Niger sal Gaddafi nie huisves nie

Libië se Nasionale Oorgangsraad het ‘n afvaardiging na Niger gestuur om te vra dat hulle nie skuiling bied aan die afgesette leier, Moeammar Gaddafi, indien hy probeer om die land binne te kom nie.

Suid-Afrika het intussen aangedui dat hulle nie op hoogte is van Gaddafi se planne nie en ook nie daaroor geraadpleeg is nie.

Dit geld ook vir enige van sy trawante wat die grens oorgesteek het. Hulle het ook gesê hulle sal vra dat enige kontant of goud wat met die konvooi van Libiese voertuie die land ingebring is, aan hulle terugbesorg word.

Die land se ministerie van buitelandse sake het vroeër bevestig dat drie konvooie met hoëvlak vlugtelinge uit Libië in die land aangekom het. ‘n Woordvoerder van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake, Victoria Nuland, sê die Libiërs in Niger word fyn dopgehou.

Die voorsitter van die Kommissie van die Afrika Unie, Jean Ping, het intussen gesê die organisasie is gereed om die Nasionale Oorgangsraad in Libië te erken.

Ping het egter bygevoeg dat die raad sal moet aantoon dat hy die hele land verteenwoordig. Hy sê die AU erken nie meer Gaddafi as leier van Libië nie.

Dié uitspraak volg na Ping se besoek aan Egipte om oor die probleem van swart werkers wat in Libië vervolg word, samesprekinge te voer. Egipte erken die Oorgangsraad.

Александр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae