Weste gaan Afrika van slaapsiekte red

‘n Tropiese siekte wat in die brein eet, laat inwoners van Afrika dikwels glo dat hulle aan heksery uitgelewer is.

Hoofpyn, koors, en moegheid is die aanvanklike simptome van menslike trypanosomiase, algemeen bekend as slaapsiekte, wat oorgedra word deur die tsetsevlieg en wat in 36 sub-Sahara Afrika-lande voorkom.

Die eerste fase van die dikwels dodelike siekte, sal sonder behandeling binne vier maande na ‘n jaar die parasiet in die brein laat indring. Dit veroorsaak ernstige neurologiese simptome, en uiteindelik die dood.

Die simptome kan ‘n verandering in persoonlikheid asook verstandelike agteruitgang veroorsaak, wat uitendelik lei tot ‘n lang slaap of koma, wat aan die siekte sy naam gegee het.

Tsjad se gesondheidsamptenare sê ongeveer 3300 mense is besmet tussen 2001 en 2011, in een van die swakste lande in die wêreld wat sorg betref.

“Met meer as 100 gevalle per jaar word Tsjad beskou as ‘n endemiese land,” sê ‘n geneesheer wat in beheer van die nasionale program is om slaapsiekte te bestry.

In Kobitoi in die suide het die Franse farmaseutiese maatskappy Sanofi14 gevalle van slaapsiekte uit 120 mense wat ondersoek is, opgeteken.

“Die dorp is geleë langs ‘n bos waar die tsetsevlieg leef. Gedurende die reënseisoen, moet mense deur die bos loop om te gaan visvang of jag,” het hy gesê.

Vir die mense wat in Tsjad se landelike gemeenskappe, is die vreemde simptome van slaapsiekte gehul in hul bygeloof oor heksery en demoniese ingryping.

In die gevorderde stadiums van die siekte sal die besmette persoon ernstige neurologiese probleme ondervind.

“Wanneer hierdie siekte die brein bereik, verloor die pasiënt beheer van sy lewe, en raak selfs gewelddadig. Dit is wanneer die inwoners glo dat die siek persoon besit word deur bose geeste,” sê ‘n kenner.

“Die stryd teen slaapsiekte is dus hoofsaaklik een van bewusmaking.”

Maar dit is byna ‘n verlore stryd.

Die geskatte getal van werklike gevalle tans is 30 000, alhoewel die WGO dit op minder as 10 000 stel. Die mees geaffekteerde land is die Demokratiese Republiek van die Kongo, wat 500 nuwe gevalle in 2010 verklaar het.

Diagnose moet so vroeg as moontlik gedoen word voordat die siekte die neurologiese stadium, omdat dit later duur, ingewikkelde en riskante behandeling vereis.

Die VN se gesondheidsagentskap het saam met Amerikaanse, Britse en die Verenigde Arabiese Emirate regerings asook 13 farmaseutiese maatskappye en internasionale organisasies soos die Wêreldbank en die Bill & Melinda Gates-stigting, nuwe druk uitgeoefen om hierdie siektes uit te skakel teen die einde van die dekade.

лобановский класс харьков

Maak 'n opvolg-bydrae