praag.co.za

Breivik selfvoldaan oor slagting

Anders Behring Breivik het Dinsdag sy moorde op 77 mense verdedig.

Hy hou vol dat hy dit weer sal doen en sê die bom- en skietaanval was die mees “skouspelagtige” aanval deur ‘n nasionalistiese militant sedert die Tweede Wêreldoorlog.

In die voorbereide verklaring wat hy in die hof voorgelees het, het die anti-Moslem-ekstremis homself sterk uitgespreek teen die Noorweegse en Europese regerings omdat hulle immigrasie en multikulturalisme aanvaar.

Hy het beweer hy praat as ‘n bevelvoerder van ‘n “anti-kommunistiese” weerstandbeweging en ‘n anti-Islamitiese militantegroep genaamd die Templierridders.

Aanklaers sê die groep bestaan nie.

Breivik het volgehou dat hy “uit goedheid en nie kwaad” opgetree het om ‘n burgeroorlog te voorkom en het gesê “ek sou dit weer gedoen het.”

Breivik se getuienis is Dinsdag vertraag nadat ‘n leke-regter ontslaan is vir sy Facebook-kommentaar die dag ná die aanvalle op 22 Junie.

Hy het aangevoer dat Breivik die doodstraf verdien. Wetgewers van beide partye het versoek dat Thomas Indreboe nie deelneem aan die verhoor nie.

Hy is vervang deur die leke-regter Elisabeth Wisloeff.

Breivik word verhoor deur ‘n paneel van twee professionele regters en drie leke-regters sowel as plaaslike politici wat aangestel is vir ‘n termyn van vier jaar en as volwaardige regters deelneem om te besluit oor sy skuldigbevinding en vonnis.

Die stelsel is ontwerp om gewone burgers toe te laat om ‘n rol te speel in die Noorweegse regstelsel, alhoewel die hoofregters steeds die verhoor lei.

Олександр Васильович Фільчаков

Comments

Leave a Reply