Edele barbare smul glo aan Duitse toeris

Kannibale het ‘n Duitse seiljagvaarder na bewering geëet tydens sy besoek aan ‘n Suid-See-eiland.

Die oorblyfsels in die kole van ‘n kampvuur kan blykbaar dié van 40-jarige Duitse maatskappyadviseur Stefan Ramin wees, sê ondersoekers.

Hy het glo gereël om ‘n tradisionele bokkejag in die bos by Nuku HIVA in Frans-Polinesië mee te maak.

Sy vriendin Heike Dorsch, 37, sê dat sy hom met ‘n plaaslike gids gesien gaan, bekend as Henri Haiti. Slegs die gids het teruggekeer, sê sy.

Voordat sy haar eggenoot kon gaan soek, is sy deur Haiti vasgeketting aan ‘n boom en seksueel misbruik.

Sy het ure later daarin geslaag om te ontsnap om owerhede te waarsku, en hulle het ‘n sewe-dag-soektog na Ramin van stapel gestuur.

Verlede week, is die as van ‘n kampvuur in ‘n vallei gevind deur ‘n groep van 22 polisiebeamptes. Onder die kole is bene van ‘n kakebeen, tande en gesmelte metaal – glo stopsels – gevind.

Ondersoekers glo ‘n “menslike liggaam is in stukkies gekap en verbrand”.

Die oorskot is na ‘n hospitaal in Papeete, die hoofstad van die Frans-Polinesië, en van daar na Parys vir DNS-analise gebring.

Dit was in 2008 dat Ramin, van Haselau Schleswig-Holstein, Noord-Duitsland, sy vaart om die wêreld in ‘n katamaran met Dorsch begin het.

Die egpaar het ‘n aanlynblog gebruik om hul vordering te rapporteer aan vriende en familie.

Verlede maand het hulle anker gegooi in Nuku HIVA, grootste van die Marquesas-eilande wat oor die eeue heen in baie verslae van kannibalisme opgeteken is.

Die Duitse koerant Bild het gesê Haiti was “vermoedelik ‘n kannibaal”.

Kannibalisme is feitlik ongehoord in die moderne wêreld. Die Korowai van Papoea-Nieu-Guinee is een van die laaste oorlewende stamme wat mense eet as ‘n kulturele praktyk.

Sowat 3 000 van hulle leef in ‘n gebied so afgesonder dat hulle onbewus van die bestaan ​​van enigeen buiten hulself tot 1970 was.

Die Korowai eet glo die brein onmiddellik, terwyl dit nog warm is.

лобановский александр фото

Wie sit agter die opstande wêreldwyd?

Beset LSX oftewel beset die Beurs van Londen! Dit is maar die jongste van ‘n groeiende aantal besettingbewegings regoor die wêreld, insluitend dié in New York.

“In Londen, sal ons die Effektebeurs beset. Om die finansiële stelsel oor te neem en dit gebruik om idees te skep vir hoe ons kan werk aan ‘n beter toekoms. ‘n Toekoms sonder groeiende ongelykheid, werkloosheid, belastingonreg en ‘n ​​politieke elite wat sy burgers ignoreer.” So lui die besware van die groep betogers wat dié week die Britse hoofstad se finansiële sentrum oorgeneem het.

Beset LSX wil ook ander stede in die land teiken, insluitend Worcester, Nottingham, Edinburgh, Liverpool en Bristol.

Die Londense protes is geïnspireer deur die VSA se Occupy Wall Street en Spanje se “verontwaardigde” beweging.

Duisende mense het ook die strate oorgeneem in Sydney, Hong Kong, Tokio, en Rome.

Die organiseerders, wat swaar op Facebook en Twitter steun, sê betogings sal ook gehou word in 951 stede regoor die 82 lande in Europa, Noord-Amerika, Latyns-Amerika, Asië en Afrika.

Die “verontwaardigde” protes is vir die eerste keer in Spanje gehou, wat met ‘n werkloosheidskoers van 46,1 persent vir 16-24 jariges worstel.

Aktiviste het vir ‘n maand lank kamp in Madrid se Puerta del Sol opgeslaan. Die beweging het daarna na die VSA en Europa versprei.

Anti-Wallstraatbetogers sê die rykes raak ryker, terwyl die gemiddelde Amerikaners ly. Die groep betogers kan egter een van die wêreld se rykste mans bedank vir sy geldelike steun.

Daar is baie spekulasie oor die finansiering van die protes, wat ook na die stede regoor Amerika versprei het en byna vier weke geduur het. Een naam wat veral opduik is dié van die belegger George Soros, wat in September op die top 10-lys van die rykste Amerikaners was.

Konserwatiewe kritici beweer die beweging is ‘n Trojaanse perd vir ‘n geheime Soros-agenda.

Soros en die betogers ontken enige verband. Maar Reuters het indirekte finansiële bande tussen Soros en Adbusters, ‘n anti-kapitalistiese groep in Kanada, wat die protes met ‘n vindingryke bemarkingsveldtog begin het, ontdek.

Hulle sê hulle wou ‘n Arabiese Lente-tipe opstand teen Wallstraat voer.

Soros en die protesteerders deel voorts ‘n paar ideologiese grondbeginsels.

“Ek kan hulle sentiment verstaan​​,” het Soros aan verslaggewers verlede week by die Verenigde Nasies oor die Occupy Wall Street-beweging gesê.

Die Amerikaanse Konserwatiewe radiopersoonlikheid Rush Limbaugh het dit opgesom toe hy sy luisteraars ook verlede week vertel het, “George Soros se geld sit agter dit.”

Soros, 81, is nr 7 op die Forbes 400-lys met ‘n fortuin van $22 miljard. Sy Open Society Foundation steun ook talle inisiatiewe in Suid-Afrika.

Данильченео

Boeke gratis

Die geboorteplek van die drukmedia het openbare boekrakke op straathoeke, stadspleine en supermarkte staangemaak. 

By dié “biblioteke,” wat gratis vir algar is, kan mense enige boek neem en enige boek agterlaat vir ander om te lees.

Daar is geen registrasieproses nie, geen datum waarteen die boek teruggegee moet word nie en jy kan soveel neem of gee soos wat jy wil.

“Hierdie projek is gemik op almal wat daarvan hou om te lees, sonder beperkings op ouderdom en opleiding. Dit is oop vir almal,” het Michael Aubermann, een van die organiseerders, aan Associated Press gesê.

Die stad se jongste boekrak, wat €5 000 gekos het, is ‘n staalrak met glasdeure en is twee weke gelede langs Bayenturm, een van die stad se Middeleeuse torings, opgerig.

Dit is die vierde gratis boekrak wat Aubermann se groep, die Keulse Burgertrust, in die stad opgerig het. Twee ander is ook in Ikea-winkels geplaas.

“Ons het ons ander buitemuurse rakke verlede jaar ingesit en dit werk regtig goed,” het Aubermann, ‘n 44-jarige wat in IT-bestuur werk, gesê.

Die openbare boekrakke, wat gewoonlik deur donasies gefinansier word en deur plaaslike vrywilligergroepe bestuur word, is onafhanklik van mekaar in verskeie stede oor Duitsland opgerig, insluitende Berlyn, Hannover en Bonn.

Elke rak het sowat 200 boeke en dit neem gewoonlik sowat twee weke vir die rak om heeltemal met nuwe titels vervang te word, het hy gesê.

Mense neem dikwels meer boeke as wat hulle terugsit, maar dit lyk nie asof die uitgewers en aanlynboekverkpers gepla is nie, en hulle ondersteun die gedagte.

Daar was natuurlik al vergrype soos een lid van die publiek wat al die boeke geneem het en by ‘n vlooimark gaan verkoop het.

Uitgewers sê hulle beskou dit as ‘n promosie en nie ‘n kompetisie nie. Hulle kla egter dat godsdienstige groepe die rakke misbruik en boeke verwyder om hul eie eng godsdienstige idees te probeer versprei, maar sulke boeke word glo dadelik verwyder.

Rassistiese en prekerige boeke word ook glo afgehaal.

Fiksie, reisgidse, speurverhale en selfhelpboeke is die gewildste. Klassieke werke word ook op die rak geplaas.

александр лобановский класс

Taalkennis gaan immigrante uithou, sê Franse

Reëls oor immigrasie in Frankryk gaan verskerp word en toekomstige burgers van dié land sal voortaan skriftelike bewyse moet indien om te bewys dat hulle goed genoeg Frans kan praat om oor die weg te kom in hulle daaglikse handel-en-wandel.

Die nuwe reëls is in die regering se amptelike koerant aangekondig. Dit vereis van kandidate vir moontlike burgerskap om te bewys dat “kennis van die Franse taal van so ‘n aard is dat hulle daaglikse lewens bestuur kan word.”

Voorheen is kandidate se taalkennis getoets deur onderhoude met regeringsbeamptes. Daar word nou vereis dat bewyse van Franse taalkennis ingedien moet word deur middel van ‘n “diploma of ‘n sertifikaat wat deur ‘n staatserkende organisasie verskaf is”.

Die nuwe reëls sal vanaf Januarie 2012 geld.

Данильченко Харьков

Fout kan einde van BlackBerry beteken

BlackBerry-gebruikers het Woensdag vir ‘n derde dag geen selfooninternetontvangs gehad nie. 

Dié swak diens kan dalk die einde van BlackBerry beteken, berig Eyewitness News.

Research in Motion (RIM), die vervaardigers van BlackBerry, het Woensdag in ‘n verklaring gesê ‘n “sentrale oorskakelingsfout” in sy infrastruktuur het veroorsaak dat miljoene BlackBerry-gebruikers sedert Maandagoggend geen of gebrekkige toegang tot e-pos, internet en BlackBerry Messenger (BBM) het.

Meer as 10 miljoen gebruikers in Afrika, Europa, die Midde-Ooste, Indië, Brasilië, Chili en Argentinië sukkel nou al drie dae lank sodoende om boodskappe te stuur of te ontvang.

RIM het gesê hulle werk aan die agterstand wat boodskappe in vier kontinente laat stol het. Slegs ontvangs in Noord-Amerika en die lande van die Stille Oseaan werk tans.

RIM sê: “Ons stelsel is ontwerp om met ‘n fout outomaties na ‘n rugsteun oor te skakel, maar die rugsteun-funksie het nie gewerk soos dit moes nie.”

BlackBerry se netwerk stuur alle e-posse en BBM-boodskappe deur BlackBerry se eie bedieners na netwerk-operasiesentrums. Slimfone soos iPhones en Google se Android-fone het nie dieselfde probleem nie.

RIM het geen aanduiding gegee van wanneer sy dienste weer herstel sal word nie.

Фильчаков прокурор харьков

VSA beskuldig Iran van ou komplot

Die Verenigde State het Iran Dinsdag daarvan beskuldig dat hulle die Saoedi-ambassadeur in Washington wou vermoor. Dié aantyging het die stygende spanning verder laat klim en ‘n perdebynes in die Midde-Ooste oopgekrap, waar Saoedi-Arabië en Iran vir baasskap wedywer.

Ontleders is egter skepties oor die tydsberekening van die onthulling, aangesien Obama reeds in Junie ingelig is oor die beweerde komplot.

Amerikaanse owerhede het gesê hulle het die sameswering deur twee mans wat gekoppel word aan Iran se sekuriteitsagentskappe om die Saoedi-ambassadeur Adel al-Jubeir te vermoor, oopgevlek. Een is verlede maand in hegtenis geneem terwyl die ander een glo in Iran skuil.

Iran ontken die aanklagte. Maar President Barack Obama het die komplot ‘n “flagrante skending van die VSA en die internasionale reg” genoem en Saoedi-Arabië, het gesê dit is “veragtelik.”

Die onthulling van die beweerde komplot, en die oënskynlike direkte bande met die Teheran-bewind, het die potensiaal om die spanning in die Midde-Ooste tot breekpunt te dryf.

Hillary Clinton, het in ‘n onderhoud met Reuters die hoop uitgespreek dat die lande wat voorheen geskroom het om die bestaande sanksies af te dwing teen Iran, nou “die ekstra myl” sal loop.

Op ‘n nuuskonferensie het die FBI se direkteur Robert Mueller gesê die intrige wat Meksikaanse dwelmgeld wou gebruik om die ambassadeur in ‘n restaurant van Washington op te blaas, kon uit ‘n Hollywood-film gewees het.

Die Amerikaanse prokureur-generaal Eric Holder beweer die komplot was die werk van die Islamitiese Revolusionêre Wag, die voog van Iran se rewolusie, en die Quds-magte, sy koverte operasionele arm.

Amerikaanse amptenare het die twee vermeende moordenaars geïdentifiseer as Gholam Shakuri, ‘n lid van die Quds-magte, en Manssor Arbabsiar, wat op 29 September in hegtenis geneem is toe hy by die John F. Kennedy Internasionale Lughawe aangekom het uit Mexiko.

Arbabsiar, 56, is ‘n genaturaliseerde VSA-burger en besit ‘n Iranse paspoort.

Amerikaanse amptenare het egter gesê dat die Saoedi-ambassadeur, Al-Jubeir, wat naby aan koning Abdullah bin Abdul-Aziz is en sedert 2007 in sy pos, was nooit in gevaar nie. President Barack Obama is in Junie ingelig oor die beweerde komplot en deur ‘n woordvoerder bedank dat die Amerikaners die poging gefnuik het.

Die sluipmoordkomplot is reeds in Mei 2011 oopgevlek toe Arbabsiar ‘n individu in Mexiko genader het wat ‘n informant vir die Amerikaanse Drug Enforcement Administration was.

Фильчаков прокурор харькова

Iran lag Amerikaanse aantyging af

Teheran het aantygings deur Amerika dat hulle betrokke is by die beplande sluipmoord op die Saoediese ambassadeur in die VSA ontken.

Hulle het die aantygings as ‘n “nuwe anti-Iran scenario” beskryf.

Volgens dié aantygings het die regering in Teheran die bevel vir die sluipmoord gegee, het ‘n amptenaar van die regering volgens die amptelike nuusagentskap in Iran (IRNA) gesê.

‘n Tweede Iranse nuusagentskap het die aantygings as “belaglik” uitgemaak.

“Amerika het met ‘n nuwe rondte sielkunde oorlogvoering begin omdat Iran afwyk van wêreld-opinie, maar die aantygings is werklik belaglik,” het die nuusagentskap Mehr berig.

Mehr het bygevoeg dat die aantyging dat ‘n Iranse individu wat in hegtenis geneem is bande met die regering in Teheran het, verregaande is.

Фільчаков прокурор

Irak dreig om bande met VSA te verbreek

Bagdad dreig om sy militêre bande met Washington aan die einde van hierdie jaar te verbreek en privaatkontrakteurs te gebruik om sy gewapende magte op te lei. Die twee kante sukkel om ooreen te kom oor ‘n klein aantal Amerikaanse troepe wat in Irak sal aanbly nadat die VSA onttrek het.

Die twee partye het in beginsel ooreengekom dat ‘n paar duisend Amerikaanse troepe in Irak aan die einde van die jaar moet aanbly, maar hulle het vasgeval oor of Amerikaanse troepe immuniteit van vervolging sal geniet indien hulle misdade pleeg.

Die Irakse regering het reeds die opleiding van vlieëniers met Lockheed Martin uitgeklaar. Hulle het onlangs F-16’s aangekoop, het Ali al-Dabbagh, Irakse regeringswoordvoerder, Maandag gesê.

“As ons [militêre] toerusting koop, is daar ‘n moontlikheid dat … opleiding vorentoe” op “kommersiële” terme sal geskied, het hy gesê in ‘n onderhoud by ‘n Wêreld Ekonomiese Forum-geleentheid in Abu Dhabi.

Kommersiële opleiding sal egter onwaarskynlik die omvang van wat die VSA kan bied kan dupliseer. Irakese en Amerikaanse amptenare voer reeds maande lank gesprekke oor ‘n voortgesette teenwoordigheid as die missie op 31 Desember sluit.

“Ons is gereed om die opsies wat beskikbaar is sonder  immuniteit te bespreek,” het mnr Dabbagh gesê

Maar immuniteit van vervolging onder plaaslike wetgewing is deel van alle Amerikaanse troepe se “status van magte ooreenkomste” (die sogenaamde Sofa) met gasheerlande, insluitend Japan, Suid-Korea, Duitsland en Irak.

Die ooreenkomste stipuleer dat die plaaslike howe nie Amerikaanse militêre personeel vir misdade, insluitend dié wat met voorbedagte rade gepleeg is, kan vervolg nie.

Dit is omstrede in baie gasheerlande, soos Japan, waar die Amerikaanse soldate van verkragting beskuldig word op die eiland Okinawa.

Die Pentagon het gesê dat hulle die Irakse standpunt oorweeg. “As ‘n algemene beginsel, het die VSA se troepe oorsee toepaslike wetlike beskerming nodig,” het ‘n woordvoerder gesê.

Фильчаков прокурор

Geweld teen Christene in Egipte veroordeel

Die dood van minstens 25 Koptiese Christene wat die afgelope naweek in Kaïro in geweld gesterf het, het Maandag ernstige kommer in Amerika en in Europa gewek. Spanning in Egipte tussen godsdiensgroepe is aan die oplaai.

Die slagoffers is Sondag dood toe Egiptiese soldate met pantservoertuie onder ‘n groep Koptiese betogers buite die nasionale TV-sentrum ingejaag het.

Meer as 270 ander is toe ernstig beseer.

Verskeie van die betogers is in hegtenis geneem en sal binnekort voor militêre howe verskyn.

Dit was die ergste geweld in Egipte sedert oudpres. Hosni Mubarak in Februarie vanjaar in ‘n volskaalse straatrevolusie sy amp gedwonge moes neerlê.

Die tussentydse Egiptiese eerste minister, Essam Sharaf, het Maandag in opdrag van die regerende militêre raad ‘n dringende ondersoek na die voorval gelas.

Die Koptiese betogers het in hul protesoptog beswaar aangeteken teen wat hulle bestempel het as volgehoue diskriminasie teen en aanvalle op hul kerke deur Islamitiese ekstremiste, onder wie die Salafiste en die Moslem-broederskap.

Sommige waarnemers wil dit hê dat die opstand teen Mubarak in Februarie sy oorsprong onder meer gehad het in beskuldigings deur Moslem-aktiviste dat hy die Koptiese kerk beskerm.

Verskeie Christene is op Kersdag in Desember en vroeg Januarie vanjaar in bomaanvalle op kerke in Heliopolis en in die middestad van Kaïro dood en beseer.

Die betoging Sondag in Kaïro was die gevolg van ‘n aanval verlede week deur Moslem-ekstremiste op ‘n Koptiese kerk in Aswan in die suide van Egipte.

Sowel Amerika as die Europese Unie het Maandag ‘n beroep op die Egiptiese owerheid gedoen om selfbeheersing aan die dag te lê.

Hulle het hul kommer uitgespreek oor die impak wat die onrus en gesê as dit voortduur, sal parlementêre verkiesings wat vanjaar nog in Egipte moet plaasvind, negatief geraak word.

Sowat 10% van Egipte se 80 miljoen mense is Christene, en die meeste daarvan is lidmate van die Koptiese Kerk.

Фильчаков

Ier wat swarte skel, tronk toe

‘n Ier is twee maande gevangenisstraf opgelê in die Dublin-distrikshof nadat hy rassistiese aanmerkings teenoor ‘n swart Suid-Afrikaanse verkiesingskandidaat gemaak het, het die plaaslike media berig.

Michael Walsh (61) se vonnis is Vrydag opgelê nadat hy vroeër die onafhanklike kandidaat Patrick Maphose (43) aangesê het om “van sy straat af te kom”. Hy het ook gesê “swart mense maak hom siek”, het Ierland se Herald-koerant berig.

Walsh ontken die aantygings en dring daarop aan dat hy bloot aan Maphoso gesê het om te “f**of”, aangesien hy ‘n afkeer van alle politici het.

Die hof in Dublin het gehoor hy het sy opmerking gemaak in dieselfde tyd dat ‘n buurman, Michael Lawlor (28), na bewering gedreig het om Maphoso te skiet. Lawlor is sedertdien oorlede.

Walsh is daaraan skuldig bevind dat hy op 28 April 2009 dreigende en beledigende gedrag openbaar het. Hy het onskuldig gepleit, het die Herald berig.

Maphoso het in Mei aan Sapa gesê hy was ‘n aktivis teen apartheid. Hy het die strafregtelike klag teen die twee mans aanhangig gemaak.

Hy is sedert 2001 in Ierland en het ‘n sekuriteitsmaatskappy bestuur. Hy is ‘n Suid-Afrikaanse burger en ‘n “Ierse inwoner”. Die land se wette laat buitelanders toe om hulself vir plaaslike raadsverkiesings beskikbaar te stel.

topcargo отзывы сотрудников