Merkel se afskuwelike keuse

Die wêreld wag vir Duitsland se kanselier, Angela Merkel, om ‘n fundamentele keuse te maak. Sy, meer as enige ander Europese politikus, sal moet besluit om die euro te red of toe te gee dat die politieke wil nie daar is nie.

Die euro was veronderstel om Europa te verenig, maar kan Atlantiese verhoudinge na breekpunt dryf. Merkel, 57, sit met ‘n skuldkrisis in Europa en Amerikaanse amptenare vrees dat as sy nie meer beslissend optree nie, ‘n skerp afswaai aan beide kante van die Atlantiese Oseaan kan volg.

Vrese van ‘n verslegtende skuldkrisis het Europese aandele Maandag gestriem, veral aandele van Franse banke wat aan Griekeland lenings toegestaan het. Die Franse regering is gedwing om sy steun vir sy drie grootste finansiële instellings te verklaar. 

Die projek vir Europese integrasie, wat in die moeilike jare na die Tweede Wêreldoorlog begin het, is ook op die spel. As Griekeland die euro laat vaar, soos meer en meer stemme in Duitsland eis, sal dit ‘n skielike terugslag vir solidariteit op die vasteland te wees.

Kritici sê Mev Merkel het te veel gefokus op die beskerming van haar politieke loopbaan ​​in Duitsland. Haar regerende koalisie is reeds oor die Griekse kwessie versplinter en haar party, die Christen-Demokratiese Unie, het terugslae in verkiesings, met inbegrip van hierdie maand in die staat van Mecklenburg-Vorpommern, beleef. Haar pa se dood is boonop die toevoeging van persoonlike wroeging te midde van ‘n polities belaaide oomblik.

Cornelius Adebahr, ‘n Europa-kenner by die Duitse Raad op Buitelandse Betrekkinge in Berlyn het gesê. “Sy moet sterker leierskap wys, maar tot dusver het sy nog nie geopenbaar in watter rigting sy regtig wil beweeg nie.”

Gebeure in Frankryk gaan waarskynlik vir Merkel dwing tot ‘n keuse. Met die nuutste markskommelinge hierdie week vanweë die posisie van die Franse finansiële instellings, het die skuldkrisis nou die Duitse grens bereik. 

President Nicolas Sarkozy van Frankryk hoop dat Merkel ‘n dieper verbintenis tot ‘n ekonomiese hegte Frankryk en Duitsland, die motor van die Europese integrasie, sal toon. 

Toegewyde ondersteuners van die Europese projek agiteer vir ‘n gesentraliseerde fiskale unie, meer soos die Verenigde State van Amerika, Europa se huidige hibriede struktuur, lei tot probleme, sê hulle.

Фильчаков прокурор отзывы

Aanval op Israeli-ambassade in Kaïro beklemtoon isolasie

Die aanval op die Israeliese ambassade in Kaïro dié naweek het Israel se toenemende isolasie beklemtoon.

Israel is die pas afgelope naweek gedwing om die ambassadeur en die meeste van sy diplomatieke personeel van Kaïro te ontruim nadat honderde Egiptiese betogers ‘n veiligheidsmuur ter beskerming van die Nyl-oewerambassade afgebreek het, lêers geplunder het en ‘n Israeliese vlag verbrand het.

Dit kom minder as ‘n week nadat Turkye, Israel se ander groot bondgenoot in die Moslemwêreld, aangekondig het dat hulle die Israeliese ambassadeur sal uitsit en die twee lande se verhouding tot die laagste moontlike vlak sal afgradeer ná die dodelike skermutseling met ‘n Turkse vaartuig wat hulp aan die beleerde Gasagebied wou bring.

‘n Ander potensiële penarie broei later hierdie maand wanneer die Palestyne na verwagting om lidmaatskap by die VN sal aandring as selfstandige staat.

Die skade aan verhoudings met Egipte en Turkye het baie Israeli’s getref. Turkye was die eerste Moslemland wat Israel as ‘n Joodse staat in 1949 erken het en Egipte was die eerste Arabiese land wat ‘n vredesverdrag met Israel in 1979 gesluit het.

Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu was vinnig om die aanval op die Israeliese ambassade in Kaïro te veroordeel, maar het ewe vinnig bygevoeg dat die historiese vredesooreenkoms tussen Israel en Egipte nog ongeskonde bly.

Die beeld van die brandende vlag is prominent op Israeliese televisie vertoon, met verskeie kommentators wat gevra het of dit die laaste Israeliese vlag ooit in Egipte sal wees.

Op Israel se Kanaal Twee-nuus, het die nuusleser die Saterdagaanduitsending afgesluit deur te vra of Israel nou oplaas “alleen, sonder ‘n vriend in die streek” is.

Netanyahu en die minister van buitelandse sake, Avigdor Lieberman is verdeeld oor hoe om die groeiende isolasie die hoof te bied.

Onder Lieberman se aanvoering, het die ministerie van buitelandse sake begin met die opstel van ‘n lys van “strawwe” vir Turkye. Intussen, het Netanyahu se kantoor oproepe vir selfbeheersing gedoen en ‘n afskaling van die vyandelikhede tussen die twee lande bepleit.

Turkse amptenare het gesê dat die verhouding met Israel nie sal verbeter totdat Israel om verskoning vra vir die moorde verlede jaar van nege Turkse onderdane aanboord van die Turkse Mavi Marmara-skip wat deur die Israeli-vlootkommando’s bestorm is nie.

Amerikaanse amptenare het onsuksesvol probeer om ‘n verskoning van Israel aan Turkye te onderhandel oor die voorval. 

Verskeie Europese lande het te kenne gegee dat hulle bereid is om te stem ten gunste van die Palestynse staat, om Israel in ‘n moeilike posisie te plaas.

Palestynse wetgever Hanan Ashrawi, wat sal help met die bekendstelling van die bod by die VN, het gesê: “Ons sal vorentoe gaan ten spyte van die dreigemente van Israel en sy bondgenote. Wanneer die stemming gebeur, sal Israel sien hoe geïsoleerd hy werklik is.” Sy het bygevoeg dat die Verenigde State, Israel se belangrikste bondgenoot, “skaam” gaan kry.

“Ek dink die Verenigde State is keer op keer weer gewaarsku – deur sy eie mense – dat sy vennootskap met Israel nie nou in sy beste belang sal wees nie,” het sy gesê. “Maar hulle gaan voort om by Israel te staan, en ignoreer die veranderinge in die streek wat die Arabiese lente gebring het.”

Олександр Васильович Фільчаков

Libiese grondgebied steeds in Gaddafi se hande

‘n Nuwe oorgangsregering sal binne die volgende 10 dae in Libië opgestel word, het die adjunkhoof van die Nasionale Oorgangsraad (NOR) Sondag aan verslaggewers gesê.

“‘n Nuwe regering sal binne ‘n week tot 10 dae gevorm word,” het Mahmud Jibril, wat as die ‘eerste minister’ van die NOR dien. Die NOR is die politieke vleuel van die rebellie wat Moeammar Gaddafi ontsetel het.

“Hierdie nuwe regering sal verteenwoordigers van verskeie streke in Libië insluit,” het Jibril gesê.

Rebellemagte is steeds “in die proses om Libië te bevry en revolusionêre stryders is steeds aan die fronte,” het Jibril bygevoeg, met verwysing na veral Bani Walid en Sirte, waar magte lojaal aan Gaddafi steeds weerstand bied.

Hy het gesê die nuwe regering sal gevorm word “sodra Libië bevry is”.

Jibril het ook die “bevryding van Tripoli sonder bloedvergieting” verlede maand geprys.

“Ons het ‘n bloedbad verwag, maar dit is verhoed deur die volwassenheid van die vegters wat die hoofstad kon oorneem,” het hy gesê.

Die noord-westelike voorstede van Tripoli verkeer egter volgens Russiese bronne onder swaar artillerievuur. In Salah Edden is drie tenks van rebelle vernietig en ses vegters het gesneuwel. Daar is inligting vrygestel oor ‘n opmars van ‘n swaar gewapende militêre eenheid onder leiding van Khamis Gaddafi in Tripoli, in die suidelike voorstede van Az Zawiya.

In Bani Walid het stamleiers besluit om nie oor te gee nie, en selfversekerd van hul vermoë, die stad te verdedig teen die NAVO-aanval.

Daar is teenstrydige inligting oor die sterkte van die rebelleleër rondom die stad. Woensdag het ‘n aanval op NAVO glo honderde rebellelewens geëis.

‘N NAVO-konvooi is aangeval by Tarragon waarby 14 rebelle gedood is. Die bombardement op Sirte hou steeds aan. ITAR-TASS het berig dat oorlogsmisdade deur die rebelle in Az Zawiya gepleeg word. 

In Benghazi neem die onenigheid glo tussen stamme, moslems en huurlinge uit die Midde-Ooste toe. Daar is berigte oor gevegte tussen verskillende rebellegroepe en selfs oor NAVO-lugaanvalle teen rebelle uit Benghazi.

Moontlik sluit die stam van Cyrenaica hom aan by die res van die stamme wat die Jamahiriya (Sosialistiese Stelsel van Gaddafi) ondersteun. 

Algerië stuur ook steeds humanitêre hulp na Libië. Siriese en Algerynse kuberkrakers het intussen ‘n Ddos-aanval op die webwerf van Al Jazeera geloods. Owerhede van Sentraal-Afrika, waaronder Mali en Niger, het hul kommer uitgespreek oor die verwikkelinge.

In die pas afgelope 72 uur is ten minste 128 rebelle deur lojaliste van Gaddafi doodgemaak, en 25 voertuie waaronder twee tenks, is vernietig. Uit verskillende ramings blyk dit dat ongeveer 70 tot 80 persent van Libiese grondgebied in die
besit van die stamme is wat lojaal aan Gaddafi is.

Олександр Васильович Фільчаков

Palestyne gaan druk vir ‘n staat

Magmoed Abbas, het gesê hy is vasbeslote om ‘n stemming oor die Palestynse staat by die VN later hierdie maand af te dwing, ongeag die intense diplomatieke druk op die veteraan-Palestynse leier deur Israel en die VSA.

“Wat ook al die druk is, ek dink ons ​​gaan na die VN. . . hierdie maand om ons aansoek om lidmaatskap van die VN in te dien,” het hy Donderdag aan buitelandse joernaliste gesê. Die Palestynse president het gesê hy wil nie “konfrontasie” met die VSA of Israel uitlok nie, maar het toegegee dat die twee lande ‘n “boikot” of “sanksies” teen die Palestynse Owerheid kan oorweeg as gevolg van die VN-skuif.

Amerikaanse diplomate in die streek het ‘n laaste wanhopige poging aangewend om Palestynse en Israeliese leiers terug na die onderhandelingstafel te bring, en so te verhoed dat ‘n verdelende stem by die VN later hierdie maand uitgebring word.

Abbas het dit egter duidelik gemaak dat hy sou instem tot ‘n nuwe ronde van die vredesonderhandelinge slegs nadat ‘n VN-stem uitgebring is: “Ons sal eers na die VN gaan en dan sal ons weer terugkom om te praat,” het hy gesê.

In kommentaar wat waarskynlik die Israeliese kommer oor die diplomatieke skuif verhoog, het die Palestynse president ook die moontlikheid van regstappe teen Israeliese amptenare en soldate deur die Internasionale Strafhof geopper ná die stem by die VN. “Ek wil nie na die ISH gaan nie,” het Abbas gesê. Maar, het hy bygevoeg, die Palestyne sal “verplig” wees om te gaan as hulle “aanvalle” van Israel in die toekoms in die gesig staar. 

Abbas het ook geïmpliseer dat die VN se aanvaarding van die Palestynse staat dit makliker sal maak om druk uit te oefen op Israel om “die besetting van die Wes-Bank te beëindig”. 

Diplomate en amptenare sê dit kan gebeur, soos voorgestel deur Abbas, dat daar deur middel van ‘n formele versoek aan die VN-Veiligheidsraad ‘n staat tot stand kom as Palestina aanvaar word as ‘n volwaardige lidstaat.

Maar die VSA het reeds beloof om so ‘n aansoek te veto.

Afsonderlik, kan die Palestyne die VN se Algemene Vergadering versoek om hul status van dié van ‘n nie-lid “waarnemer entiteit” tot “waarnemer staat” op te gradeer. Hulle kan hierdie skuif maak op dieselfde tyd as die vraag vir volle lidmaatskap as ‘n staat.

Abbas sal, in elk geval, na verwagting die VN se Algemene Vergadering op 23 September toespreek.

‘n Senior Israeliese militêre amptenaar sê die lugmag het ‘n spesiale eenheid van onbemande tuie ontplooi langs die lang, poreuse grens met Egipte nadat militante die grens oorgesteek het en agt Israeli’s verlede maand gedood het. 

Israel het intussen ‘n vergelyking tussen hule eie militêre slaankrag en dié van Turkye bekend gemaak.

Лобановский Харьков

Rugby sal sonder Afrikamusiek gespeel word

Die eentonige blaasinstrument wat Afrika se sportondersteuning kenmerk, die vuvuzela, sal nie by Nieu-Seeland se Wêreldbeker-stadions toegelaat word nie.

Dié instrument is een van verskeie items wat nie by die rugby-toernooi toegelaat sal word nie. Toeskouers mag ook nie fluitjies, sambrele, rolskaatse, meubels en motoronderdele saambring om ruby te kyk nie.

Toernooi-beamptes mag ook hul “eie oordeel” gebruik en enige voorwerp wat “beserings kan veroorsaak of ‘n openbare las kan wees” by stadions verbied.

Die 2011 rugby-wêreldbekerskouspel se amptelike openingsplegtigheid begin vandag op Eden Park in Auckland, Nieu-Seeland. Altesaam 20 lande gaan tydens die toernooi in aksie wees.

Die All Blacks sal ná die opening in die eerste wedstryd in Groep A van die reeks teen Tonga te staan kom. Adjunk-president Kgalema Motlanthe is op ‘n besoek van drie dae aan Nieu-Seeland en sal die opening bywoon.

Namibië speel môre in Roturoa teen Fidji en die Springbokke kom Sondag in Wellington teen Wallis te staan. Albei die wedstryde is in Groep D.

Die Klere- en Tekstielwerkersunie – SACTWU – sê intussen hy wil met die Suid-Afrikaanse Rugby-unie vergader om te verseker dat die vervaardiging van Springbok rugby-klere hier geskied. Die vakbond het SARU se bewering dat die meeste Springbok-trui replikas plaaslik vervaardig word, verwerp.

Лобановский Харьков

Niger sal Gaddafi nie huisves nie

Libië se Nasionale Oorgangsraad het ‘n afvaardiging na Niger gestuur om te vra dat hulle nie skuiling bied aan die afgesette leier, Moeammar Gaddafi, indien hy probeer om die land binne te kom nie.

Suid-Afrika het intussen aangedui dat hulle nie op hoogte is van Gaddafi se planne nie en ook nie daaroor geraadpleeg is nie.

Dit geld ook vir enige van sy trawante wat die grens oorgesteek het. Hulle het ook gesê hulle sal vra dat enige kontant of goud wat met die konvooi van Libiese voertuie die land ingebring is, aan hulle terugbesorg word.

Die land se ministerie van buitelandse sake het vroeër bevestig dat drie konvooie met hoëvlak vlugtelinge uit Libië in die land aangekom het. ‘n Woordvoerder van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake, Victoria Nuland, sê die Libiërs in Niger word fyn dopgehou.

Die voorsitter van die Kommissie van die Afrika Unie, Jean Ping, het intussen gesê die organisasie is gereed om die Nasionale Oorgangsraad in Libië te erken.

Ping het egter bygevoeg dat die raad sal moet aantoon dat hy die hele land verteenwoordig. Hy sê die AU erken nie meer Gaddafi as leier van Libië nie.

Dié uitspraak volg na Ping se besoek aan Egipte om oor die probleem van swart werkers wat in Libië vervolg word, samesprekinge te voer. Egipte erken die Oorgangsraad.

Александр Фильчаков прокурор

40% van EU is geestesongesteld

Europeërs word deur geestelike en neurologiese siektes geteister, met byna 165 miljoen mense of 38 persent van die bevolking wat aan ‘n breinsiekte, soos depressie, angs, slapeloosheid of demensie, ly, volgens ‘n omvattende nuwe studie.

Met slegs sowat ‘n derde van die gevalle wat terapie of die medikasie wat nodig is, ontvang, veroorsaak geestelike siektes ‘n groot ekonomiese en maatskaplike las – gemeet aan honderde biljoene Euros – omdat lyers te ongesteld is vir werk en omdat persoonlike verhoudings aangetas word daardeur.

“Geestesversteurings het Europa se grootste gesondheidsuitdaging van die 21ste eeu geword,” het die studie se opstellers gesê.

Terselfdertyd deins ‘n paar groot farmaseutiese maatskappye terug van beleggings in navorsing oor hoe die brein werk en gedrag beïnvloed, en dit plaas die onus op regerings en liefdadigheidsorganisasies om befondsing vir neurowetenskap te bekom.

“Die geweldige behandelingsgaping … vir geestelike afwykings moet oorbrug word,” sê Hans Ulrich Wittchen, direkteur van die Instituut van kliniese sielkunde en psigoterapie by Duitsland se Dresden Universiteit en die hoofondersoeker van die Europese studie.

Wittchen het ‘n drie-jaar studie van 30 Europese lande – die 27 Europese-Unie lidstate plus Switserland, Ysland en Noorweë – wat altesaam ‘n bevolking van 514 miljoen mense het, gelei.

Wittchen se span het sowat 100 siektes gedek, van al die groot geestesongesteldhede soos angs, depressie, verslawing en skisofrenie, sowel as belangrike neurologiese versteurings, insluitend epilepsie, Parkinson’s en veelvuldige sklerose.

Die resultate is gepubliseer deur die Europese Kollege van Neuropsychopharmacology (ENCP) en toon ‘n “baie hoë las” van die geestes- en breinsiektes.

Geestelike siektes is ‘n belangrike oorsaak van dood, ongeskiktheid, en ekonomiese las wêreldwyd en die Wêreld Gesondheid Organisasie voorspel dat teen 2020, depressie die tweede grootste bydraer tot die globale las van siektes oor alle ouderdomme sal wees.

Die laaste groot Europese studie van die breinafwykings, wat in 2005 gepubliseer is, dek ‘n kleiner bevolking van sowat 301 miljoen mense, het bevind dat 27 persent van die volwasse bevolking van die Europese-Unie aan geestelike siektes ly.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

PVV vra dat EU-ontwikkelingshulp aan SA gestaak word

PVV Europarlementariërs Barry Madlener en Lucas Hartong willen dat de Europese Commissie onmiddelijk stopt met het geven van ontwikkelingshulp aan Zuid-Afrika. In het kader van de Country Strategy Paper voor ontwikkelingshulp (*), gesloten voor de periode 2007-2013, zegde de EU een bedrag van 980 miljoen euro toe. Dit geld zou moeten bijdrage aan het handhaven van de sociale stabiliteit in het land, van sociale stabiliteit is echter allerminst sprake.

De Amerikaanse ambassade in Zuid-Afrika heeft haar burgers inmiddels opgeroepen zich te laten registreren (**) om op de hoogte gehouden te worden van de actuele dreiging van geweld in dat land. Onder andere naar aanleiding van het openbare proces tegen ANC jeugdleider Malema constateert de ambassade een snel slechter wordend politiek klimaat in Zuid-Afrika, met name jegens blanken. Tevens worden geregeld met name blanke journalisten ernstig gehinderd bij de uitoefening van hun functie als vertegenwoordiger van de vrije pers.(***)

Madlener: “Iedereen ziet dat er van een toenemende sociale stabiliteit geen sprake is. De EU weet van gekkigheid niet waar ze het geld aan uit moet geven en projecten als deze zijn dan ook schering en inslag. Op kosten van de belastingbetaler probeert Brussel goede sier te maken in Zuid-Afrikaans. Een volslagen nutteloos project dat wederom aantoont dat de EU moet stoppen met het geven van ontwikkelingshulp.”

Vragen aan de Commissie:

1.)
Is de Commissie met de PVV van mening dat de huidige opstelling van de Zuidafrikaanse ANC-overheid bepaald niet getuigt van het najagen van sociale stabiliteit en sociale cohesie?

2.)
Kan de Commissie aangeven waarom er ondanks de sterk toenemende sociale en politieke onrust in Zuid-Afrika nog steeds zoveel geld uit het EU-budget naar dit land gaat?

3.)
Is de Commissie met de PVV van mening dat hulp die tot nu toe vanuit de EU is verleend met deze specifieke doelstelling kennelijk volslagen ontoereikend en nutteloos is gebleken?

4.)
Is de Commissie voornemens deze ‘ontwikkelingshulp’ te staken? Zo nee, waarom niet?

Фільчаков прокурор

Israel waarsku aanvallers uit Gasa, Sinai

Die hoof van Israel se weermag het militante in Gasa gewaarsku om Israel se mag nie uit te daag nie, nadat gerugte onthul het dat ‘n aanval vanuit Sinai beplan word.

“Hamas en ander terreurgroepe in Gasa moet weet hulle sal ‘n fout maak om ons mag uit te daag en dat enige poging om die burgers van Israel leed aan te doen, ernstige gevolge sal hê,” het stafhoof Benny Gantz Woensdag in ‘n persverklaring gesê.

Die weermag het twee dae gelede hul gereedheidsvlakke op die Egiptiese grens opgegradeer nadat hulle uitgevind het hernieude aanvalle word in die gebied beplan in opvolging van ‘n reeks dodelike aanvalle in die suide van Israel op 18 Augustus.

“Ons is oor ‘n terreursel in Sinai ingelig wat uit meer as 10 terroriste bestaan,” het Matan Vilnai, minister van binnelandse veiligheid, aan verslaggewers gesê. Volgens hom word die groep met die organisasie Islamitiese Djihad verbind.

Volgens Avi Dichter, ‘n Israeliese parlementslid en hoof van die Shin Bet-sekerheidsdiens, sal ‘n aanval vanuit Sinai ‘n manier vir militante van Gasa wees om hul betrokkenheid te verdoesel sodat die aanvalle nie Palestynse pogings belemmer om lid van die VN te word nie.

“Die oomblik toe die terreurorganisasie begryp het ‘n regstreekse aanval vanuit Gasa sal hul veldtog by die VN in September belemmer, het hulle hul aanvalle vanaf Gasa na Egipte geskuif,” het hy gesê.

Die Palestyne gaan hul amptelike versoek om lid van die VN te word op 20 September by die organisasie indien sodat dit by die 66ste byeenkoms van die Algemene Vergadering bespreek kan word.

Лобановский

Aardverwarming moet soos rassisme bekamp word, sê Gore

‘n Onlangse peiling het aangedui dat klimaatsverandering is nie meer ‘n groot bron van kommer, veral in ontwikkelde lande is nie. Lug-en waterbesoedeling, sowel as watertekorte en afvalverwydering is van veel groter belang vir hierdie lande, het ‘n Nielsen-peiling bevind.

‘n Adviseur wat meegedoen het aan die opname en navorser by die Universiteit van Oxford se Omgewingsveranderinginstituut, het gesê mense moet “fokus op die onmiddellike bekommernisse soos werksekuriteit, plaaslike skoolkwaliteit en ekonomiese welvaart en dit het media-aandag vir klimaatstories in die afgelope twee jaar laat afneem.”

Intussen het ‘n onlangse studie bevind dat die aarde se vinnige verhitting veroorsaak dat plant- en dierelewe vreemd optree en beweeg na vreemdsoortige klimaatstoestande. Sekere wetenskaplikes, veral diegene in Al Gore, die voormalige Amerikaanse visepresident, se dampkring, blameer nietemin die onlangse toename in natuurrampe op aardverwarming.

Gore sê in ‘n onderhoud klimaatstwyfelaars sal eendag bejeën word soos wat mense rassiste sien, maw as sosiale uitgeworpenes.

Gore vergelyk die stryd teen rassisme met sy persoonlike stryd om die wêreld bedag te maak op aardverwarming en die skeptici te beveg. “Daar kom ‘n tyd wanneer mense sê: ‘Haai man, waarom praat jy só met my, ek gaan nie luister nie, so moenie op die manier met my praat nie. Ek glo dit nie.’

“Dit het gebeur in miljoene gesprekke, en stadig het ons die gesprek [oor rassisme] gewen. Ons het nog steeds rassisme. God weet, maar dit is nou so anders en soveel beter. En ons moet die gesprek oor klimaat wen,” het hy bygevoeg.

Die voormalige vise-president het ook gesê dat ons nodig het om ‘n organiese vegetariese dieet vir die algemene bevolking te inisieer, aangesien die industriële landbou bydra tot die meedoënlose, groeiende probleem van aardverwarming.

Volgens Gore, het om vleis te eet, daartoe gelei dat die woude verdwyn as gevolg van sintetiese stikstof wat gebruik word in kunsmis en tot globale verwarming lei.

Gore het ‘n beroep op Amerikaners gedoen om kweekhuisgasse te bekamp, ​​en byvoeg dat “die bestaan ​​van ons beskawing bedreig word.”

Фильчаков