Twee briewe aan Amanda Gouws

Na aanleiding van die gesprek oor “witwees” op RSG se Praat Saam-program, het ek onderstaande twee briewe aan Amanda Gouws gerig. Albei het onbeantwoord gebly.

Eerste brief: 7 Maart 2012

Geagte prof. Gouws,

Die menings wat u, die heer Jan-Jan Joubert en me. Christi van der Westhuizen vanoggend op RSG se “Praat saam” uitgespreek het, stem my erg pessimisties oor die toekoms van Suid-Afrika. Op die keper beskou, lewer u ‘n pleidooi vir Mugabeïsme, want die identiteitlose “wit ras” moet homself aan die swart ras ondergeskik stel en aanvaar dat daar ‘n groot regstelling om die draai lê. Die regstelling is nodig omdat alle verskille in prestasie en rykdom in die land suiwer aan apartheid en kolonialisme toe te skryf is.

Intussen woed daar ‘n swart-op-wit volksmoord in die land, of ten minste ‘n volksmoord in die aanvangsfase waartydens onskuldige, weerlose blankes en selfs kleuters soos Willemientjie Potgieter deur swart bendes aangeval, gemartel en op gruwelike wyses vermoor word. Is dit die “witheid” wat ons moet aanvaar, ‘n masochistiese slagofferskap, om soos diere na die slagpale gelei te word?

Ek sal nie ingaan op die intellektuele of feitelike inhoud van u en me. Van der Westhuizen se argumente nie, want dit is naby aan nul. Trouens, ek verbeel my dat u iewers al die begrip “fundamentalisme” gebruik het en daarom sal u verstaan as ek sê dat u opvatting van ras ‘n vorm van fundamentalisme verteenwoordig en op nie-rasionele geloof berus.

Wat u eintlik wil voorhou, is dat blankes in dié land – terwyl daar deur wetgewing teen hulle gediskrimineer en hulle ‘n vorm van etniese uitwissing verduur – aan ‘n negatiewe selfbewussyn van hul “witheid” moet ly sodat hulle selfs die reaksie om te wil vlug of te emigreer kan oorkom en hulself net aan ‘n sadistiese bestel (of regime) moet onderwerp waardeur hulle daagliks verneder of gepynig word.

Indien hulle Jode in Nazi-Duitsland was, sou u aan hulle gesê het: “Julle is ryk en bevoorreg en vedien daarom om na die gaskamers gestuur te word. Verduur dit met blymoedigheid en aanvaar die oordeel van die etniese meerderheid wat julle as ras en as groep skuldig bevind het, sonder verhoor.”

U sukkel by tye om Afrikaans te praat en gebruik erge anglisismes soos “reflekteer” wanneer u iets eenvoudigs soos “besin” of “nadink” bedoel. Ek weet nie of dit ‘n gevolg is van u aanvaarding en inlywing by nie-Westerse norme nie. Sedert die dae van Sokrates of selfs Thales heg Westerlinge waarde aan helder en skerp omskrywings sonder pretensieuse vreemde woorde – Latinismes en anglisismes in dié geval – en word daar ook van die deelnemer aan ‘n gesprek verwag om ten minste met logika en nie slegs met emosie te probeer oortuig nie.

Ek dink nie ek sal enige van my kinders Stellenbosch toe stuur om staatsleer te studeer nie. Ek kan hulle net sowel na ‘n opleidingskamp van die Taliban toe stuur, want u denke is ewe ver van enige iets verwyder wat ‘n mens met filosofie of politieke wetenskap sou assosieer. U het die Verligting met ‘n hele paar eeue misgeloop.

Weet egter dat nie almal in die land reeds tot op die vlak van kretinisme gebreinspoel is nie. Ek verwoord bloot die frustrasie wat ‘n aansienlike persentasie van die luisteraars vanoggend moes gevoel het.

Met vriendelike groete,

Dan Roodt

Tweede brief: 8 Maart 2012

Geagte prof. Gouws,

“Reflekteer” u nog oor die “transisie”?

Tans luister ek nou weer na die program wat ek van RSG se webwerf afgelaai het, aangesien ek in my motor was en hier en daar iets misgeloop het.

Ek moet u bedank vir hierdie gesprek en al u menings, want u is ‘n rubriekskrywer vir Die Burger en daarom verteenwoordig u menings vir my ook iets van daardie koerant se ideologie. Dis nie dikwels dat die onderliggende veronderstellings van Die Burger (en die Universiteit van Stellenbosch) so ontbloot word nie.

Ek dreig al lankal om ‘n boek oor Naspers te skryf en soek nog na ‘n goeie titel. Ek het al gedink aan “Voyeurs by ons volksmoord”, maar dit sal dalk eerder ‘n goeie hoofstuktitel wees. Want terwyl u en Die Burger en die res van die ideologiese staatsapparaat (dis nou ‘n toets vir die suiwerheid van u neomarxisme, as u daardie term herken) u Amerikaanse clichés – u McDonalds-kitskos waarvoor die universitêre kripvreters toustaan en dan so ietwat onbeholpe op die lug retroperistalties resiteer – ons probeer bedwelm met rasseskuld, vind daar natuurlik die uiterste vorme van etniese geweld plaas, heeltemal vergelykbaar met ‘n Liberië, ‘n Sierra Leone, ‘n Ithuri-provinsie in die Kongo.

My tese is nou juis die volgende: dat mense soos u juis aandadig is aan die gruweldade wat in Suid-Afrika plaasvind, en om die swart-op-wit rassisme – ek het al daaraan gedink om dit “Superapartheid” te noem, maar dit bly steeds onbevredigend – te bestendig en te regverdig. Trouens, deur hierdie soort anti-wit diskoers word die geweldenaars eintlik aangemoedig om nog ‘n paar moorde en verkragtings te gaan pleeg.

Einde verlede jaar het die organisasie UNPO, waar die Vryheidsfront Afrikaners verteenwoordig, ‘n dokument vrygestel waarin “die verkragtings van minderheidsvroue as ‘n aantasting van die hele groep se eer” beskryf word. Terwyl u en u geesgenote ‘n inkwisisie oor mense se taalgebruik en ideologiese suiwerheid voer, is daar jaarliks eintlik besig om ‘n massaverkragting van Afrikanervroue plaas te vind. Waarvoor u uiteraard, as sikofant en aandadige aan hierdie bestel, spreekwoordelik “vere voel”.

Wat het Hanna Arendt oor “die banaliteit van boosheid”, met verwysing na die Nazisme, gesê? Dat Stellenbosch banaal is, is seker, maar dit is ook boos, want deelagtig aan ‘n soort “psigologiese operasie”. U rol is om die slagoffers van groteske menseregteskendings dit te laat aanvaar en selfs te laat voel dat hulle dit “verdien”.

Banaal en boos en… dom. Oor die “konstruksie van witheid” is daar seker nie veel te sê nie, maar die konstruksie van domheid is dalk ‘n boek of ‘n verhandeling werd. Net gister hoor ek van Nigeriese dwelmhandelaars wat in die armer blanke buurte van Johannesburg die kinders ontvoer sodat die moeders dan deur afpersing as prostitute en dwelmhandelaars gewerf kan word. Dis die soort sadistiese werklikheid van Mandelatopie, wat u natuurlik liefs sal verswyg en ignoreer.

Dis egter geen morele punt nie. Al waaroor ek wonder, is of die Nigeriërs al op Stellenbosch ook aktief is, want waarom klink dit vir my asof die hele plek op dwelms is? Dit sou die graad van domheid en verdomming, die soort drastiese IK-verlies van sommige akademici verklaar.

The Nigger of the Narcissus is mos die titel van ‘n Conrad-roman. Interessante tema, narcisme. En as u nou so “reflekteer” en “in die spieël staar”, “refleksie” synde taamlik hoog aan die lys in u karige woordeskat, wat sien u? Iemand wat gereedstaan om die Venda-slangdans uit te voer, waarvoor Sangiro nie kans gesien het nie en sy lesers eerder na Guy de Maupassant se meer erotiese beskrywings verwys het? Noudat u van “witheid” bevry is en “swartheid” volkome verinnerlik het.

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand… Ekskuus, Sneeuwitjie is seker ook ‘n rassistiese begrip.

Groete,

Dan Roodt

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae