praag.co.za

Fout kan einde van BlackBerry beteken

BlackBerry-gebruikers het Woensdag vir ‘n derde dag geen selfooninternetontvangs gehad nie. 

Dié swak diens kan dalk die einde van BlackBerry beteken, berig Eyewitness News.

Research in Motion (RIM), die vervaardigers van BlackBerry, het Woensdag in ‘n verklaring gesê ‘n “sentrale oorskakelingsfout” in sy infrastruktuur het veroorsaak dat miljoene BlackBerry-gebruikers sedert Maandagoggend geen of gebrekkige toegang tot e-pos, internet en BlackBerry Messenger (BBM) het.

Meer as 10 miljoen gebruikers in Afrika, Europa, die Midde-Ooste, Indië, Brasilië, Chili en Argentinië sukkel nou al drie dae lank sodoende om boodskappe te stuur of te ontvang.

RIM het gesê hulle werk aan die agterstand wat boodskappe in vier kontinente laat stol het. Slegs ontvangs in Noord-Amerika en die lande van die Stille Oseaan werk tans.

RIM sê: “Ons stelsel is ontwerp om met ‘n fout outomaties na ‘n rugsteun oor te skakel, maar die rugsteun-funksie het nie gewerk soos dit moes nie.”

BlackBerry se netwerk stuur alle e-posse en BBM-boodskappe deur BlackBerry se eie bedieners na netwerk-operasiesentrums. Slimfone soos iPhones en Google se Android-fone het nie dieselfde probleem nie.

RIM het geen aanduiding gegee van wanneer sy dienste weer herstel sal word nie.

Фильчаков прокурор харьков

Comments

Leave a Reply