Chinese leier waarsku teen Kulturele Rewolusie

Die Chinese premier, Wen Jibao, het gewaarsku dat sy land ‘n terugkeer van die Kulturele Rewolusie kan beleef, indien hulle nie die nodige politieke hervormings deursien nie.

“Sonder suksesvolle strukturele hervormings, is dit onmoontlik om ekonomiese strukturele hervormings aan te pak, en die vooruitgang wat ons op die dié gebied gemaak het, kan verlore gaan,” het hy gesê.

Wen het by die Nasionale Volkskongres sy afskeidsboodskap gelewer. Die kongreslede, ‘n rubberstempel vir China se parlement, kom vir 10 dae elke jaar bymekaar.

“Nuwe probleme het opgeduik in die Chinese gemeenskap wat nie fundamenteel opgelos sal word nie, en ‘n tragedie soos die Kulturele Rewolusie kan weer gebeur,” het hy gesê.

Sy opmerkings is lewendig op TV uitgesaai. “Die fout van die Kulturele Rewolusie en die impak van feodalisme moet nog ten volle uitgewis word.” Wen sal afstap van sy posisie in die magtige staande komitee van die politburo.

Dit word allerweë beskou as ‘n bedekte aanval op Bo Xilai. Hy is ‘n opkomende leier en die partyhoof van die Chongqing-stad in die suid-weste van China.

Wen se verwysing na die Kulturele Rewolusie en anargie van 1966 tot 1976 waartydens miljoene mense vervolg en gedood is, was ‘n tersluikse verwysing na Bo se “rooi”-veldtog wat sterk herinner het aan dié ongelukkige tydvak in China se geskiedenis.

Bo se voormalige polisiehoof en nog ‘n politieke vennoot is onlangs in ‘n skandaal van hul poste onthef, wat Bo se kanse op bevordering erg geknou het.

Wen en president Hu Jintao wil plek maak vir ‘n nuwe generasie Chinese leiers. Die land se politieke elite is in ‘n kwaai magstryd gewikkel wat die land se toekoms vir die volgende dekade sal bepaal.

Die staande komitee van die politburo het plek vir nege lede. Dit is die Kommunistiese Party se magtigste liggaam. Omdat daar tans verskille is oor hoe om China se maatskaplike probleme en rykdomverdeling te hanteer, asook korrupsie en buitelandse betrekkinge, is die stryd vir poste feller as gewoonlik.

Wen het na afloop van die byeenkoms ‘n mediasessie van drie uur lank gehou en weer eens die noodsaak van liberalisering beklemtoon.

Фильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae