Johannes Caspar, die hoof van die owerheid, het gesê dat Facebook nie gebruikers se “biometriese data – soos hulle vorm van die gesig en die afstand tussen hulle oë – sonder hulle uitdruklike toestemming” kan gebruik nie.
Hy het daarop aangedring dat die sosiale netwerk-webwerf die funksie moet verander of uitskakel. Alle data wat ingesamel is so ver, moet ook verwyder word, het hy gesê.
Caspar het Facebook twee weke gegee om te reageer. Indien die maatskappy nie in staat is om veranderinge aan te bring nie, het Caspar gesê die Hamburg-owerheid sal oorweeg om regstappe teen Facebook te neem. Die Duitse howe kan boetes van tot € 300,000 vir privaatheidsoortredings oplê.
Die Hamburg-uitspraak kan die beskerming van data oor die hele Europa beteken en owerhede oral aanmoedig om op te tree. Die werkgroep van artikel 29, ‘n groep van amptenare wat die EU oor hulle privaatheidsbeleid adviseer, kyk ook tans na dié probleem.
“Die probleem is nie met die gesigsherkenning self nie, maar die data wat gestoor word in die agtergrond om die stelsel in staat stel om ‘n gesig te herken,” het Caspar aan die Financial Times gesê. “Facebook het nodig om ‘n nuwe soort stelsel te ontwerp om toestemming te kry van mense voor hulle data gestoor word.”
Facebook het in antwoord gesê: “Ons sal die punte oorweeg wat die Hamburggesag gemaak het oor die fotofunksie, maar verwerp enige eis dat ons nie ons verpligtinge onder Europese Unie se beskerming van data nakom nie, ten sterkste. Ons het ook gevind dat mense die gerief van ons fotofunksie geniet wat dit makliker en veiliger vir hulle maak om hulle aanlynidentiteite te bestuur.”
Facebook het verlede Desember die gesigsherkenningsfunksie in die VSA bekend gestel en dit in Junie na Europa uitgebrei. Dit het onmiddellik onder skoot gekom van reguleerders omdat dit sonder die voldoende waarskuwing aan gebruikers gegee is.
Hoewel mense kan kies om dit nie te gebruik nie, is privaatheidsreguleerders bekommerd dat die verstekstelling gebruik word om data in te samel.
In die VSA is daar reeds ‘n klag teen Facebook gelê.
Duitsland het van die strengste data wette in Europa, om ‘n herhaling van die misbruik van die inligting onder die Nazi’s en Oos-Duitsland se Stasi te voorkom. Een van die belangrikste konsepte is dat geen inligting versamel kan word sonder die gebruiker se toestemming nie.
