Libiese grondgebied steeds in Gaddafi se hande

‘n Nuwe oorgangsregering sal binne die volgende 10 dae in Libië opgestel word, het die adjunkhoof van die Nasionale Oorgangsraad (NOR) Sondag aan verslaggewers gesê.

“‘n Nuwe regering sal binne ‘n week tot 10 dae gevorm word,” het Mahmud Jibril, wat as die ‘eerste minister’ van die NOR dien. Die NOR is die politieke vleuel van die rebellie wat Moeammar Gaddafi ontsetel het.

“Hierdie nuwe regering sal verteenwoordigers van verskeie streke in Libië insluit,” het Jibril gesê.

Rebellemagte is steeds “in die proses om Libië te bevry en revolusionêre stryders is steeds aan die fronte,” het Jibril bygevoeg, met verwysing na veral Bani Walid en Sirte, waar magte lojaal aan Gaddafi steeds weerstand bied.

Hy het gesê die nuwe regering sal gevorm word “sodra Libië bevry is”.

Jibril het ook die “bevryding van Tripoli sonder bloedvergieting” verlede maand geprys.

“Ons het ‘n bloedbad verwag, maar dit is verhoed deur die volwassenheid van die vegters wat die hoofstad kon oorneem,” het hy gesê.

Die noord-westelike voorstede van Tripoli verkeer egter volgens Russiese bronne onder swaar artillerievuur. In Salah Edden is drie tenks van rebelle vernietig en ses vegters het gesneuwel. Daar is inligting vrygestel oor ‘n opmars van ‘n swaar gewapende militêre eenheid onder leiding van Khamis Gaddafi in Tripoli, in die suidelike voorstede van Az Zawiya.

In Bani Walid het stamleiers besluit om nie oor te gee nie, en selfversekerd van hul vermoë, die stad te verdedig teen die NAVO-aanval.

Daar is teenstrydige inligting oor die sterkte van die rebelleleër rondom die stad. Woensdag het ‘n aanval op NAVO glo honderde rebellelewens geëis.

‘N NAVO-konvooi is aangeval by Tarragon waarby 14 rebelle gedood is. Die bombardement op Sirte hou steeds aan. ITAR-TASS het berig dat oorlogsmisdade deur die rebelle in Az Zawiya gepleeg word. 

In Benghazi neem die onenigheid glo tussen stamme, moslems en huurlinge uit die Midde-Ooste toe. Daar is berigte oor gevegte tussen verskillende rebellegroepe en selfs oor NAVO-lugaanvalle teen rebelle uit Benghazi.

Moontlik sluit die stam van Cyrenaica hom aan by die res van die stamme wat die Jamahiriya (Sosialistiese Stelsel van Gaddafi) ondersteun. 

Algerië stuur ook steeds humanitêre hulp na Libië. Siriese en Algerynse kuberkrakers het intussen ‘n Ddos-aanval op die webwerf van Al Jazeera geloods. Owerhede van Sentraal-Afrika, waaronder Mali en Niger, het hul kommer uitgespreek oor die verwikkelinge.

In die pas afgelope 72 uur is ten minste 128 rebelle deur lojaliste van Gaddafi doodgemaak, en 25 voertuie waaronder twee tenks, is vernietig. Uit verskillende ramings blyk dit dat ongeveer 70 tot 80 persent van Libiese grondgebied in die
besit van die stamme is wat lojaal aan Gaddafi is.

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae