Magmoed Abbas, het gesê hy is vasbeslote om ‘n stemming oor die Palestynse staat by die VN later hierdie maand af te dwing, ongeag die intense diplomatieke druk op die veteraan-Palestynse leier deur Israel en die VSA.
“Wat ook al die druk is, ek dink ons gaan na die VN. . . hierdie maand om ons aansoek om lidmaatskap van die VN in te dien,” het hy Donderdag aan buitelandse joernaliste gesê. Die Palestynse president het gesê hy wil nie “konfrontasie” met die VSA of Israel uitlok nie, maar het toegegee dat die twee lande ‘n “boikot” of “sanksies” teen die Palestynse Owerheid kan oorweeg as gevolg van die VN-skuif.
Amerikaanse diplomate in die streek het ‘n laaste wanhopige poging aangewend om Palestynse en Israeliese leiers terug na die onderhandelingstafel te bring, en so te verhoed dat ‘n verdelende stem by die VN later hierdie maand uitgebring word.
Abbas het dit egter duidelik gemaak dat hy sou instem tot ‘n nuwe ronde van die vredesonderhandelinge slegs nadat ‘n VN-stem uitgebring is: “Ons sal eers na die VN gaan en dan sal ons weer terugkom om te praat,” het hy gesê.
In kommentaar wat waarskynlik die Israeliese kommer oor die diplomatieke skuif verhoog, het die Palestynse president ook die moontlikheid van regstappe teen Israeliese amptenare en soldate deur die Internasionale Strafhof geopper ná die stem by die VN. “Ek wil nie na die ISH gaan nie,” het Abbas gesê. Maar, het hy bygevoeg, die Palestyne sal “verplig” wees om te gaan as hulle “aanvalle” van Israel in die toekoms in die gesig staar.
Abbas het ook geïmpliseer dat die VN se aanvaarding van die Palestynse staat dit makliker sal maak om druk uit te oefen op Israel om “die besetting van die Wes-Bank te beëindig”.
Diplomate en amptenare sê dit kan gebeur, soos voorgestel deur Abbas, dat daar deur middel van ‘n formele versoek aan die VN-Veiligheidsraad ‘n staat tot stand kom as Palestina aanvaar word as ‘n volwaardige lidstaat.
Maar die VSA het reeds beloof om so ‘n aansoek te veto.
Afsonderlik, kan die Palestyne die VN se Algemene Vergadering versoek om hul status van dié van ‘n nie-lid “waarnemer entiteit” tot “waarnemer staat” op te gradeer. Hulle kan hierdie skuif maak op dieselfde tyd as die vraag vir volle lidmaatskap as ‘n staat.
Abbas sal, in elk geval, na verwagting die VN se Algemene Vergadering op 23 September toespreek.
‘n Senior Israeliese militêre amptenaar sê die lugmag het ‘n spesiale eenheid van onbemande tuie ontplooi langs die lang, poreuse grens met Egipte nadat militante die grens oorgesteek het en agt Israeli’s verlede maand gedood het.
Israel het intussen ‘n vergelyking tussen hule eie militêre slaankrag en dié van Turkye bekend gemaak.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.