tydens die vergadering, in wat lyk soos ‘n vroeë veldtog voor die parlementêre en presidensiële verkiesings.

Amerikaanse president Barack Obama het vroeër aangekondig dat ‘n laaste wanhopige ooreenkoms om $2,4 triljoen se tekort oor meer as ‘n dekade te besnoei, bereik is om te probeer verhoed dat die land se AAA-kredietgradering te veel na benede aangepas word.

“Dank God,” het Poetin het gesê, “dat hulle genoeg gesonde verstand het en die verantwoordelikheid om ‘n gebalanseerde besluit te maak.”

Maar Poetin, wat al dikwels die Verenigde State se buitelandse valutabeleid gekritiseer het, het opgemerk dat Rusland ‘n groot hoeveelheid Amerikaanse effekte en staatseffekte hou.

Meningsopnames wys dat Poetin steeds wyd beskou word as sy land se sterkste leier, met naby aan 70% se goedkeuring.

free online games.co.ukФильчаков прокурор харькова

Oproerige asielsoekers ontwrig Italië

Honderde swart asielsoekers het met die polisie gebots by ‘n immigrasiesentrum in Bari, ‘n stad in die suide van Italië.

Die asielsoekers dring aan op vlugtelingstatus.

Ten minste 35 mense is tydens die botsings beseer.

Betogers het die polisie met klippe en metaalpype getakel terwyl die polisie op hul beurt traangashouers gegooi en in die lug in geskiet het om die oproeriges uitmekaar uit te dryf.

Betogers het ‘n hoofpad en ‘n spoorlyn geblokkeer en verbygaande motors is onder klippe gesteek.

‘n Gebou wat deel is van die immigrasiesentrum is erg beskadig tydens die betogings.

Die polisie het daarin geslaag om die pad weer oop te stel, maar die spoorweg is deur groot klippe versper.

“Diegene wat verantwoordelik is, behoort gestraf te word,” het Alfredo Mantovano, ‘n regeringsamptenaar, gesê.

Daar was die afgelope paar weke ‘n hele aantal betogings by verskeie vlugtelingskampe in Italië.

Dié kampe is meestal vol migrasiewerkers wat uit Libië gevlug het.

casinos noЛобановский

Malema prys Mbeki se anti-Amerikaanse houding

Jackson Mthembu, die ANC se woordvoerder, het hom gedistansieer van Malema se uitsprake dat die AU en SAOG van sy agenda afwyk vandat Mbeki nie meer president is nie en dat die twee organisasies se invloed minder raak.

Die jeugliga het Sondag gesê Mbeki en die AU het Irak bygestaan toe dié land deur “imperialistiese magte” ingeval is.

Mthembu het ook walgegooi teen Malema se uitlatings oor Botswana.
“Die ANC verwerp en betig openlik die jeugliga se uiters ondeurdagte en beskamende uitlatings oor ‘regime-verandering’ in Botswana,” het Mthembu in ‘n verklaring gesê.

Malema het die regerende Botswana Demokratiese Party (BDP) as ‘n “afspringplek vir imperialisme, ‘n veiligheidsrisiko vir Afrika en ‘n marionet van Amerika” beskryf.

Malema se kritiek teen pres. Ian Khama spreek van minagting en hou ‘n bedreiging vir stabiliteit in het Mthembu gesê. Dit is ‘n “duidelike demonstrasie dat swak dissipline in die ANC-jeugliga nou ver verby sy perke gegaan het”.

Volgens Mthembu is dit nie deel van die ANC se kultuur om buurlande te destabiliseer nie.

Die ANC se grondwet stel dit duidelik dat die jeugliga as ‘n outonome, en nie onafhanklike nie, liggaam binne die oorhoofse struktuur van die ANC geplaas is.

“In teenstelling met die jeugliga se waarnemings is die AU en ­SAOG aan die voorpunt van vrede in Afrika en pogings om veiligheid te verseker van Zimbabwe en Madagaskar tot in Somalië en die Soedan, asook Libië en die Ivoorkus,” het Mthembu gesê.

 

free deposit casino gamesФильчаков прокуратура харьков

Kosovo smeul

Serwiese polisie en NAVO-troepe beman tans kontrolepunte aan beide kante van die Kosovo-grens om verdere etniese geweld te voorkom nadat ‘n grenspos afgebrand en ‘n polisieman doodgemaak is.

“Ons wil ekstremiste van Serwië wat Kosovo wil bereik keer, en ons sal aan internasionale vredesmagte daar hulp verleen op enige manier wat ons kan,” het die Serwiese polisiehoof Milorad Veljovic aan verslaggewers gesê.

Die grens was Donderdag stil ná twee dae van geweld in Kosovo se Serwies-bevolkte noorde waarin een etnies Albanese polisieman dood is en ‘n grenskruising deur sogenaamde Serwiese nasionaliste aan die brand gesteek is.

Die Europese Unie het ook druk op Kosovo en Serwië geplaas om hulleself te weerhou van geweld en met bilaterale gesprekke voort te gaan.

“Ons is ernstig bekommerd oor die onlangse uitbraak van geweld op die grens tussen Serwië en Kosovo,” het die Britse minister van buitelandse sake William Hague en die Duitse minister van buitelandse sake Guido Westerwelle in ‘n gesamentlike verklaring gesê.

“Ons het in die verlede gesê en ons herhaal nou dat die manier waarop die grenskwessies hanteer word, ‘n belangrike maatstaf is binne die EU-perspektief,” het hulle voortgegaan. “Tasbare vordering op al hierdie gebiede sal ‘n rol speel in die EU se besprekings komende herfs.”

Die probleme in Kosovo, wat ‘n 90 persent etnies Albanese meerderheid het, het begin nadat Pristina spesiale polisie-eenhede Maandag gestuur het om beheer van noordelike grensposte te neem en ‘n verbod op invoere van Serwië uit weerwraak na ‘n geskil oor doeane-regulasies af te dwing.

Die polisie het teruggeval ná die geweld, maar Kosovo se premier Hashim Thaçi het Donderdag gesê hy gaan hulle na alle grensoorgange terugstuur.

“Wederkerigheidsmaatreëls [in handel] met Serwië sal toegepas word by alle grensoorgange … en dit sal voortgaan tot Serwië sy posisie verander,” het Thaçi in die parlement gesê.

Kosovo het in 2008 eensydig onafhanklikheid verklaar maar dié stap word nie erken deur Serwië en die 60 000 Serwiërs wat in die noorde van Kosovo woon nie. Hulle beskou nog steeds Belgrado as hulle hul hoofstad. Nog 40 000 Serwiërs leef in enklawes in die res van Kosovo. Ongeveer 76 lidlande van die Verenigde Nasies erken egter die onafhanklikheid van Kosovo, asook die Internasionale Geregshof in Den Haag wat op 22 Julie 2010 uitspraak ten gunste van Kosovo gegee het in die geskil tussen Serwië en Kosovo.

Serwiërs koester Kosovo as die historiese hartland van die Ortodokse Christendom en die meeste is bitter oor sy onafhanklikheid. Die VSA het egter Kosovo se onafhanklikheid erken omdat hulle die Russiese invloedsfeer in die Balkan wou verbreek en ‘n politieke voordeel daarin gesien het om Albanese Moslemgelowiges te bevoordeel.

Donderdag was die Jarinje-grenskruising kalm met Amerikaanse troepe van NAVO se vredesensing in Kosovo wat beheer uitoefen. Hulle het voertuie vir wapens deursoek, het ‘n Reuters-korrespondent gesê.

Die Duitse generaal Erhard Buehler, bevelvoerder van die NAVO-troepe in Kosovo, het gesê die geboue by die grenskruising, 20km noord van die stad van Mitrovica, is erg beskadig.

“Om veiligheidsredes is daar vir mense ‘n hoë risiko. Klein privaatmotors kan die grens op hul eie risiko oorsteek,” het Buehler in ‘n verklaring gesê.

Vredesmagte, wat nou nog Kosovo patrolleer meer as ‘n dekade nadat die oorlog tussen etniese Albanese en Serwiese veiligheidsmagte in 1998-1999 uitgebreek het, is ook in beheer van ‘n ander sleutelgrenskontrolepunt.

Buehler het gesê KFOR sal voortgaan om troepe te ontplooi om die hele noorde van Kosovo se veiligheid en vryheid van beweging te beskerm.

Jean-Francois Fitou, Frankryk se ambassadeur in Pristina, het aan Reuters gesê “uit die oogpunt van veiligheid, is die situasie nie buite beheer nie, maar dit is nie goed nie”.

In Woensdag se aanval op die Jarinjegrenspos, het die Serwiërs petrolbomme op lede van NAVO se KFOR-vredesmag gegooi.

Woensdag het Thaçi Belgrado daarvan beskuldig dat hulle die geweld aanblaas, maar president Boris Tadic het gesê die aanvalle is uitgevoer deur geharde Serwiese nasionaliste wat teen Serwië se poging om bande met sy voormalige suidelike provinsie te herstel, gekant is.

“Vir ons, is dialoog die enigste manier om probleme op te los in Kosovo en historiese versoening tussen Serwiërs en Albaniërs te bereik,” het ‘n Serwiese regeringswoordvoerder Milivoje Mihajlovic aan verslaggewers gesê.

Belgrado wil by die EU aansluit, maar moet sy bande met Kosovo herstel om die toetredingsproses te bespoedig. Belgrado en Pristina het begin met EU-bemiddelde gesprekke oor handel, die beweging van mense en kwessies soos om die energievoorsiening te verbeter, maar onderhandelinge vorder stadig.

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het Woensdag ‘n Serwiese versoek om dringende samesprekinge agter geslote deure oor Kosovo aanvaar.

Serwië het beheer van Kosovo in 1999 verloor, toe NAVO ‘n swaar bombardement van 78 dae lank teen Slobodan Milosevic se onderdrukking van etnies Albanese rebelle gevoer het om sy veldtog van etniese reiniging te stuit.

игрушки на годикалександр лобановский харьков

Amerikaanse skuldplafon: Partye steek vas

‘n Voorstel deur die Republikeine om die VSA se begrotingstekort in te kort, word deur vertragings en teenkanting belemmer en verhoog die risiko dat Amerika nie sy skuld sal kan delg nie.

Leiers van die Republikeinse en Demokratiese Party probeer eenstemmigheid bereik voor die sperdatum van 2 Augustus, wanneer die VSA na verwagting sy leningsperk van $14 300 miljard sal bereik. Indien die VSA dan nie sy skuld kan terugbetaal nie, kan dit wêreldmarkte ten nadele beïnvloed.

Selfs al word dit afgeweer, kan ‘n plan sonder die nodige besnoeiings aan die begrotingstekort steeds tot die afgradering van die VSA se kredietgradering lei, wat uitleenkostes sal opjaag.

‘n Stemmery oor die besnoeiing van die tekort, wat deur die speaker van die huis van verteenwoordigers, John Boehner (Republikein), voorgestel is, is Woensdag tot Donderdag uitgestel agv heftige van teenkanting deur Republikeine en Demokrate.

‘n Alternatiewe plan deur die meerderheidsleier in die senaat, Harry Reid (Demokraat), is afgewys nadat die begrotingskantoor van die Amerikaanse Kongres gesê het dié voorstel sal die tekort met slegs $2 200 miljard verminder. Dit is sowat $500 miljard minder as wat die Demokrate voorgehou het.

Boehner het toe sy voorstel hersien nadat die begrotingskantoor Dinsdag gesê het dit sou besteding met $350 miljard minder besnoei as die $1 200 miljard oor tien jaar wat hy beweer het.

Steny Hoyer, die tweede mees senior Demokraat in die huis van verteenwoordigers, het gesê Reid se voorstel weerspieël wat Boehner ten doel het – “geen nuwe inkomste, geen nuwe belasting en besnoeiings wat gelyk is aan die verlenging van die leningsperk”.

Die Withuis het Dinsdag gesê hy werk aan ‘n “plan B”.

‘n Lid van die Japanse sentrale bank het gesê indien die VSA sy skuld nie delg nie of sy kredietgradering afgegradeer word, dit die wêreldekonomie sal knou.

‘n Peiling deur Reuters/Ipsos wys 56% van die Amerikaanse bevolking steun ‘n kombinasie van belastingverhogings en laer besteding. Pres. Barack Obama is ten gunste daarvan, maar die Republikeine skop vas.

алазанская долина вино белоеФильчаков Александр Васильевич

Lindley-moordenaars kry lewenslank

Twee van die moordenaars wat die Potgieter-gesin op hul plaas in Lindley vermoor het, is elk drie maal tot lewenslange tronkstraf veroordeel.

Tshekolo Letlala (19) en Telleko Seekoei (20) is Donderdag in die Bloemfonteinse hooggeregshof gevonnis vir die moord op die boer Attie Potgieter, sy vrou, Wilma, en hul tweejarige dogtertjie, Wilmientjie, op 1 Desember verlede jaar.

Een van die gesin se werknemers, Vusi Khumalo (23), is ook tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op mnr. en. mev. Potgieter.

Die ander twee beskuldigdes is elkeen 30 jaar tronkstraf opgelê.

Klaas Mofokeng (34), ‘n ander plaaswerker, is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis vir roof met verswarende omstandighede. Hy is die enigste beskuldigde wat nie met die moord op die gesin verbind word nie.

лучший арт прицеллобановский александр игоревич класс