Maar, volgens Die Burger, het Zuma gesê die komplot is gefnuik te danke aan die lojaliteit van sy lyfwagte wat geweier het om die plan uit te voer.
Die Burger het berig dat Zuma Saterdag na die moordkomplot verwys het by die begrafnis van Patrick Maphumulo. Hy het gesê Maphumulo was een van diegene wat geweier het om in die plan in te koop.
Maphumulo, 39, is verlede Sondag in Durban oorlede. Volgens verslae het Maphumulo glo malaria opgedoen op ‘n reis na Khartoem vir die inhuldiging van die president van die nuutgestigte staat van Suid-Soedan.
Maphumulo is deel van die beskermingseenheid van Zuma sedert sy termyn as adjunk-president.
Zuma het gesê toe hy die adjunk-president was, het hy moeilike tye in die gesig gestaar toe alles en elke betroubare persoon teen hom gedraai het.
“Mashimane (Maphumulo se stamnaam) was deel van die BBP-wagte van die adjunk-president.
“In die tyd wou die troueloses inligting oor met wie ek praat of assosieer bekom. Hy en ‘n paar in die lyfwagte van die span het diep kennis van die politiek.
“Hulle het geweier om inligting te gee wanneer hulle meerderes wou weet oor my bewegings,” het Zuma gesê.
“Vir dié weiering is hulle verstoot deur hul seniors en moes sekere voorregte verbeur het, maar hulle het nie geswig nie.”
Zuma het glo in Zoeloe gesê het dat die mense agter die komplot probeer het om uit te vind hoeveel vuurwapens sy wagte het, met die oog daarop om hom dood te maak.
Volgens The Witness, het Zuma se woordvoerder, Zanele Mngadi gesê sy het nie met die president gepraat sodat hy kon verduidelik wie hom wou vermoor en wat die rede daaragter was nie.
