Breivik is kranksinnig sê psigiaters

Psigiaters wat die Noorweegse selferkende massamoordenaar Anders Behring Breivik as kranksinnig geklassifiseer het, het Vrydag tydens ‘n getuienis in die hof hul gevolgtrekkings herbevestig.

“Ons kon nie ‘n ander verslag geskets het nie,” het die psigiater Torgeir Husby, wat saam met Synne Sorheim tot die slotsom gekom het dat Breivik aan paranoïese skisofrenie ly en psigoties is, gesê.

Die bevindinge van Husby en Sorheim, wat in November gepubliseer is, is deur ander kenners bevraagteken en het openbare protes uitgelok.

Hul diagnose stel voor dat Breivik nie verantwoordbaar vir sy dade is nie en dat hy in ‘n veilige psigiatriese fasiliteit gehou moet word as hy skuldig bevind word, eerder as om tronk toe gestuur te word.

“Dit sou ‘n voordeel gewees het om hom [Breivik] meer te laat praat, aangesien hy sy eie grootste vyand is. Sodra hy sy mond oopmaak kom mense agter iets is fout,” het Husby aan die Oslo-streekshof gesê.

Husby en Sorheim sê Breivik het sy gedrag “aangepas” as dit vergelyk word met ‘n onderhoud wat hulle met hom gevoer het terwyl hy in aanhouding was.

“Hy is nie dom nie. Hy reageer op reaksies op sy sieninge,” het Husby gesê.

Sorheim sê een van Breivik se delusies wat hulle geïdentifiseer het, was sy “bewering dat hy die reg het om te besluit wie sal lewe of doodgaan.”

Breivik hou vol dat 80% van die gesprekke in die verslag “opgemaak” is, maar Sorheim sê hulle het die feite voorgelê “soos dit is”.

лобановский александр харьков

Aandklokreël in Tunisië ingestel

Tunisië se Lente-rewolusie het nog geweld gebaar.

Die Amerikaanse vise-president Joe Biden, noem egter die Arabiese Lente steeds ‘n “demokratiese beweging“.

Op dieselfde dag as sy toespraak, het die Egiptiese hoë hof die Islamitiese meerderheid in die parlement nietig verklaar en die Egiptiese weermag het beheer van die wetgewer oorgeneem.

‘n Aandklokreël moes in agt streke in Tunisië, insluitende die hoofstad, ingestel word ná onluste oor ‘n omstrede kunsuitstalling uitgebreek het.

Die regering blameer Salafiste, ‘n Moslemsekte, vir die geweld, het ‘n beampte van die ministerie van binnelandse sake gesê.

Die aanklokreël van agt uur is ingestel na verskeie gewelddadige aanvalle uit protes teen ‘n kunswerke met uitbeeldings van insekte wat die woord, “Allah” spel.

Polisiekantore is ook aan die brand gesteek. Nourredine Bhiri, die land se minister van justisie, het gesê diegene wat geweld aanstig sal ‘n “duur prys betaal”.

Salafiste het egter ontken dat hulle by die onluste betrokke is.

Die aandklokreël geld in die stede Sousse, Monastir, Jendouba en Ben Guerdane.

Intussen is Zine el-Abidine Ben Ali, voormalige president van Tunisië, deur ‘n militêre hof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Ben Ali is gevonnis vir sy rol in die dood van betogers teen sy regime tydens verlede jaar se opstande. Altesaam 22 mense is in die opstande dood.

Staatsaanklaers het gevra dat Ben Ali, wat in ballingskap in Saoedi-Arabië is, die doodstraf opgelê word.

лобановский александр игоревич

Britse pedofiele vas voor Spele

Die polisie het klopjagte onderneem by die huise en eiendomme van tientalle vermeende pedofiele in Brittanje en het 76 mense, insluitende ‘n afgetrede onderwyser, in hegtenis geneem.

Beamptes van 40 taakmagte wat onder die beheer van die Child Exploitation and Online Protection Center ontplooi is, het 141 lasbriewe uitgereik.

Die oortredings sluit onder andere in die besit en verspreiding van onsedelike beeldmateriaal van kinders.

Kate Fisher, ‘n navorser by die sentrum, sê die beelde wat deur pedofiele afgelaai word, word toenemend meer ekstreem, sadisties en gewelddadig. Dit bevat ook toenemend meer jonger kinders.

Onder diegene wat in hegtenis geneem is, was ook ‘n skeidsregter, patoloog, brandbestryder en rekenaarprogrammeerder.

лобановский александр игоревич харьков

‘Résistance Identitaire’

Een honderd en vyftig mense van oor die hele Bretanje het Saterdagmiddag in Vannes, in Frankryk, byeengekom vir ‘n konferensie oor immigrasie wat ook lewendig oor die internet uitgesaai is. Dit was die eerste byeenkoms van sy soort wat drie verskillende en dikwels teenstrydige groepe byeengebring het: Ondersteuners vir Bretonse onafhanklikheid, die voorstanders van ‘n sterk Franse staat, en diegene wat ‘n verenigde Europa wil sien. Die konferensie is aangeval deur ‘n bende Islamiste.

Jean-Claude Empereur, een van die sprekers, het gesê vir die eerste keer in die geskiedenis, word blankes gekonfronteer met ‘n beleid van demografiese vervanging. “Die primêre rol van die soewereine staat,” het hy gesê, “is om die mense te beskerm,” en bygevoeg, “die woord ‘beskerming’ het van die politieke woordeskat verdwyn, maar is nou terug.”

Christine Tasin, hoof van die Republikeinse weerstand en ‘n ondersteuner van die tradisionele sterk Franse staat, het aangevoer dat slegs die staat ‘n samehangende en doeltreffende beleid oor immigrasie kan afdwing. Hierdie siening is nie gedeel deur Padrig Montauzier nie, redakteur van War Raok: Die stem van die Bretonse volk, en ‘n sterk voorstander van ‘n onafhanklike Bretanje. “Slegs diegene wat diep gewortelde mense is met ‘n sterk etniese sin kan die ware skanse teen hierdie inval wees,” het hy gesê. “Net sal hulle die gevaar erken en die nodige stappe neem.”

Almal by die konferensie het gesê dis duidelik wat Islam wil hê: Om in Frankryk op te tree soos hulle optree oral in die wêreld so gou as die balans van mag in hul guns swaai. Hulle laat oorwonne bevolkings net twee keuses: dhimmitude of bekering.

Maar in Bretanje, is die Islamiete deur Bretonse nasionaliste, en ander patriotte, gou-gou verjaag.

Олександр Васильович Фільчаков

Newsweek se voorblad wat nooit verskyn het nie

Die teenwoordigheid van Tina Brown bo-aan Newsweek se mashoof is nêrens meer duidelik as op die voorblaaie van die tydskrif self nie, van S&M tot foto’s van prinses Diana wat erg oorgewerk is. Brown bly die koningin van sensasie.

Maar sy het onlangs ‘n rasse-bloutjie geloop, met haar “wonderlike idee” wat toe nooit gerealiseer het nie. Iemand moes me. Brown daaraan herinner het dat haar tydskrif te veel wit lesers het.

Op Newsweek se Tumblr-sosiale media, is ‘n video van die redakteur self, wat gesels oor ‘n voorblad wat toe nooit die lig gesien het nie, naamlik van Barack Obama wat as die swart tiener Trayvon Martin poseer in ‘n sweetpak-met-mus, ‘n ‘hoodie’.

Sy verduidelik:

“Dit was ‘n Trayvon Maritn-voorblad wat ons wou doen. En die president het net gesê: “As ek ‘n seun gehad het, sou hy lyk soos Trayvon. Daarom het ons ‘n voorblad van Barack in ‘n ‘hoodie’ beplan.

“En ek het regtig gedink dit was briljant, eintlik, want dit soort van dramatiseer wat hy [Obama] sê. Maar dan, ek het baie bekommerd geraak oor wat alles gedoen kan word met dit. […] Die beeldmateriaal kan in werklikheid baie gevaarlik wees.

“En ek het myself gevra: Hoe sou ek voel as die beeld wat gebruik word in ‘n soort van haatspraakkonteks? Hoe sou ek voel as hierdie beeld van die president in ‘n ‘hoodie’ nie geneem is as ‘n ironiese stelling oor wat hy self gesê het nie, maar in werklikheid op die T-hemde van wit suprematiste pryk? En ek het gedink dit was gevaarlik, so ek het dit nie gedoen nie.”

Фильчаков прокуратура харьков

Weste gaan Afrika van slaapsiekte red

‘n Tropiese siekte wat in die brein eet, laat inwoners van Afrika dikwels glo dat hulle aan heksery uitgelewer is.

Hoofpyn, koors, en moegheid is die aanvanklike simptome van menslike trypanosomiase, algemeen bekend as slaapsiekte, wat oorgedra word deur die tsetsevlieg en wat in 36 sub-Sahara Afrika-lande voorkom.

Die eerste fase van die dikwels dodelike siekte, sal sonder behandeling binne vier maande na ‘n jaar die parasiet in die brein laat indring. Dit veroorsaak ernstige neurologiese simptome, en uiteindelik die dood.

Die simptome kan ‘n verandering in persoonlikheid asook verstandelike agteruitgang veroorsaak, wat uitendelik lei tot ‘n lang slaap of koma, wat aan die siekte sy naam gegee het.

Tsjad se gesondheidsamptenare sê ongeveer 3300 mense is besmet tussen 2001 en 2011, in een van die swakste lande in die wêreld wat sorg betref.

“Met meer as 100 gevalle per jaar word Tsjad beskou as ‘n endemiese land,” sê ‘n geneesheer wat in beheer van die nasionale program is om slaapsiekte te bestry.

In Kobitoi in die suide het die Franse farmaseutiese maatskappy Sanofi14 gevalle van slaapsiekte uit 120 mense wat ondersoek is, opgeteken.

“Die dorp is geleë langs ‘n bos waar die tsetsevlieg leef. Gedurende die reënseisoen, moet mense deur die bos loop om te gaan visvang of jag,” het hy gesê.

Vir die mense wat in Tsjad se landelike gemeenskappe, is die vreemde simptome van slaapsiekte gehul in hul bygeloof oor heksery en demoniese ingryping.

In die gevorderde stadiums van die siekte sal die besmette persoon ernstige neurologiese probleme ondervind.

“Wanneer hierdie siekte die brein bereik, verloor die pasiënt beheer van sy lewe, en raak selfs gewelddadig. Dit is wanneer die inwoners glo dat die siek persoon besit word deur bose geeste,” sê ‘n kenner.

“Die stryd teen slaapsiekte is dus hoofsaaklik een van bewusmaking.”

Maar dit is byna ‘n verlore stryd.

Die geskatte getal van werklike gevalle tans is 30 000, alhoewel die WGO dit op minder as 10 000 stel. Die mees geaffekteerde land is die Demokratiese Republiek van die Kongo, wat 500 nuwe gevalle in 2010 verklaar het.

Diagnose moet so vroeg as moontlik gedoen word voordat die siekte die neurologiese stadium, omdat dit later duur, ingewikkelde en riskante behandeling vereis.

Die VN se gesondheidsagentskap het saam met Amerikaanse, Britse en die Verenigde Arabiese Emirate regerings asook 13 farmaseutiese maatskappye en internasionale organisasies soos die Wêreldbank en die Bill & Melinda Gates-stigting, nuwe druk uitgeoefen om hierdie siektes uit te skakel teen die einde van die dekade.

лобановский класс харьков

Keniaanse premier se mededinger sterf in heli-ongeluk

Die eerste minister van Kenia, Raila Odinga het die toneel besoek van ‘n helikopterongeluk waarin die land se minister van Binnelandse Veiligheid, George Saitoti dood is.

Die ongeluk buite Nairobi het ook die lewens geëis van Saitoti se adjunk en vier ander mense. Dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie.

Odinga het die ongeluk as ‘n reuse tragedie bestempel. Saitoti, ‘n Amerikaans-opgeleide ekonoom en wiskundige, was een van Kenia se mees sigbare politieke figure.

Hy het verlede jaar aangekondig dat hy hom verkiesbaar gaan stel in die komende presidentsverkiesing in Kenia.

Олександр Фільчаков прокурор

Obama se kodewoorde

Barack Hussein Obama se nuwe verkiesingslagspreuk “Forward” het ou en noue bande met Marxisme en kommunisme. Dis onwaarskynlik dat dit blote toeval is want Obama maak ‘n gewoonte daarvan om in “kodetaal” met “fellow-travelers” (enersdenkendes) te kommunikeer.

Hierdie standpunt kom uit ‘n artikel in die jongste uitgawe van die Amerikaanse finansblad, Economic Policy Journal. Die artikel verwys onder meer na ‘n meningstuk wat in die Washington Times verskyn het en waarin daarop gewys is dat Marxiste en radikales van weleer die woord graag gebruik het om die beeld te skep dat hulle bewegings en sieninge die kapitalisme sal verbysteek en voorwaarts in sosialisme en kommunisme sal beweeg.

Lenin het die slagspreuk “Vpered” reeds in 1905 gebruik. Dit is die Russies vir “voorwaarts”. Leon Trotsky het tydens sy kort verblyf in New York in 1917 vir ‘n sosialistiese koerant geskryf wat onder die naam Vorwerts in Jiddisj uitgegee is. Die blad bestaan vandag nog en word in sowel Engels as Jiddish uitgegee en het steeds ‘n sterk links-sosialistiese inslag. Die woord was ook een van die groot slagkrete in Mao Tse Tung se Rooi China.

Volgens die artikel in Economic Policy Journal het van Obama se linkse adviseurs hom geleer om eufemistiese taalgebruik in te span met woorde wat spesiale betekenis het vir die links-radikales maar nie sommer die oningeligte middelklas sal ontstel nie. “Forward” is sonder twyfel een van daardie “kode-woorde”.

Фильчаков

Die heel grootste gevaar vir die VSA se weermag

Selfmoorde onder die troepe van die VSA het ‘n gemiddeld van byna een ‘n dag hierdie jaar bereik  – die vinnigste tempo in die land se dekade van oorlog.

Die 154 selfmoorde vir aktiewe troepe in die eerste 155 dae van dié jaar is baie meer as die Amerikaanse magte gedood in aksie in Afghanistan – sowat 50 persent meer – volgens die Pentagon se statistieke wat verkry is deur Associated Press.

Die ongewilde oorlog in Afghanistan se einde is in sig met die laaste gevegstroepe wat aan die einde van 2014 sal onttrek. Maar hierdie jaar se rekordgetalle van soldate wat deur Afghaanse troepe doodgemaak is, val saam met verskeie skandale oor Amerikaanse wangedrag.

Die 2012-selfmoordtotaal van 154 tot 3 Junie vergelyk met 130 in dieselfde tydperk verlede jaar, ‘n toename van 18 persent. En dit is meer as die 136,2 selfmoorde wat die Pentagon vir hierdie tydperk op die tendens van 2001-2011 geprojekteer het. Hierdie jaar se Januarie-Mei totaal is 25 persent op van twee jaar gelede, en dit is 16 persent bo die tempo vir 2009, wat geëindig het met die hoogste jaarlikse totaal tot dusver.

Selfmoordsterftes het konfliksterftes in Afganistan vir die VSA ook in vorige tydperke oorskry.

Die getalle styg dus onder die 1,4 miljoen aktiewe militêre personeel, ten spyte van jare van pogings om troepe aan te moedig om hulp te soek met geestelike probleme. Baie in die weermag is van mening dat dit ‘n teken van swakheid is, en ‘n potensiële nadeel vir bevordering.

Jackie Garrick, hoof van ‘n nuutgestigte Selfmoordvoorkoming by die Pentagon, het in ‘n onderhoud Donderdag gesê kenners sukkel nog om te verstaan ​​wat veroorsaak selfmoordgedrag.

‘n Goeie voorbeeld daarvan is ‘n senior weermag-generaal wat onlangs aan soldate oor selfmoord gesê het hulle moet “optree soos volwassenes.”

Die militêre hulpdienste het intussen vertroulike telefoonlyne opgestel, meer geestelike gesondheidspesialiste op die slagveld ontplooi, opleiding in streshantering bygevoeg en meer belê in navorsing oor geestelike gesondheidrisiko’s.

Die Marines het ‘n beradingsdiens by name “DStress-lyn,” wat ‘n tolvrye nommer gebruik en wat Marines anoniem kan skakel. Hulle kan ook ‘n webwerf om aanlyn anoniem met ‘n berader te gesels.

Die Marines het waarskynlik die meeste sukses in die verlaging van hulle selfmoordsyfers, wat min of meer in lyn met die vlakke van die afgelope vier jaar bly. Die Lugmag se syfers het opgeskiet sedert die ontplooiing van onbemande tuie.

Die hernieude oplewing in selfmoorde het die Verdedigingsekretaris Leon Panetta bekommerd gestem. Verlede maand het hy ‘n interne memorandum aan die Pentagon se top burgerlike en militêre leiers gestuur waarin hy selfmoord as “een van die mees komplekse en dringende probleme” wat die Verdedigingsepartement in die gesig staar, beskryf het.

Фильчаков Александр Васильевич