VSA beskuldig Iran van ou komplot

Die Verenigde State het Iran Dinsdag daarvan beskuldig dat hulle die Saoedi-ambassadeur in Washington wou vermoor. Dié aantyging het die stygende spanning verder laat klim en ‘n perdebynes in die Midde-Ooste oopgekrap, waar Saoedi-Arabië en Iran vir baasskap wedywer.

Ontleders is egter skepties oor die tydsberekening van die onthulling, aangesien Obama reeds in Junie ingelig is oor die beweerde komplot.

Amerikaanse owerhede het gesê hulle het die sameswering deur twee mans wat gekoppel word aan Iran se sekuriteitsagentskappe om die Saoedi-ambassadeur Adel al-Jubeir te vermoor, oopgevlek. Een is verlede maand in hegtenis geneem terwyl die ander een glo in Iran skuil.

Iran ontken die aanklagte. Maar President Barack Obama het die komplot ‘n “flagrante skending van die VSA en die internasionale reg” genoem en Saoedi-Arabië, het gesê dit is “veragtelik.”

Die onthulling van die beweerde komplot, en die oënskynlike direkte bande met die Teheran-bewind, het die potensiaal om die spanning in die Midde-Ooste tot breekpunt te dryf.

Hillary Clinton, het in ‘n onderhoud met Reuters die hoop uitgespreek dat die lande wat voorheen geskroom het om die bestaande sanksies af te dwing teen Iran, nou “die ekstra myl” sal loop.

Op ‘n nuuskonferensie het die FBI se direkteur Robert Mueller gesê die intrige wat Meksikaanse dwelmgeld wou gebruik om die ambassadeur in ‘n restaurant van Washington op te blaas, kon uit ‘n Hollywood-film gewees het.

Die Amerikaanse prokureur-generaal Eric Holder beweer die komplot was die werk van die Islamitiese Revolusionêre Wag, die voog van Iran se rewolusie, en die Quds-magte, sy koverte operasionele arm.

Amerikaanse amptenare het die twee vermeende moordenaars geïdentifiseer as Gholam Shakuri, ‘n lid van die Quds-magte, en Manssor Arbabsiar, wat op 29 September in hegtenis geneem is toe hy by die John F. Kennedy Internasionale Lughawe aangekom het uit Mexiko.

Arbabsiar, 56, is ‘n genaturaliseerde VSA-burger en besit ‘n Iranse paspoort.

Amerikaanse amptenare het egter gesê dat die Saoedi-ambassadeur, Al-Jubeir, wat naby aan koning Abdullah bin Abdul-Aziz is en sedert 2007 in sy pos, was nooit in gevaar nie. President Barack Obama is in Junie ingelig oor die beweerde komplot en deur ‘n woordvoerder bedank dat die Amerikaners die poging gefnuik het.

Die sluipmoordkomplot is reeds in Mei 2011 oopgevlek toe Arbabsiar ‘n individu in Mexiko genader het wat ‘n informant vir die Amerikaanse Drug Enforcement Administration was.

Фильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae