Irak dreig om bande met VSA te verbreek

Bagdad dreig om sy militêre bande met Washington aan die einde van hierdie jaar te verbreek en privaatkontrakteurs te gebruik om sy gewapende magte op te lei. Die twee kante sukkel om ooreen te kom oor ‘n klein aantal Amerikaanse troepe wat in Irak sal aanbly nadat die VSA onttrek het.

Die twee partye het in beginsel ooreengekom dat ‘n paar duisend Amerikaanse troepe in Irak aan die einde van die jaar moet aanbly, maar hulle het vasgeval oor of Amerikaanse troepe immuniteit van vervolging sal geniet indien hulle misdade pleeg.

Die Irakse regering het reeds die opleiding van vlieëniers met Lockheed Martin uitgeklaar. Hulle het onlangs F-16’s aangekoop, het Ali al-Dabbagh, Irakse regeringswoordvoerder, Maandag gesê.

“As ons [militêre] toerusting koop, is daar ‘n moontlikheid dat … opleiding vorentoe” op “kommersiële” terme sal geskied, het hy gesê in ‘n onderhoud by ‘n Wêreld Ekonomiese Forum-geleentheid in Abu Dhabi.

Kommersiële opleiding sal egter onwaarskynlik die omvang van wat die VSA kan bied kan dupliseer. Irakese en Amerikaanse amptenare voer reeds maande lank gesprekke oor ‘n voortgesette teenwoordigheid as die missie op 31 Desember sluit.

“Ons is gereed om die opsies wat beskikbaar is sonder  immuniteit te bespreek,” het mnr Dabbagh gesê

Maar immuniteit van vervolging onder plaaslike wetgewing is deel van alle Amerikaanse troepe se “status van magte ooreenkomste” (die sogenaamde Sofa) met gasheerlande, insluitend Japan, Suid-Korea, Duitsland en Irak.

Die ooreenkomste stipuleer dat die plaaslike howe nie Amerikaanse militêre personeel vir misdade, insluitend dié wat met voorbedagte rade gepleeg is, kan vervolg nie.

Dit is omstrede in baie gasheerlande, soos Japan, waar die Amerikaanse soldate van verkragting beskuldig word op die eiland Okinawa.

Die Pentagon het gesê dat hulle die Irakse standpunt oorweeg. “As ‘n algemene beginsel, het die VSA se troepe oorsee toepaslike wetlike beskerming nodig,” het ‘n woordvoerder gesê.

Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae