Washington Post steek die Rubicon oor

‘n Advertensievennootskap tussen die Washington Post en een van die Chinese regering se propagandablaaie het vrae laat ontstaan oor die regsimplikasies van buitelandse propaganda onder ‘n Amerikaanse mashoof.

Die probleem is die Post se China Watch-publikasie, ‘n druk- en aanlyn-reklame-bylaag wat voorgee om nuus oor China te lewer. Die webwerf huisves talle artikels en stukke wat die beeld die Chinese regering poets en veral sy menseregterekord in ‘n gloeiende lig stel.

Sommige etiek- en joernalistiekkenners en China-waarnemers sê die vennootskap breek etiese grense en mislei lesers oor die Chinese regering se rekord oor ‘n hele aantal belangrike kwessies.

Die China Watch-webwerf, wat die Washington Post se amptelike mashoof gebruik, lyk soos baie ander aanlynnuuswerwe, met video’s, artikels en skyfievertonings. Net ‘n klein blokkie in die webwerf se regterkantste hoek verklaar: “‘n Betaalde bylaag tot die Washington Post.”

Joernalistiekkenners glo dat die Post aan lesers moet verduidelik wat die presiese aard van sy verhouding met China nou eintlik behels.

“Hulle moet die spreekwoordelike olifant aanspreek in die woonkamer: Waarom ‘n kommunistiese regering se geborgde publikasie?” vra Lois Boynton, ‘n joernalistiek-professor by die Universiteit van Noord-Carolina se Skool vir Joernalistiek en massakommunikasie.

“Dit bring ‘n etiese kwessie na vore,” sê Boynton, wat China Watch al gekritiseer het vir sy doelbewuste verdoeseling van feite.

“Daar is kwessies van deursigtigheid wat verband hou met China Watch,” het sy gesê.

“Lesers kan reg deur hierdie afdeling gaan asof hulle beweeg deur die harde nuus na meer in-diepte verslaggewing, en nooit besef dat hulle oorval word met Chinese regeringspropaganda nie,” sê Stephen Yates, ‘n voormalige nasionale veiligheidsadviseur vir vise-president Dick Cheney.

China Watch se inhoud word hoofsaaklik deur China Daily vervaardig, ‘n Engelse koerant met ‘n onkritiese blik op die Volksrepubliek van China en die Kommunistiese Party oor ‘n verskeidenheid kwessies, insluitende die ekonomie en politiek.

Baie van die skakels op China Watch neem die leser direk na China Daily se webblad. Die webtuiste word bedryf onder ‘n China-domein naam, wat beteken dat die inhoud daarvan erg gereguleer word deur die Kommunistiese Party se sensors.

Volgens bronne het hulle onlangs ‘n swaar gedokterde transkripsie van ‘n onderhoud met die Chinese vise-president Xi Jinping geplaas, waar die Chinese regering “vrae en antwoorde van sy eie” verskaf het en die Amerikaanse publikasie se vrae geïgnoreer het.

Ombudsman Patrick Pexton verwys na dié artikel as “meer persverklaring of propaganda as nuus.”

Die Post se kommunikasie-direkteur, Kris Coratti, verdedig die koerant se advertensie-beleid: “Die afdeling is duidelik gemerk as advertensie sodat ons lesers weet dit is nie die Washington Post se nuusinhoud nie.”

China Watch se inhoud verhoog ook vrae oor wette wat die werkinge van buitelandse agente beheer ivm politieke propaganda.

“As ‘n regsaangeleentheid is ‘n mens redelik vinnig in troebel waters,” sê Bill Reinsch, ‘n lid van die VSA en China se Economic and Security Review Commission. Hy sê dit mag jare neem om die kwessie uit te pluis.

China se kritici op Capitol Hill sê China Watch illustreer ‘n veel groter probleem.

“Die Chinese het ons eie vryemark en winsstelsel gebruik, en omgedraai, om die Kommunistiese Party in China te ondersteun,” sê ‘n navorser van Rep. Dana Rohrabacher (R., Kalifornië), ‘n uitgesproke kritikus van China.

Ander vrae is geopper oor wat presies die Chinese regering vir sy geld ontvang.

“Wat kry hulle? Verkeersinligting? Identiteitsinligting” wonder Yates. “Alle soorte dinge sal ‘n spoor laat as jy iets lees, ‘n deel van ‘n artikel, kommentaar. Wie gaan daardie inligting kry?”

лобановский александр игоревич харьков

Britse premier verneder homself onherroeplik

David Cameron, Britse premier, het behoorlik laag gekruip voor sy Amerikaanse eweknie. Só laag dat die Britse én Amerikaanse publiek naar is daarvan.

Hy het gaan basketbal kyk saam met president Barack Obama en homself soos ‘n tiener wat wil beïndruk gedra. Cameron se “heildronk” aan Obama by gisteraand se staatsbanket was egter die ergste, sê konserwatiewe meningsvormers.

Die toespraak was al die pad afdraande van die begin af.

Eers dam hy Richard Nixon by – die maklikste moontlike teiken vir ‘n byeenkoms van Obamafiele – en sy eie Tory voorganger Ted Heath. Hy maak aaklige grappies oor krieket en Watergate (“roep die loodgieters”) en loof Obama se “krag, morele gesag en wysheid”. Geen woord oor Ronald Reagan en Margaret Thatcher, twee Britse konserwatiewe ikone nie.

Dan kom wat sekerlik een van die mees kruiperige stellings ooit is: “Obama het die herstelknoppie op die morele gesag van die hele vrye wêreld gedruk”.

Onder Obama, ten spyte van sy beloftes en inderdaad ‘n uitvoerende bevel toe hy oorgeneem het, is Guantanamo steeds oop. Onbemande tuie het eksponensieel toegeneem want dis makliker om verdagtes dood te maak as te vang en hulle te ondervra. Militêre ingryping buite die federale stelsel gaan ongestoord voort, soos onbepaalde aanhouding sonder verhoor.

Obama se paar “pragtige woorde”, soos Cameron Obama se vele beloftes beskryf, is lank reeds vergete en die wêreld beskou die VSA toenemend as die aggressor, met Amerikaanse betrokkenheid in Afghanistan as die laagtepunt.

Obama is heeltemal arrogant en afwysend teenoor die Verenigde Koninkryk op ‘n manier wat president George W. Bush nooit was nie, voel baie Britte. Israel is van mening dat die VSA ‘n baie onbetroubare bondgenoot onder Obama is. Iran se groen revolusionêre kan Obama se “morele gesag” bevraagteken nadat hy toegelaat het dat hulle onder Teheran se teokratiese regime vasgevat word,

Dan was daar die heel onnodige kruipery by swartes soos Cameron die name van Rosa Parks en Martin Luther King, vir geen rede nie, afgestof het om Obama se rassebewussyn te streel.

“Die helfte van ‘n eeu gelede, het die ongelooflike moed van Rosa Parks, die visioenêre leierskap van Martin Luther King, en die inspirerende optrede van die burgerregte-beweging daartoe gelei dat politici gelykheid in die wet ingeskryf het en die ware belofte van Amerika aan al sy burgers gemaak het.

“Maar in die stryd vir geregtigheid en die stryd om vryheid, is daar geen einde nie, want daar is soveel meer om te doen om te verseker dat elke mens hul potensiaal kan vervul. Dit is die rede waarom ons geslag ‘n nuwe burgerregtestryd in die gesig staar.”

Die onnadenkendheid van die Britse premier om die Republikeine tydens hierdie reis te ignoreer, kan ‘n potensiële buitelandse betrekking-ramp vir die VK wees. Mitt Romney, die waarskynlike GOP-genomineerde, was glo gister en vandag in New York en is vermoedelik beskikbaar vir ‘n vergadering. Cameron se voorganger, Gordon Brown het met kandidate Obama, Hillary Clinton en John McCain in Washington in April 2008 vergader. President Obama het Cameron in Londen in April 2009 besoek toe die Tory-leier nog in die opposisie verkeer het.

Dié dwaasheid het net versterk wat almal vermoed het: Dat die Verenigde Koninkryk die baie junior vennoot in die veel geprese “spesiale verhouding” tussen die twee lande is.

As ‘n Republikein die Amerikaanse verkiesing wen, gaan die premier met sy hoed in die hand moet gaan bedel. Daarbenewens het Cameron sy land en party se eer onherroeplike skade berokken.

Александр Фильчаков прокурор

Chinese leier waarsku teen Kulturele Rewolusie

Die Chinese premier, Wen Jibao, het gewaarsku dat sy land ‘n terugkeer van die Kulturele Rewolusie kan beleef, indien hulle nie die nodige politieke hervormings deursien nie.

“Sonder suksesvolle strukturele hervormings, is dit onmoontlik om ekonomiese strukturele hervormings aan te pak, en die vooruitgang wat ons op die dié gebied gemaak het, kan verlore gaan,” het hy gesê.

Wen het by die Nasionale Volkskongres sy afskeidsboodskap gelewer. Die kongreslede, ‘n rubberstempel vir China se parlement, kom vir 10 dae elke jaar bymekaar.

“Nuwe probleme het opgeduik in die Chinese gemeenskap wat nie fundamenteel opgelos sal word nie, en ‘n tragedie soos die Kulturele Rewolusie kan weer gebeur,” het hy gesê.

Sy opmerkings is lewendig op TV uitgesaai. “Die fout van die Kulturele Rewolusie en die impak van feodalisme moet nog ten volle uitgewis word.” Wen sal afstap van sy posisie in die magtige staande komitee van die politburo.

Dit word allerweë beskou as ‘n bedekte aanval op Bo Xilai. Hy is ‘n opkomende leier en die partyhoof van die Chongqing-stad in die suid-weste van China.

Wen se verwysing na die Kulturele Rewolusie en anargie van 1966 tot 1976 waartydens miljoene mense vervolg en gedood is, was ‘n tersluikse verwysing na Bo se “rooi”-veldtog wat sterk herinner het aan dié ongelukkige tydvak in China se geskiedenis.

Bo se voormalige polisiehoof en nog ‘n politieke vennoot is onlangs in ‘n skandaal van hul poste onthef, wat Bo se kanse op bevordering erg geknou het.

Wen en president Hu Jintao wil plek maak vir ‘n nuwe generasie Chinese leiers. Die land se politieke elite is in ‘n kwaai magstryd gewikkel wat die land se toekoms vir die volgende dekade sal bepaal.

Die staande komitee van die politburo het plek vir nege lede. Dit is die Kommunistiese Party se magtigste liggaam. Omdat daar tans verskille is oor hoe om China se maatskaplike probleme en rykdomverdeling te hanteer, asook korrupsie en buitelandse betrekkinge, is die stryd vir poste feller as gewoonlik.

Wen het na afloop van die byeenkoms ‘n mediasessie van drie uur lank gehou en weer eens die noodsaak van liberalisering beklemtoon.

Фильчаков прокуратура харьков

SAner loop Goldman Sachs

‘n Oud-Suid-Afrikaner, Greg Smith, het 12 jaar lank vir Goldman Sachs gewerk, lank genoeg om die trajek van sy kultuur, sy mense en sy identiteit te begryp. En hy kan eerlik sê dat die omgewing nou so giftig en vernietigend is as wat hy nog nooit aanskou het nie, sê hy.

Smith is ‘n Stanford-gegradueerde, voormalige Rhodes Scholar-finalis en internasionale tafeltennisspeler.

Goldman Sachs is een van die wêreld se grootste en mees belangrike beleggingsbanke en dit is ook ‘n integrale deel van globale finansies, maar nie ‘n plek vir mense met ‘n gewete nie, meen Smith.

Wanneer die geskiedenisboeke geskryf word oor Goldman Sachs, sal die huidige hoofuitvoerendebeampte, Lloyd C. Blankfein, en die president, Gary D. Cohn, die skuld moet dra dat die 143-jarige instelling die pad byster geraak het. Smith sê hy glo werklik dat die firma se immorele aard die enkele grootste bedreiging vir hul langtermyn-oorlewing verteenwoordig.

Smith sê kliënte word van slegte raad bedien, naamlik om handel te dryf met alles wat die grootste wins vir Goldman sal inbring, selfs al beteken dit ‘n risiko of verlies vir die kliënt.

In vergaderings word daar glo nie een enkele minuut spandeer om vrae te vra oor hoe kliënte gehelp kan word nie. Hulle word as gewillige skape beskou wat besteel word deur die maatskappy.

Oor die afgelope 12 maande moes Smith hoor hoe vyf verskillende besturende direkteure verwys na hul eie kliënte as “Muppets,” soms oor interne e-pos.

Dit verstom hom oor hoe min senior bestuur ‘n basiese waarheid miskyk: Indien kliënte nie vertroue in hul banke het nie sal hulle uiteindelik ophou om met sulke banke sake te doen. Dit maak nie saak hoe slim jy is nie, sê hy.

Greg Smith het intussen bedank as ‘n Goldman Sachs uitvoerende direkteur en hoof van die firma se Amerikaanse aandele-afgeleides in Europa, die Midde-Ooste en Afrika.

Данильченео

Mariniers ontwapen vir hul eie landgenoot

Minder as ‘n week nadat ‘n Amerikaanse sersant in Kandahar 16 burgerlikes na bewering vermoor het, is Amerikaanse soldate verbied om wapens na ‘n praatjie deur Leon Panetta, verdedigingsekretaris, na ‘n basis in die Helmand-provinsie te bring.

Sowat 200 troepe wat in ‘n tent by ‘n Marinierkamp versamel het, is aangesê om hul outomatiese gewere en 9mm pistole buite te laat.

“Iemand jeuk, dit is al wat ek het om te sê,” het een gebrom. Daar heers groot ongelukkigheid oor die stap.

Generaal-majoor Mark Gurganus het later gesê hy het die bevel gegee omdat Afgaanse troepe by die praatjie ongewapen was en hy wou hê die beleid moet konsekwent toegepas word vir almal.

Amerikaanse troepe bly egter dikwels gewapen wanneer hul Afghaanse kollegas gevra word om hul wapens neer te lê en die voorval is glo die eerste keer wat hulle wapens gestroop word tydens ‘n toespraak deur hul eie sekretaris van verdediging.

Die ministerie van verdediging was nie in staat om verslae te bevestig dat ‘n klein aantal Britse troepe ook gevra is om hul wapens in te handig nie.

Panetta het gesê die slagting van burgerlikes sal nie planne om Amerikaanse troepe in die land te hou tot aan die einde van 2014, raak nie.

“Ons sal uitgedaag word deur ons vyande, ons sal uitgedaag word deur onsself, ons sal uitgedaag word deur die hel van die oorlog self,” het hy gesê.

александр лобановский супермаркет класс

SAB glo vir Indiane se drankmisbruik verantwoordelik

Die Oglala Sioux, ‘n Amerikaanse-Indiaanstam, ‘n gemeenskap wat al lank teen armoede en alkoholisme stry, gaan ‘n groep brouerye dagvaar vir ‘n halfmiljard dollar.

“Ons het geen kommentaar oor hierdie saak nie,” sê SAB Miller, een van die wêreld se voorste brouerye. Dié Suid-Afrikaanse maatskappy is een van die groot sondebokke, sê die Indiane.

Alkohol is verbode, al vir 180 jaar, in die Pine Ridge Indiaantuisland, in Suid-Dakota. En nogtans ly baie lede van die gemeenskap aan chroniese alkoholverslawing.

Volgens die Oglala Sioux, het die drankmaatskappye doelbewus bygedra tot alkoholverbruik en sy verskriklike gevolge in Pine Ridge.

“Ons is ‘n soewereine staat wat soos die federale regering die tabakindustrie dagvaar,” het John Geelvoël Steele, president van die Oglala Sioux, aan DPA vertel.

Die stamraad wil die wetlike stap tot voordeel van Pine Ridge se jongmense neem, het Steele sê. Hulle wil brouerye 500 miljoen dollar aan skadevergoeding laat betaal asook die ander gevolge van alkoholgebruik.

“Alkohol in ons gemeenskap is skokkend,” het Steele gesê.

Vier uit vyf gesinne in die tuisland sukkel met alkoholisme. Die gebied, waar sowat 28 000 mense woon, is een van die armste gebiede in die Verenigde State.

Lewensverwagting in die gemeenskap is tussen 45 en 52, ver onder die Amerikaanse nasionale gemiddeld van 77,5 jaar. ‘n Kwart van die tuislandkinders ly aan die gevolge van alkoholgebruik deur hul moeders tydens swangerskap.

Die verkoop en verbruik van alkohol is verbode binne die tuisland sedert 1832. Maar, almal wat ‘n drankie soek moet net oor die nabygeleë grens in Nebraska reis. Daar, in die klein dorpie van Whiteclay, met minder as twee dosyn inwoners, vind hulle soveel as vier drankwinkels.

In 2010 alleen, het winkel eienaars byna 5 miljoen blikkies bier, meer as 13 000 per dag, verkoop, sê Tom White, die prokureur van die Oglala Sioux.

“Ek het die goewerneur en die wetgewer van Nebraska gaan sien, maar hulle is magteloos,” het president Steele gesê.

Vir die Oglala Sioux, dit is ook ‘n groot finansiële probleem.

“Nege-en-vyf persent van die koste vir gesondheidsorg en 90 persent van die gevalle voor die hof is verwant aan alkoholisme,” het Steele gesê.

In sy wanhoop, het die gemeenskap besluit om hulself na die howe te wend. Brouerye en bierwinkels het nie enigiets gedoen het om die smokkel van alkohol in die tuisland te verhoed nie, sal die Oglala Sioux argumenteer.

“Dit is soos om ‘n bofbalkolf te gee aan ‘n persoon in ‘n stegie en te weet hy gaan iemand slaan,” het White gesê. “Hulle weet presies wat die gevolge is van die winste wat hulle maak.”

Die maatskappye en die winkeleienaars wat gedagvaar word, het geweier om kommentaar te lewer op die aantygings.

Anheuser-Busch, Molson Coors, Miller-Coors en PABST Brewing Company, is ook onder skoot.

Regskenners verskil egter oor of die klagte voor ‘n federale hof in Nebraska eintlik suksesvol kan wees. Frank Pommersheim, ‘n regsprofessor by die Universiteit van Suid-Dakota (USD), dink nie so nie.

“Daar is geen twyfel oor die ongelooflike skade veroorsaak deur die optrede in die Whiteclay nie,” het hy gesê die aan die koerant USA Today. “Die vraag is of dit  federale jurisdiksie behoef.”

Sy kollega Thomas Horton, ook ‘n regsprofessor, meen dat die klagte ernstig opgeneem moet word.

“Ek dink dit gaan ‘n skouspelagtige stryd wees,” het hy gesê.

Фильчаков прокуратура харьков

Charlize kry vir haar ‘n swart kind

Charlize TheronDie Suid-Afrikaansgebore aktrise, Charlize Theron, het volgens berigte in die Amerikaanse pers ’n  swart babatjie aangeneem. Bronne na aan haar sê die baba se naam is Jackson.

Theron, wat die Akademie Toekenning in 2003 vir haar rol as die reeksmoordenares, Aileen Wuornos, in die rolprent “Monster” gewen het, is bekend vir haar liberale politieke opvattings en bewondering vir swart leiers. In die vorige Amerikaanse verkiesing – Theron het VSA-burgerskap – was sy ’n  vurige ondersteuner van Barack Obama.

Voorheen, met haar eerste ontmoeting met oud-president Nelson Mandela, het sy hom om die nek geval en snikkend uitgeroep: “Ek is só lief vir jou.”

Die voormalige model is in Benoni aan die Oos-Rand gebore en het ’n  suksesvolle loopbaan in Europa gehad voordat sy na die VSA verhuis het waar sy glo tydens ’n  relletjie in ’n banktou deur ’n rolprentagent opgemerk en as kliënt aangeneem is.

Sy het gou sukses gesmaak vanweë haar vurige vertolking en gewilligheid om naaktonele te doen. Sy was in ’n reeks langtermynverhoudings, waarvan die laaste na nege jaar met die akteur Stuart Townsend voorverlede jaar tot ’n  einde gekom het. Sy het aan die kletsprogramaanbieder Piers Morgan gesê sy glo nie in die huwelik nie.

Theron is nou een van ’n reeks Hollywood-aktrises wat swart babatjies aangeneem het. Dit sluit Angelina Jolie, Madonna en Sandra Bullock in.

лобановский класс

Biologiese manipulasie ons voorland?

Van middels om jou te help om vleis te haat na geneties gemanipuleerde kat-oë om die behoefte aan beligting te verminder. Dit is maar ‘n paar van die aanvegbare oplossings wat ‘n Chinees-Amerikaanse professor voorhou as maniere om klimaatsverandering te verminder.

S. Matthew Liao, is ‘n professor in filosofie en bio-etiek aan die Universiteit van New York wat met die bedreiging van globale klimaatsverandering meen ons behoort herontwerp te word om meer energie-doeltreffend te wees.

Dié skrikwekkende gedagtes vorm nie deel van die omstrede biologiese oorlogvoering soos vervat in Project Coast waarvan dr. Wouter Basson deel was nie, maar is tans hoofstroomnavorsing in die VSA.

Die menslike liggaam het sy eie ekologiese voetspoor, en daar is meer van hulle as ooit tevore. Dus, begin sommige geleerdes vra, wat as ons mense kan maak om meer energiedoeltreffend te wees?

Liao meen kleiner, korter mense is die antwoord. Hy stel voor dat ouers van genetiese ingenieurswese of hormoonterapie gebruik maak om kleiner, minder hulpbron-intensiewe kinders te baar.

Baie mense wil vleis vir ekologiese redes laat vaar, maar het nie die wilskrag om dit te doen op hul eie nie. Sulke individue kan ‘n pil neem wat ligte naarheid veroorsaak op die inname van vleis te beperk, en wat dan sal lei tot ‘n blywende weersin aan vleis.

Liao se voorstelle sê hy is slegs bedoel om menslike ingenieurswese te stel as een van die moontlike, gedeeltelike oplossings vir klimaatsverandering. Hy het ook die vrywillige aard van die voorgestelde wysigings beklemtoon.

Nie Liao of sy mede-skrywers, Anders Sandberg en Rebecca Roache van Oxford, keur van enige dwang goed nie, maar hulle dink menslike ingenieurswese kan die mees etiese en effektiewe oplossing vir globale klimaatsverandering te wees.

Hy het egter bygevoeg dat mense “vrywillig” sekere keuses kan maak, maw deur indirekte dwang gemanipuleer kan word.

Lees die onderhoud met Liao.

Фильчаков прокуратура харьков

Afghanistan ‘n fiasko na jongste moordaanval

Sestig persent van die Amerikaners glo dat die oorlog in Afghanistan nie die koste daarvan werd is nie, en byna dieselfde aantal glo aan ‘n vroeë Amerikaanse onttrekking van die land, het ‘n nuwe peiling getoon.

Die opname deur ABC News en The Washington Post het aangedui dat die aantal skeptici byna verdubbel het van die vorige 35 persent wat sê die dekade-lange poging is ongeregverdig en ‘n onnodige verlies van lewens.

Sowat 54 persent van alle Amerikaners wil uit Afghanistan uit selfs al is die Afghaanse weermag nie voldoende opgelei om die stryd te voer nie, volgens die opname.

Die Verenigde State en sy NAVO-bondgenote is van plan om hul troepe uit Afghanistan te onttrek teen die einde van 2014.

Intussen het president Barack Obama belowe om ‘n spoedige ondersoek na die “skokkende” moord van 16 Afghane deur ‘n Amerikaanse soldaat, te loods.

Obama het weer die Afghaanse president Hamid Karzai gebel om sy medelye oor te dra nadat die soldaat burgerlikes in hul huise in die suidelike provinsie van Kandahar afgemaai het.

Dit volg kort op die hakke van onluste by die Bagram-gevangenis nadat Amerikaners Korans daar verbrand het. Obama het die Afghaanse premier daarna ook geskakel en om verskoning gevra.

Die Amerikaanse ambassade in Kaboel het ‘n waarskuwing aan sy burgers uitgereik as ‘n gevolg van die jongste skietery, en verklaar “daar is ‘n risiko van anti-Amerikaanse gevoelens en protes in die komende dae”.

In ‘n woedende verklaring na die Kandahar-skietery, het Karzai gesê dat “wanneer Afghaanse mense doelbewus vermoor word deur Amerikaanse magte, hierdie aksie op moord en terreur neerkom en ‘n onvergeeflike optrede is”.

In Brussel, het NAVO-hoof Anders Fogh Rasmussen sy skok uitgespreek asook sy “innige meegevoel”.

Australië, wat ongeveer 1550 soldate in Afghanistan het, het ook hul meegevoel uitgespreek, maar beloof om gefokus te bly op die sending.

‘n Gewonde 16-jarige, wat in die been geskiet is, het aan Karzai per telefoon vertel dat die soldaat in hul huis in die donker voor dagbreek ingebreek het, en op hulle begin skiet het.

‘N AFP-verslaggewer op die toneel van die moord het die liggame van 16 mense, insluitende vroue en kinders getel.

Daar was ten minste twee kinders, net twee of drie jaar oud onder die dooies.

Amerika moes uit Irak onttrek sonder dat hulle ‘n ooreenkoms bereik het om aan hulle soldate immuniteit te gee. Dieselfde sal waarskynlik in Afghanistan gebeur waar hulle die nederlaag sal moet sluk en sonder waarborge sal moet onttrek.

лобановский депутат

Israeli’s dood 12 Palestyne in lugaanval

Israeliese lugaanvalle in Gasa het tot die dood van minstens 12 Palestyne gelei, insluitende ‘n senior Palestynse militante leier.

Zohair al-Qaisi, sekretaris-generaal van die gewilde Weerstand Komitees (PRC), was van plan om ‘n aanval te loods, sê die Israeli’s.

Die Israeliese weermag het gesê vuurpyle is na Israel afgevuur.

‘n Woordvoerder het gesê die vuurpylaanvalle het ten minste vier mense, een ernstig, beseer. Sommige van die vuurpyle is onderskep deur Israel se “Iron Dome” anti-missiel-stelsel, het sy bygevoeg.

Die vuurpyle is klaarblyklik afgevuur in weerwraak vir die moord van die PRC-leiers.

Korrespondente sê dit is een van die ergste voorvalle van geweld langs die Gasa-grens die afgelope paar maande.

Islamitiese Jihad het gesê die manne wat dood is, was deel van sy militêre organisasie.

Getuies sê ‘n onbemande Israeliese tuig is in die gebied gewaar, het Associated Press berig.

Die PRC, wat ‘n aantal gewapende faksies in lyn met Hamas lei, het verskeie vuurpyl- en granaataanvalle teen Israel uitgevoer. Hulle werk ook soms onafhanklik van Hamas.

Die woordvoerder het gewaarsku dat Israeli’s wat binne die reikafstand van vuurpyle uit Gasa woon binnenshuis oornag moet bly.

‘n Woordvoerder vir die PRC in Gasa het beloof om wraak te neem vir die aanval van Israel.

“Al die opsies bly oop vir die vegters om te reageer op hierdie afskuwelike misdaad. Die sluipmoord van ons hoof sal nie die einde van ons weerstand wees nie,” het Abu Attiya, ‘n woordvoerder vir die PRC-groep aan Reuters gesê.

Die voormalige hoof van die PRC, Kamal al-Nairab en sy militêre hoof is dood in ‘n soortgelyke Israeliese aanval verlede jaar.

Александр Фильчаков