David Cameron, Britse premier, het behoorlik laag gekruip voor sy Amerikaanse eweknie. Só laag dat die Britse én Amerikaanse publiek naar is daarvan.
Die toespraak was al die pad afdraande van die begin af.
Eers dam hy Richard Nixon by – die maklikste moontlike teiken vir ‘n byeenkoms van Obamafiele – en sy eie Tory voorganger Ted Heath. Hy maak aaklige grappies oor krieket en Watergate (“roep die loodgieters”) en loof Obama se “krag, morele gesag en wysheid”. Geen woord oor Ronald Reagan en Margaret Thatcher, twee Britse konserwatiewe ikone nie.
Dan kom wat sekerlik een van die mees kruiperige stellings ooit is: “Obama het die herstelknoppie op die morele gesag van die hele vrye wêreld gedruk”.
Onder Obama, ten spyte van sy beloftes en inderdaad ‘n uitvoerende bevel toe hy oorgeneem het, is Guantanamo steeds oop. Onbemande tuie het eksponensieel toegeneem want dis makliker om verdagtes dood te maak as te vang en hulle te ondervra. Militêre ingryping buite die federale stelsel gaan ongestoord voort, soos onbepaalde aanhouding sonder verhoor.
Obama se paar “pragtige woorde”, soos Cameron Obama se vele beloftes beskryf, is lank reeds vergete en die wêreld beskou die VSA toenemend as die aggressor, met Amerikaanse betrokkenheid in Afghanistan as die laagtepunt.
Obama is heeltemal arrogant en afwysend teenoor die Verenigde Koninkryk op ‘n manier wat president George W. Bush nooit was nie, voel baie Britte. Israel is van mening dat die VSA ‘n baie onbetroubare bondgenoot onder Obama is. Iran se groen revolusionêre kan Obama se “morele gesag” bevraagteken nadat hy toegelaat het dat hulle onder Teheran se teokratiese regime vasgevat word,
Dan was daar die heel onnodige kruipery by swartes soos Cameron die name van Rosa Parks en Martin Luther King, vir geen rede nie, afgestof het om Obama se rassebewussyn te streel.
“Die helfte van ‘n eeu gelede, het die ongelooflike moed van Rosa Parks, die visioenêre leierskap van Martin Luther King, en die inspirerende optrede van die burgerregte-beweging daartoe gelei dat politici gelykheid in die wet ingeskryf het en die ware belofte van Amerika aan al sy burgers gemaak het.
“Maar in die stryd vir geregtigheid en die stryd om vryheid, is daar geen einde nie, want daar is soveel meer om te doen om te verseker dat elke mens hul potensiaal kan vervul. Dit is die rede waarom ons geslag ‘n nuwe burgerregtestryd in die gesig staar.”
Die onnadenkendheid van die Britse premier om die Republikeine tydens hierdie reis te ignoreer, kan ‘n potensiële buitelandse betrekking-ramp vir die VK wees. Mitt Romney, die waarskynlike GOP-genomineerde, was glo gister en vandag in New York en is vermoedelik beskikbaar vir ‘n vergadering. Cameron se voorganger, Gordon Brown het met kandidate Obama, Hillary Clinton en John McCain in Washington in April 2008 vergader. President Obama het Cameron in Londen in April 2009 besoek toe die Tory-leier nog in die opposisie verkeer het.
Dié dwaasheid het net versterk wat almal vermoed het: Dat die Verenigde Koninkryk die baie junior vennoot in die veel geprese “spesiale verhouding” tussen die twee lande is.

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.