Die oorblyfsels in die kole van ‘n kampvuur kan blykbaar dié van 40-jarige Duitse maatskappyadviseur Stefan Ramin wees, sê ondersoekers.
Hy het glo gereël om ‘n tradisionele bokkejag in die bos by Nuku HIVA in Frans-Polinesië mee te maak.
Sy vriendin Heike Dorsch, 37, sê dat sy hom met ‘n plaaslike gids gesien gaan, bekend as Henri Haiti. Slegs die gids het teruggekeer, sê sy.
Voordat sy haar eggenoot kon gaan soek, is sy deur Haiti vasgeketting aan ‘n boom en seksueel misbruik.
Sy het ure later daarin geslaag om te ontsnap om owerhede te waarsku, en hulle het ‘n sewe-dag-soektog na Ramin van stapel gestuur.
Verlede week, is die as van ‘n kampvuur in ‘n vallei gevind deur ‘n groep van 22 polisiebeamptes. Onder die kole is bene van ‘n kakebeen, tande en gesmelte metaal – glo stopsels – gevind.
Ondersoekers glo ‘n “menslike liggaam is in stukkies gekap en verbrand”.
Die oorskot is na ‘n hospitaal in Papeete, die hoofstad van die Frans-Polinesië, en van daar na Parys vir DNS-analise gebring.
Dit was in 2008 dat Ramin, van Haselau Schleswig-Holstein, Noord-Duitsland, sy vaart om die wêreld in ‘n katamaran met Dorsch begin het.
Die egpaar het ‘n aanlynblog gebruik om hul vordering te rapporteer aan vriende en familie.
Verlede maand het hulle anker gegooi in Nuku HIVA, grootste van die Marquesas-eilande wat oor die eeue heen in baie verslae van kannibalisme opgeteken is.
Die Duitse koerant Bild het gesê Haiti was “vermoedelik ‘n kannibaal”.
Kannibalisme is feitlik ongehoord in die moderne wêreld. Die Korowai van Papoea-Nieu-Guinee is een van die laaste oorlewende stamme wat mense eet as ‘n kulturele praktyk.
Sowat 3 000 van hulle leef in ‘n gebied so afgesonder dat hulle onbewus van die bestaan van enigeen buiten hulself tot 1970 was.
Die Korowai eet glo die brein onmiddellik, terwyl dit nog warm is.
