Teheran het aantygings deur Amerika dat hulle betrokke is by die beplande sluipmoord op die Saoediese ambassadeur in die VSA ontken.
Hulle het die aantygings as ‘n “nuwe anti-Iran scenario” beskryf.
Volgens dié aantygings het die regering in Teheran die bevel vir die sluipmoord gegee, het ‘n amptenaar van die regering volgens die amptelike nuusagentskap in Iran (IRNA) gesê.
‘n Tweede Iranse nuusagentskap het die aantygings as “belaglik” uitgemaak.
“Amerika het met ‘n nuwe rondte sielkunde oorlogvoering begin omdat Iran afwyk van wêreld-opinie, maar die aantygings is werklik belaglik,” het die nuusagentskap Mehr berig.
Mehr het bygevoeg dat die aantyging dat ‘n Iranse individu wat in hegtenis geneem is bande met die regering in Teheran het, verregaande is.
