Twee van die moordenaars wat die Potgieter-gesin op hul plaas in Lindley vermoor het, is elk drie maal tot lewenslange tronkstraf veroordeel.
Tshekolo Letlala (19) en Telleko Seekoei (20) is Donderdag in die Bloemfonteinse hooggeregshof gevonnis vir die moord op die boer Attie Potgieter, sy vrou, Wilma, en hul tweejarige dogtertjie, Wilmientjie, op 1 Desember verlede jaar.
Een van die gesin se werknemers, Vusi Khumalo (23), is ook tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op mnr. en. mev. Potgieter.
Die ander twee beskuldigdes is elkeen 30 jaar tronkstraf opgelê.
Klaas Mofokeng (34), ‘n ander plaaswerker, is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis vir roof met verswarende omstandighede. Hy is die enigste beskuldigde wat nie met die moord op die gesin verbind word nie.
