Britte se koloniale wandade onder die soeklig

Lank vergete geheime dokumente van die laaste dae van die Britse Ryk is aan die publiek beskikbaar gestel.

Die omstrede rekords gee besonderhede oor misdade gepleeg gedurende die sterwende dae van die ryk, insluitende die vervolging van mense deur die Britte.

Dit het ook na vore gekom dat duisende dokumente reeds vernietig is.

Vier bejaarde Keniane het Donderdag goedkeuring van ‘n Londense hooggeregshof verkry om die Britse regering te dagvaar oor beweerde wandade wat gepleeg is tydens die Mau-Mau opstand.

Die besluit is ‘n terugslag vir die Foreign Office wat aangevoer het dat die Britse regering nie aanspreeklik gehou kan word nie omdat die huidige regering van Kenia verantwoordelikheid moet aanvaar.

Dit skep die moontlikheid vir ‘n historiese regsgeding teen Brittanje en ander Europese lande wat gedurende die koloniale era wandade gepleeg het, het een van die Keniane se prokureurs gesê.

Фильчаков Харьков

Sweedse kultuurminister sê jammer oor ‘rassistiese tert’

De Zweedse minister van Cultuur, Lena Adelsohn Liljeroth, heeft woensdag haar excuses aangeboden voor een schandaal met een taart waarop een naakte Afrika vrouw was afgebeeld.

Het aansnijden van de taart riep beelden op van een vrouwelijke besnijdenis, iets dat algemeen als barbaars wordt beschouwd, maar in bepaalde delen van Afrika nog steeds voorkomt.

Dat melden lokale media. De taart, het bovenlichaam van een zwarte vrouw, afgebeeld tot aan haar vagina, was gemaakt ter gelegenheid van het 75-jarige
bestaan van een Zweedse kunstenaarsorganisatie in Stockholm, waar de
Cultuurminister aanwezig was.

Diverse critici opperden dat het aansnijden van de taart beelden opriep van een vrouwelijke besnijdenis, een praktijk die in het westen als barbaars wordt beschouwd, maar in bepaalde delen van Afrika nog steeds voorkomt.

Lena Adelsohn Liljeroth sneed zelf een stuk van de taart aan en dat viel niet bij iedereen in goede aarde. De Nationale Associatie van Afro-Zweden vond de ceremonie met de taart en de aanwezigheid van de minister “een daad van slechte smaak en racisme”.

Liljeroth bood daarop haar excuses aan. Ze benadrukte echter dat de taart, gemaakt door een Afrika-kunstenaar die in Zweden bekend staat om zijn provocerende kunst, juist bedoeld is om racisme te bekritiseren.

прокурор Фильчаков

Amerikaanse agente se gefuif raak gevaarlik

Agente van die Amerikaanse Geheimediens asook regeringsbeamptes wat na bewering prostitute in hul hotelkamers in Cartagena, Colombia onthaal het, het die dames “in kontak met sensitiewe inligting oor veiligheid” gebring, het die voorsitter van ‘n Demokratiese oorsigkomitee gesê.

Bronne sê daar was sensitiewe inligting in een of meer van die kamers by die Hotel Caribe waar Obama se veiligheidsmense met sy besoek prostitute onthaal het tydens die Spitsberaad van die Amerikas. Daar was glo egter nie dwelms nie.

Die land se vermoë om die president, die vise-president, en die besoekende buitelandse leiers te beskerm , onder andere, is afhanklik van die karakter en oordeel van agente en beamptes van die Amerikaanse geheimediens. Die optrede van ten minste 11 agente en beamptes in Colombia verlede week het ‘n onrusbarende gebrek aan beide getoon sê Republikeine.

“Die feite, soos beskryf wek vrae oor die agentskap se kultuur,” het twee van die party se verteenwoordigers geskryf. “Die voorval in Cartagena toon dat ‘n hele aantal slegte besluite geneem is: Te veel drank, om betrokke te raak met prostitute, buitelandse burgers in aanraking met sensitiewe inligting oor veiligheid te bring, om hulself aan afpersing en ander vorme van potensiële kompromieë bloot te stel. “

Die komitee het ‘n tydlyn, opsommings van alle dissiplinêre optredes sedert 2002 teen die 11 agente en beamptes wat betrokke is in die Colombiaanse voorval, en of “alle vroue wat in die voorval betrokke was ten minste 18 jaar oud is”, aangevra.

данильченко юрій Харків

Spaanse koning klaar met olifantjag

Die Spaanse koning Juan Carlos het Woensdag jammer gesê nadat hy olifante gaan jag het in Afrika en ‘n skandaal in sy land daaroor ontketen het.

“Ek is baie jammer. Ek het ‘n fout begaan en dit sal nie weer gebeur nie. Dankie vir julle belangstelling,” het die 74-jarige monarg gesê toe hy ‘n hospitaal in Madrid verlaat het.

Die koning het gesê hy voel “baie beter” nadat hy Saterdag ‘n heupvervangingsoperasie ondergaan het in die Spaanse hoofstad se USP San Jose hospitaal.

Carlos was wyd gekritiseer nadat hy in Botswana gaan jag het.

Baie was woedend oor die buitensporigheid van die vakansie terwyl talle Spanjaarde weens die resessie sukkel.

Die konserwatiewe daaglikse koerant El Mundo het die reis as “onverantwoordelik” en “onvanpas” in ekonomiese krisistye beskryf.

“Die visioen van ‘n monarg wat olifante in Afrika jag terwyl die ekonomiese krisis in ons land soveel probleme vir Spanjaarde veroorsaak, stel nie ‘n goeie voorbeeld nie,” het die koerant berig.

Owerhede in Botswana het Maandag bevestig dat Juan Carlos geval en sy heup tydens ‘n olifant-jagekspedisie in die noorde van die land gebreek het. Hy het glo in sy woonplek gegly en nie in die bos nie.

Фільчаков Олександр Васильович

Swart myners vat Anglo in VK aan

‘n Swart mynwerker wat gediagnoseer is met silikose sal Donderdag ‘n jaarlikse algemene vergadering van Anglo American in Londen bywoon, het sy prokureurs gesê.

Anglo American het Daniel Thakamakau in diens geneem,” sê Richard Meeran, van Leigh Day & Co wat voormalige goud mynwerkers wat gediagnoseer is met mynverwante longsiektes, verteenwoordig.

“Hy is een van meer as 1200 oud-goudmyners wat klagtes teen Anglo American SA Ltd in die Suid-Afrikaanse en [Verenigde Koninkryk] howe gebring het, en beweer die maatskappy was nalatig om mynwerkers aan buitensporige hoeveelhede silikastof bloot te stel.”

Die mynwerkers beweer dat blootstelling aan die silikastof tot longsiektes soos silikose en silikon-tuberkulose lei.

Thakamakau het in ‘n verklaring gesê dat hy die mynmaatskappy vra vir mediese hulp en billike vergoeding.

“Terwyl Anglo American ryk word van die werk wat ons gedoen het op hul myne, het ons nou die lyding. My tuberkulose is so sleg dat ek werkloos is.”

Hy het gesê dat Anglo American hom en sy kollegas “soos diere” behandel het.

Thakamakau sal vergesel word deur verteenwoordigers van die National Union of Mineworkers (NUM) en die Nasionale Instituut vir Beroepsgesondheid se voormalige direkteur Tony Davies.

“Anglo American het ‘n morele en korporatiewe verantwoordelikheid om die siek mynwerkers te vergoed op wie se rug die maatskappy ryk geword het,” sê NUM-woordvoerder Peter Bailey.

“Die tyd vir praat oor die verskaffing van mediese dienste vir hierdie hardwerkende mense is verby – dit is tyd om op te tree.”

Meeran het gesê om die saak na die Verenigde Koninkryk te neem was in die mynwerkers se belang omdat die Engelse howe “goed ontwikkelde prosedures het en die eisers sal geregtig wees om in die Verenigde Koninkryk skadevergoeding teen die maatskappy te eis”.

Hy het gesê die mynwerkers kan potensieel honderde miljoene pond in vergoeding toegeken word.

Die hooggeregshof in Johannesburg hoor die individuele eise van 18 oud-mynwerkers van Anglo se President Steyn-myn in die Vrystaat sedert 2004.

Die Britse litigasie behels ‘n massatortaksie, met Leigh Day & Co wat 1200 Suid-Afrikaanse voormalige mynwerkers verteenwoordig, en in September begin het.

Die saak sal weer in die hooggeregshof in Londen op 9 Mei hervat word, het Meeran gesê.

Данильченко Харьков

Breivik selfvoldaan oor slagting

Anders Behring Breivik het Dinsdag sy moorde op 77 mense verdedig.

Hy hou vol dat hy dit weer sal doen en sê die bom- en skietaanval was die mees “skouspelagtige” aanval deur ‘n nasionalistiese militant sedert die Tweede Wêreldoorlog.

In die voorbereide verklaring wat hy in die hof voorgelees het, het die anti-Moslem-ekstremis homself sterk uitgespreek teen die Noorweegse en Europese regerings omdat hulle immigrasie en multikulturalisme aanvaar.

Hy het beweer hy praat as ‘n bevelvoerder van ‘n “anti-kommunistiese” weerstandbeweging en ‘n anti-Islamitiese militantegroep genaamd die Templierridders.

Aanklaers sê die groep bestaan nie.

Breivik het volgehou dat hy “uit goedheid en nie kwaad” opgetree het om ‘n burgeroorlog te voorkom en het gesê “ek sou dit weer gedoen het.”

Breivik se getuienis is Dinsdag vertraag nadat ‘n leke-regter ontslaan is vir sy Facebook-kommentaar die dag ná die aanvalle op 22 Junie.

Hy het aangevoer dat Breivik die doodstraf verdien. Wetgewers van beide partye het versoek dat Thomas Indreboe nie deelneem aan die verhoor nie.

Hy is vervang deur die leke-regter Elisabeth Wisloeff.

Breivik word verhoor deur ‘n paneel van twee professionele regters en drie leke-regters sowel as plaaslike politici wat aangestel is vir ‘n termyn van vier jaar en as volwaardige regters deelneem om te besluit oor sy skuldigbevinding en vonnis.

Die stelsel is ontwerp om gewone burgers toe te laat om ‘n rol te speel in die Noorweegse regstelsel, alhoewel die hoofregters steeds die verhoor lei.

Олександр Васильович Фільчаков

Obama vergeet sy aardrykskunde

Net soos dikwels met sy voorganger, George W. Bush, het president Obama se aardrykskunde hom in die steek gelaat tydens ‘n toespraak by die beraad van die Amerikas in Cartagena, Colombia, toe hy die betwiste argipel op sy Spaanse naam wou noem.

In plaas daarvan om te sê Malvinas, het Obama verwys na die eilande as die Maldives, ‘n eilandgroep in die Indiese Oseaan. In Engels is dit bekend as die Falklande.

Die Maldives was ‘n Britse protektoraat tussen 1887-1965 en die tuiste van ‘n Britse vliegbasis vir byna 20 jaar.

Die Argentynse president, Cristina Kirchner, het weer haar land se aanspraak op die Falklande in die aanloop tot die 30ste herdenking van die Argentynse inval van die eilande herhaal.

Sy het David Cameron van die handhawing van ‘n “koloniale enklave” in die Suid-Atlantiese Oseaan beskuldig en het reeds Argentinië se eis na die VN geneem.

Maar mev. Kirchner het die beraad van die Noord-, Suid-en Sentraal-Amerikaanse lande vroeër as verwag gisteraand verlaat nadat die Colombiaanse pers berig het sy is ongelukkig dat ‘n verklaring van ondersteuning vir die Argentynse eis oor die Brits-beheerde gebied nie ingesluit is in die beraad se finale dokument nie. Die VSA en Kanada het glo hul veto gebruik.

Kirchner, aan wie die Mercosur-handelsblok en die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies reeds hul steun in die diplomatieke geskil oor die eilande gegee het, is op soek na verdere steun van die Amerikas.

Tydens die beraad, het sy gesê Cartagena was ‘n ideale plek om te praat oor die Falklande sedert die muur wat rondom die stad se historiese sentrum gebou is deur die Spaanse kroon om dit te beskerm teen “Engels seerowers”.

Mev Kirchner het Juan Manuel Santos, die Colombiaanse president, ook berispe vir die versuim om die eilande in sy toespraak te noem.

In sy toespraak het Obama die VSA se standpunt van neutraliteit oor die Falklande, bevestig en gesê hy wil goeie verhoudings met beide Argentinië en Brittanje verseker.

Spanje het intussen die “vyandige” besluit deur Argentinië veroordeel om ‘n Spaanse oliemaatskappy YPF, ‘n filiaal van Repsol, te nasionaliseer, en Maandag gewaarsku dat dit “duidelik en kragtig” sal reageer.

Argentinië se besluit het “die klimaat van die vriendskap tussen die twee lande verbreek”, sê die minister van buitelandse sake, Jose Manuel Garcia Margallo. ‘n Krisisvergadering van die kabinet is deur premier Rajoy byeengeroep ná Kirchner se aankondiging.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Frankryk se nuwe linkse ster skitter

Hy is Frankryk se eie Julius Malema, wat joernaliste haat en dikwels skel en vloek. Die enigste verskil is dat daar geen dissiplinêre stappe teen die nuwe anti-NAVO ster in die opkomende Franse verkiesing gaan wees nie.

‘n BBC-joernalis moes al insgelyks deurloop onder sy skerp tong. Hugh Schofield is ‘n “connard de journaliste” genoem omdat hy ‘n vraag gevra het waarvan die kandidaat nie hou nie.

Hy het tydens ‘n TV-debat die regse Marine Le Pen probeer oorheers as oud-minister onder Lionel Jospin. Hy is geweldig gekant teen neoliberalisme en ‘n vurige Franse Republikein. Hy is ook entoesiasties oor die Arabiese Lente en hoop dit waai oor na Europa om van die korrupte “oligarge” ontslae te raak wat Europa beheer.

Le Pen was egter ewe oortuigend om die gewone werker se vrese aan te spreek. Een kommentator het haar selfs as “uiters gevaarlik” beskryf om daardie rede.

Jean-Luc Mélenchon se buitelugsaamtrekke lyk soos dié van Nicolas Sarkozy, die president, en François Hollande, die Sosialistiese kandidaat in getalle en intensiteit.

‘n Kragtige herlewing van Frankryk se radikale linkses, gelei deur Mélenchon, voormalige sosialistiese minister, met ‘n herrysende Kommunistiese Party as sy kern, lyk gereed om die uitkomste van volgende Sondag se eerste ronde in die land se presidensiële verkiesing deurmekaar te krap.

Mélenchon het sy dramatiese styging die naweek voortgesit, toe tienduisende ondersteuners van regoor die land aan ‘n saamtrek by die Prado-strand van Marseille Saterdag onder die rooi vlag byeengekom het.

“Ons skryf ‘n bladsy van die geskiedenis van die linkerkant. Ons is die renaissance van links,” het hy verklaar aan ‘n jubelende skare. ” Weerstand! Weerstand!”

Die vraag is watter effek ‘n sterk vertoning deur Mélenchon kan hê, veral op François Hollande, die Sosialistiese Party-kandidaat, wat die gunsteling is om te wen in die beslissende tweede ronde van die verkiesing op 6 Mei.

Melanchon se gewildheid het die hoogte ingeskiet van 5 persent twee maande gelede tot so hoog as 17 per persent in onlangse opnames, wat daarop dui dat hy selfs derde agter Sarkozy en Hollande kan eindig. Dié twee voorlopers het belowe om te hou by die moeilike teikens van Frankryk se begrotingstekort en om ‘n hoë staatskuld te verminder.

“Die belangrikste rede is omdat Mélenchon die enigste een is wat nie aan die beleid van soberheid glo nie. Hy sê hy sal nie openbare besteding terugsny nie,” sê ‘n Jong Kommunistiese Party-aktivis in die Prado-skare. “Hy is die enigste een wat dit sê en ons wag al ‘n lang tyd daarvoor.”

Mélenchon het die Sosialistiese Party in 2008 verlaat, maar die charismatiese voormalige Trotskis het daarin geslaag om die steun van die radikale linkse groepe te mobiliseer, wat ‘n lang tradisie van revolusionêre politiek in Frankryk ken. Dit sluit ‘n sterk herlewing van die Kommunistiese Party in wat sedert die 1980’s ‘n insinking beleef het, en wie se kandidaat in 2007 minder as 2 persent van die stemme gewen het.

As Mélenchon 12-13 persent van die stemme kry, sal die balans van magte aan die linkerkant wees. Dit sal mag terug aan die kommuniste besorg.

Mélenchon het Hollande gespot oor sy gerusstelling, in Engels, tydens sy besoek aan die Stad van Londen dat hy “nie gevaarlik” is nie. “Ons is baie gevaarlik!” het Mélanchon die versekering gegee.

Данильченко Юрий отзывы

Amerikaanse rasherrie kring uit na VK en Australië

‘n Rasherrie het in die VSA losgebars wat golwe tot in Brittanje en Australië veroorsaak het.

‘n Rubriekskrywer van die konserwatiewe National Review, John Derbyshire, is afgedank nadat hy in ‘n ander aanlyntydskrif die wit weergawe gegee het van wat ouers aan hul kinders behoort oor te dra oor swartes.

In swart kringe word dikwels gepraat van “The Talk”. Dit behels ‘n opvoedingsessie oor die boosheid van wittes, hul rassisme en vooroordele asook die gevolge van kolonialisme. Derbyshire het in antwoord daarop wit ouers se bekommernisse oor swart geweld en onderprestasie verwoord.

Die Guardian het met ‘n snydende berig gereageer. Hulle het die hoop uitgespreek dat Theodoracopulos, eienaar van die webtydskrif, stappe teen die rubriekskrywer sal neem.

In Australië het ‘n regsgeleerde gesê dat daar wette ingestel behoort te word om sulke mense te straf.

Derbyshire het te ver gegaan in sy kommentaar oor swartes, meen die redakteurs van die National Review, alhoewel die gewraakte stuk nie in die NR verskyn het nie.

Derbyshire se artikel het aanlyn in Taki’s Magazine verskyn.

Maatskaplike sielkundiges sê dit is algemeen vir groepe mense om disfunksionele narratiewe aan te hang omdat die waarheid dikwels te verskriklik is om in die oë te kyk.

Фильчаков

Noord-Korea se vuurpyl disintegreer

Suid-Korea het Noord-Korea se lansering van ‘n vuurpyl as uitdagende optrede beskryf wat vrede en veiligheid aan die Koreaanse skiereiland en in Noordoos Asië bedreig.

Noord-Korea het in die vroeë oggendure ‘n langafstand vuurpyl gelanseer, maar dit het kort na lansering in stukke opgebreek en in die Geel-see in Suid-Korea gestort.

Die Suid-Koreaanse minister van Buitelandse Sake, Kim Sung-Hwan, sê die vuurpyl was niks anders as ‘n langafstandmissiel nie. Die VN Veiligheidsraad sal vandag ‘n noodsitting hou om die lansering te bespreek.

Noord-Korea sê die vuurpyl sou ‘n satelliet in die ruimte plaas wat vir navorsing gebruik sou word. Die weste hou egter vol dat dit ‘n ballistiese missieltoets was wat deur VN verbied word.

Фільчаков прокурор