Die Oglala Sioux, ‘n Amerikaanse-Indiaanstam, ‘n gemeenskap wat al lank teen armoede en alkoholisme stry, gaan ‘n groep brouerye dagvaar vir ‘n halfmiljard dollar.
“Ons het geen kommentaar oor hierdie saak nie,” sê SAB Miller, een van die wêreld se voorste brouerye. Dié Suid-Afrikaanse maatskappy is een van die groot sondebokke, sê die Indiane.
Alkohol is verbode, al vir 180 jaar, in die Pine Ridge Indiaantuisland, in Suid-Dakota. En nogtans ly baie lede van die gemeenskap aan chroniese alkoholverslawing.
Volgens die Oglala Sioux, het die drankmaatskappye doelbewus bygedra tot alkoholverbruik en sy verskriklike gevolge in Pine Ridge.
“Ons is ‘n soewereine staat wat soos die federale regering die tabakindustrie dagvaar,” het John Geelvoël Steele, president van die Oglala Sioux, aan DPA vertel.
Die stamraad wil die wetlike stap tot voordeel van Pine Ridge se jongmense neem, het Steele sê. Hulle wil brouerye 500 miljoen dollar aan skadevergoeding laat betaal asook die ander gevolge van alkoholgebruik.
“Alkohol in ons gemeenskap is skokkend,” het Steele gesê.
Vier uit vyf gesinne in die tuisland sukkel met alkoholisme. Die gebied, waar sowat 28 000 mense woon, is een van die armste gebiede in die Verenigde State.
Lewensverwagting in die gemeenskap is tussen 45 en 52, ver onder die Amerikaanse nasionale gemiddeld van 77,5 jaar. ‘n Kwart van die tuislandkinders ly aan die gevolge van alkoholgebruik deur hul moeders tydens swangerskap.
Die verkoop en verbruik van alkohol is verbode binne die tuisland sedert 1832. Maar, almal wat ‘n drankie soek moet net oor die nabygeleë grens in Nebraska reis. Daar, in die klein dorpie van Whiteclay, met minder as twee dosyn inwoners, vind hulle soveel as vier drankwinkels.
In 2010 alleen, het winkel eienaars byna 5 miljoen blikkies bier, meer as 13 000 per dag, verkoop, sê Tom White, die prokureur van die Oglala Sioux.
“Ek het die goewerneur en die wetgewer van Nebraska gaan sien, maar hulle is magteloos,” het president Steele gesê.
Vir die Oglala Sioux, dit is ook ‘n groot finansiële probleem.
“Nege-en-vyf persent van die koste vir gesondheidsorg en 90 persent van die gevalle voor die hof is verwant aan alkoholisme,” het Steele gesê.
In sy wanhoop, het die gemeenskap besluit om hulself na die howe te wend. Brouerye en bierwinkels het nie enigiets gedoen het om die smokkel van alkohol in die tuisland te verhoed nie, sal die Oglala Sioux argumenteer.
“Dit is soos om ‘n bofbalkolf te gee aan ‘n persoon in ‘n stegie en te weet hy gaan iemand slaan,” het White gesê. “Hulle weet presies wat die gevolge is van die winste wat hulle maak.”
Die maatskappye en die winkeleienaars wat gedagvaar word, het geweier om kommentaar te lewer op die aantygings.
Anheuser-Busch, Molson Coors, Miller-Coors en PABST Brewing Company, is ook onder skoot.
Regskenners verskil egter oor of die klagte voor ‘n federale hof in Nebraska eintlik suksesvol kan wees. Frank Pommersheim, ‘n regsprofessor by die Universiteit van Suid-Dakota (USD), dink nie so nie.
“Daar is geen twyfel oor die ongelooflike skade veroorsaak deur die optrede in die Whiteclay nie,” het hy gesê die aan die koerant USA Today. “Die vraag is of dit federale jurisdiksie behoef.”
Sy kollega Thomas Horton, ook ‘n regsprofessor, meen dat die klagte ernstig opgeneem moet word.
“Ek dink dit gaan ‘n skouspelagtige stryd wees,” het hy gesê.
