Vermeende misdadiger opgelei as sensusbeampte

Melumzi Hina (32), wat beskuldig word van roof met verswarende omstandighede, kon nie sy verhoor bywoon nie, want hy was vir opleiding om een van Suid-Afrika se sensusamptenare te word lui ‘n berig in The Herald.

Port Elizabeth se streekhoflanddros Kenny Cooney was geskok toe Hini se prokureur met ‘n dokument by die hof opdaag wat aandui dat Hina ‘n kursus bywoon om opgelei te word as sensusbeampte.

Cooney het sy ontsteltenis uitgespreek oor die feit dat ‘n persoon wat belas is met so ‘n ernstige oortreding, in diens geneem kan word deur die staat om huise te besoek ten einde burgers se persoonlike inligting te verkry.

Hy het ook sy kommer uitgespreek oor die siftingsproses wat betrokke is in die aanstelling van die sensusamptenare en opgemerk: “Ek persoonlik sal huiwerig wees om toe te laat dat amptenare toegang tot my huis verkry.”

Die saak is uitgestel tot 21 Februarie.

topcargo отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae