Newsweek se voorblad wat nooit verskyn het nie

Die teenwoordigheid van Tina Brown bo-aan Newsweek se mashoof is nêrens meer duidelik as op die voorblaaie van die tydskrif self nie, van S&M tot foto’s van prinses Diana wat erg oorgewerk is. Brown bly die koningin van sensasie.

Maar sy het onlangs ‘n rasse-bloutjie geloop, met haar “wonderlike idee” wat toe nooit gerealiseer het nie. Iemand moes me. Brown daaraan herinner het dat haar tydskrif te veel wit lesers het.

Op Newsweek se Tumblr-sosiale media, is ‘n video van die redakteur self, wat gesels oor ‘n voorblad wat toe nooit die lig gesien het nie, naamlik van Barack Obama wat as die swart tiener Trayvon Martin poseer in ‘n sweetpak-met-mus, ‘n ‘hoodie’.

Sy verduidelik:

“Dit was ‘n Trayvon Maritn-voorblad wat ons wou doen. En die president het net gesê: “As ek ‘n seun gehad het, sou hy lyk soos Trayvon. Daarom het ons ‘n voorblad van Barack in ‘n ‘hoodie’ beplan.

“En ek het regtig gedink dit was briljant, eintlik, want dit soort van dramatiseer wat hy [Obama] sê. Maar dan, ek het baie bekommerd geraak oor wat alles gedoen kan word met dit. […] Die beeldmateriaal kan in werklikheid baie gevaarlik wees.

“En ek het myself gevra: Hoe sou ek voel as die beeld wat gebruik word in ‘n soort van haatspraakkonteks? Hoe sou ek voel as hierdie beeld van die president in ‘n ‘hoodie’ nie geneem is as ‘n ironiese stelling oor wat hy self gesê het nie, maar in werklikheid op die T-hemde van wit suprematiste pryk? En ek het gedink dit was gevaarlik, so ek het dit nie gedoen nie.”

Фильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae