Noord-Korea se vuurpyl disintegreer

Suid-Korea het Noord-Korea se lansering van ‘n vuurpyl as uitdagende optrede beskryf wat vrede en veiligheid aan die Koreaanse skiereiland en in Noordoos Asië bedreig.

Noord-Korea het in die vroeë oggendure ‘n langafstand vuurpyl gelanseer, maar dit het kort na lansering in stukke opgebreek en in die Geel-see in Suid-Korea gestort.

Die Suid-Koreaanse minister van Buitelandse Sake, Kim Sung-Hwan, sê die vuurpyl was niks anders as ‘n langafstandmissiel nie. Die VN Veiligheidsraad sal vandag ‘n noodsitting hou om die lansering te bespreek.

Noord-Korea sê die vuurpyl sou ‘n satelliet in die ruimte plaas wat vir navorsing gebruik sou word. Die weste hou egter vol dat dit ‘n ballistiese missieltoets was wat deur VN verbied word.

Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae