Volgens Zille, is die dwelm-en alkohol verslawingskrisis in die Wes-Kaap erger as MIV/vigs of enige ander openbare gesondheidsuitdaging.
“Ek wil graag met die president in terme van die Grondwet en die Rampbestuurswet vergader oor wat ons kan doen om te fokus op die krisis op hande en die oorsake van geweldsmisdaad in die Wes-Kaap: Dwelm-en alkoholmisbruik. Nooit vantevore het ons so ‘n groei van ‘n pandemie gesien nie,” het sy gesê.
“Ten minste 80% van geweldsmisdaad in die Wes-Kaap het ‘n skakel na dwelms en alkohol,” het Zille gesê. Sy het gesê sy wil dwelmtoetsing verpligtend vir skole maak.
Zille en die LUR vir gemeenskapsveiligheid Dan Plato was insgelyks Donderdag in Pretoria om die media toe te spreek. Hulle was nie teenwoordig by die bekendmaking van misdaadstatistiek deur minister van polisie, Nathi Mthethwa, nie, en het daartydens ‘n DA-perskonferensie ‘n paar blokke van die regering se mediabyeenkoms gehou.
Volgens waarnemers het die DA op dié stap besluit omdat hulle graag die aandag van die groeiende probleem van plaasmoorde, wat ter sprake sou kom by die minister van polisie se mediakonferensie, wil aflei.
Ten spyte van ‘n 6,5% afname in die moordkoers nasionaal, het Plato gesê hulle is bekommerd oor die Wes-Kaap, waar daar ‘n toename in moord, poging tot moord en dwelm-verwante misdaad was. Nie Plato of Zille het verantwoordelikheid vir die toename in hul eie provinsie geneem nie, en dit op die ANC afgeskuif.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.