Reëls oor immigrasie in Frankryk gaan verskerp word en toekomstige burgers van dié land sal voortaan skriftelike bewyse moet indien om te bewys dat hulle goed genoeg Frans kan praat om oor die weg te kom in hulle daaglikse handel-en-wandel.
Die nuwe reëls is in die regering se amptelike koerant aangekondig. Dit vereis van kandidate vir moontlike burgerskap om te bewys dat “kennis van die Franse taal van so ‘n aard is dat hulle daaglikse lewens bestuur kan word.”
Voorheen is kandidate se taalkennis getoets deur onderhoude met regeringsbeamptes. Daar word nou vereis dat bewyse van Franse taalkennis ingedien moet word deur middel van ‘n “diploma of ‘n sertifikaat wat deur ‘n staatserkende organisasie verskaf is”.
Die nuwe reëls sal vanaf Januarie 2012 geld.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.