Bronne sê daar was sensitiewe inligting in een of meer van die kamers by die Hotel Caribe waar Obama se veiligheidsmense met sy besoek prostitute onthaal het tydens die Spitsberaad van die Amerikas. Daar was glo egter nie dwelms nie.
Die land se vermoë om die president, die vise-president, en die besoekende buitelandse leiers te beskerm , onder andere, is afhanklik van die karakter en oordeel van agente en beamptes van die Amerikaanse geheimediens. Die optrede van ten minste 11 agente en beamptes in Colombia verlede week het ‘n onrusbarende gebrek aan beide getoon sê Republikeine.
“Die feite, soos beskryf wek vrae oor die agentskap se kultuur,” het twee van die party se verteenwoordigers geskryf. “Die voorval in Cartagena toon dat ‘n hele aantal slegte besluite geneem is: Te veel drank, om betrokke te raak met prostitute, buitelandse burgers in aanraking met sensitiewe inligting oor veiligheid te bring, om hulself aan afpersing en ander vorme van potensiële kompromieë bloot te stel. “
Die komitee het ‘n tydlyn, opsommings van alle dissiplinêre optredes sedert 2002 teen die 11 agente en beamptes wat betrokke is in die Colombiaanse voorval, en of “alle vroue wat in die voorval betrokke was ten minste 18 jaar oud is”, aangevra.
