praag.co.za

Rugby sal sonder Afrikamusiek gespeel word

Die eentonige blaasinstrument wat Afrika se sportondersteuning kenmerk, die vuvuzela, sal nie by Nieu-Seeland se Wêreldbeker-stadions toegelaat word nie.

Dié instrument is een van verskeie items wat nie by die rugby-toernooi toegelaat sal word nie. Toeskouers mag ook nie fluitjies, sambrele, rolskaatse, meubels en motoronderdele saambring om ruby te kyk nie.

Toernooi-beamptes mag ook hul “eie oordeel” gebruik en enige voorwerp wat “beserings kan veroorsaak of ‘n openbare las kan wees” by stadions verbied.

Die 2011 rugby-wêreldbekerskouspel se amptelike openingsplegtigheid begin vandag op Eden Park in Auckland, Nieu-Seeland. Altesaam 20 lande gaan tydens die toernooi in aksie wees.

Die All Blacks sal ná die opening in die eerste wedstryd in Groep A van die reeks teen Tonga te staan kom. Adjunk-president Kgalema Motlanthe is op ‘n besoek van drie dae aan Nieu-Seeland en sal die opening bywoon.

Namibië speel môre in Roturoa teen Fidji en die Springbokke kom Sondag in Wellington teen Wallis te staan. Albei die wedstryde is in Groep D.

Die Klere- en Tekstielwerkersunie – SACTWU – sê intussen hy wil met die Suid-Afrikaanse Rugby-unie vergader om te verseker dat die vervaardiging van Springbok rugby-klere hier geskied. Die vakbond het SARU se bewering dat die meeste Springbok-trui replikas plaaslik vervaardig word, verwerp.

Лобановский Харьков

Comments

Leave a Reply